●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389814

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 129Jy spaar R 151
Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?
Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in 'n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.
Aella O'Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit 'n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot 'n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy 'n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal 'n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.
Wat is die motief? Is dit net nog 'n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?
Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur 'n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.
Die roman bied 'n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is 'n kenner se hand aan die werk.

Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in 'n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.
Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?
Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe 'n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.
Dowe gode is die skrywer se vierde boek. Saliger, Vrediger en Heiliger was die eerste drie. Hierdie roman het 'n nuwe hoofkarakter, Aella, wat 'n kaptein in die polisie is.

Wat maak die boek anders?
-Die konflik onder die ou en nuwe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens op grondvlak word ontgin;
-Dit word ook blatant gekoppel aan die persepsie van rasgeïnspireerde plaasaanvalle;
-Die polisiekultuur word lewensgetrou uitgebeeld;
-Die roman word geweef rondom 'n oënskynlike plaasaanval waarin die lot van die slagoffers sowel as die misdadigers aangespreek word;
-Breytenbach se romans in die algemeen word gekenmerk deur skreiende politieke en sosiale kommentaar.
-Breytenbach skryf uit haar agtergrond as strafreggeleerde, wat geloofwaardigheid en diepte aan haar romans verskaf.
Publikasiedatum: 2018-06-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.