Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388015

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 212Jy spaar R 53
Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar 'n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:
-Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.
-Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.
-Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …
Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit 'n geraamte is, 'n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie. En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is 'n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...
Alet het per ongeluk 'n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad. Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei. Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na 'n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Doodsake op Karibib word uit die manlike hoofkarakter se perspektief aangebied en die skrywer kry dit reg om ʼn lieflike onbeholpe karakter met 'n goeie hart en vergeefbare tekortkominge te skep wat enige vrou se knieë lam sal maak. Die skrywer se fyn waarnemingsvermoë en lekker sin vir humor, asook haar deerniswekkende karakters sorg vir suiwer leesplesier.
Doodsake op Karibib volg op Moord op Karibib. Isa Konrad se boeke vergelyk goed met Sandra Brown s'n.
Publikasiedatum: 2018-05-29

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.