AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627036095

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 500
R 450Jy spaar R 50
Norme vir Afrikaans (nou reeds in 'n sesde uitgawe) het sedert 1989 bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiêre instellings en selfs in skole. Die boek is aan die een kant 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. Aan ander kant word in die aanpak prober om taalteorie en taalpraktyk te versoen. Dat die outeur hierin geslaag het, is bewys deur die gereelde bywerk van die boek en die wye gebruik daarvan.
In die besonder fokus die boek op die verskeidenheid “norme” wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afri-kaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng “normatief” te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee in die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is nou al deeglik gevestig as 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent en navorser. Daar word ook rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans, vandaar die nuwe subtitel “Moderne Standaardafrikaans”, wat 'n aanduiding is dat Afrikaans in die proses is om te moderniseer vir 'n nuwe geslag gebruikers.
Die riglyne van die elfde uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) (2017) is volledig in hierdie uitgawe verreken.
Publikasiedatum: 2018-02-05

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.