AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300380

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 450
R 405Jy spaar R 45
In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer word en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede - word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms - oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en in Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies 'n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 word die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie, en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.
Publikasiedatum: 2017-12-13

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.