Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176545

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 250
Met hierdie twee bundels beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op 'n oorspronklike en toeganklike manier twee minder bekende Nederlandse skilders bekend: Adriaen Coorte (gebore tussen 1658 en 1664 en oorlede in 1707) en Jan Mankes (1889-1920). Sy lewer daarmee nogeens 'n bewys van die vernuwende en selfvernuwende aard van haar werk. Gesant van die mispels en In die stille agterkamer bevat elk 'n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van 'n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan as bonus vir die geïnteresseerde leser.

In al twee bundels verteenwoordig die gedigte 'n fantasieryke ondersoek na die moontlike momente van skildersinspirasie, die tegniese aspekte van die skilderproses, en die artistieke opvattings en historiese konteks van die kunstenaar: Van Niekerk maak haarself en die kyker as 't ware tot intieme toeskouers van dié twee skilders se stillewes. Uiteindelik verteenwoordig sowel die skilderye as die gedigte oomblikke van stille refleksie in roerige tye - die nederigste, kleinste objekte, soos wat hulle met toewyding verewig is deur Coorte en Mankes word in die gedigte versigtig herneem en insigtelik gemaak. Volgens wyle Henning Snyman is die bundels “'n poëtiese én grammatikale kragtoer, 'n verbysterende ervaring”, en ten slotte “'n ryke aanwins tot die Afrikaanse digkuns en kunsbeskouing”.

Die publikasie van hierdie twee bundels ekfrastiese verse is 'n sonderlinge gebeurtenis, en 'n merkwaardige toevoeging tot enige poësie- én kunsliefhebber se rak.
Publikasiedatum: 2018-01-12

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development