AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799376968

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 340
R 170Jy spaar R 170
Op die vooraand van WO1 ontmoet die ryk, beskermde 14-jarige Hildegard von Plötzke van Oos-Pruise 'n student genaamd Gustav uit Duits-Suidwes. Hoewel daar nie sprake van 'n verhouding is nie, omdat sy net 'n kind is, maak hy 'n onuitwisbare indruk op haar en haar sy is hartseer en verlore toe hy - sonder om te groet - teruggaan na sy land van herkoms wanneer WO1 uitbreek. Ná die oorlog is daar van haar pa se rykdom weinig oor, maar sy trou met 'n ryk dokter en verhuis na Berlyn waar sy mettertyd weer 'n welvarende lewe lei.
Hulle het drie kinders: twee seuns en 'n dogtertjie, Ester. WO2 breek uit en haar man en twee seuns sterf aan die front. Hildegard en Ester skuil in hulle kelder, beleef bomaanvalle, oorleef die koue, die hongersnood en die verskrikking van oorlog.
Hulle kry 'n uitkoms deur na Suidwes te emigreer. Hildegard kry werk as huishoudster en versorger by 'n moeilike ou Duitse baron in Windhoek, waar sy en haar kind in die bediendekwartiere woon.
Sy is geweldig geskok toe sy Gustav by een van die baron se talle onthale herken. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geëis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.
Tog herken hy haar wel wanneer sy in een onbewaakte oomblik klavier speel by een van die onthale. Die storie eindig soos alle sprokies. Gelukkig.

Immer Wes is die eerste boek in Irma Joubert se nuwe trilogie. Al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders. Joubert sê 'dit maak nie saak wie die vyand is nie, die vergrype teen die mens is dieselfde. Sodra honger oorneem, word die mens soos 'n dier'.

Oor die skrywer
Immer Wes is Irma Joubert se tiende boek. Sy het ongekende welslae in die buiteland behaal met ses van haar boeke wat reeds in Nederlands vertaal is. Dit sluit Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies, Tolbos, Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad in. Sedert Tussen stasies in 2011 as Het Meisje uit de Trein uitgereik is, het haar gewildheid jaarliks toegeneem en altesaam 85 000 eksemplare van die ses titels het reeds verkoop. In 2014 is Kronkelpad ook met die prys vir die gewildste vertaalde Christelike werk in Nederland bekroon, 'n eerbewys waarvoor die publiek stem.
In 2008 was Irma 'n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Pérsomi in 2011 en Kronkelpad in 2012.
Tussen stasies is al in Duits vertaal en is ook daar 'n reuse-sukses. Dis reeds in 'n vierde druk, al is Das Mädchen aus dem Zug eers in 2014 uitgereik. Die vertalers werk nou daaraan om ook Ver wink die Suiderkruis op Duitse winkelrakke te kry.
Ook die Amerikaners is opgewonde oor die stukkie Suid-
Publikasiedatum: 2015-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.