AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616619

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 190
R 171Jy spaar R 19
52 maklike maniere om pret en romanse weer deel van jou huwelik te maak.

'Die wittebrood is verby' is 'n uitdrukking wat dikwels gebruik word vir huwelike wat sy vonk verloor het. Daar-die gevoel van eenheid wat aan die begin van die huwelik so opsigtelik was, het al vaer geword.
Vir paartjies wat voel hulle huwelik gaan nou net oor kompromieë of opoffering of onderdanigheid, is daar hoop. In Sit die vonk terug in jou huwelik gee Jay Payleitner 52 prettige en kreatiewe maniere om weer ware eenheid en romanse in die huwelik te ervaar. Die wenke sluit in:
- Deel drome
- Moet nooit kompromieë aangaan nie
- Betaal die kredietkaarte af
- Soen in die kombuis
- Lag saam, huil saam
- Dien en word bedien
Hierdie praktiese en wyse idees word humoristies aangebied en sal huweliksmaats nader aan mekaar trek. Dit sal hulle ook opnuut inspireer om hulle unieke verbinÂ-tenis te geniet en hulle toerus om hulle huwelik nog beter te maak.

Oor die outeur

Jay Payleitner is een van die top-Christenradio-vervaardigers in Amerika. Hy is ook 'n gewilde spreker oor ouerskap en huwelike en die outeur van meer as 'n dosyn boeke. Jay was ook al 'n AWANA-direkteur, 'n stoei-afrigter en uitvoerende direkteur van die Illinois Fatherhood Initiative. Hy is ook 'n medewerker en voorstander van die National Center for Fathering. Jay en sy vrou, Rita, woon naby Chicago waar hulle vyf wonderlike kinders grootgemaak het en liefde uitgestort het op tien pleegsorg-babas.
Publikasiedatum: 2017-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.