AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205058

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 99
R 89Jy spaar R 10
Is jy seker EGSKEIDING is die enigste, beste, maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie?

Die skrywer van hierdie boek is nie 'n huweliksberader of sielkundige nie. Hy is 'n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou en weer skei) geloop het. Dit gee hom 'n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman. Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroeër geweet het.

In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie. Sommige lesse het hy te laat geleer ... Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees. Om 'n paar waarhede in die oë te kyk:

- Is jy gereed vir 'n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat?
- Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te beïnvloed?
- Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg?

Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat getroudes met hulle saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.

Dis nugter, eerlik én ontmasker die droom dat dit beter is om te skei. ~Gretha Wiid
Publikasiedatum: 2016-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.