●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825601

Nie-fiksie / Non-fiction: Uitverkoping / Sale

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Uitverkoping / Sale
R 160
R 69Jy spaar R 91
Marcus Aurelius kan as 'n ware filosoof-koning beskou word. Ten spyte van sy roem en weelderige lewe aan die hof, het hy voortdurend gestreef na 'n eenvoudige lewe, innerlike vryheid en persoonlike spirituele groei. Sy Meditasies of Bepeinsinge wat tydens sy laaste lewensjare neergeskryf is, is in 12 boeke verdeel en is nie filosofiese teoriee nie, maar praktiese oefeninge om die filosofie in die leser se gedagtes en optrede te laat deurwerk. Hy besin oor die heelal en die mens as deel daarvan, die verantwoordelikhede van die mens as 'n sosiale wese, verdraagsaamheid teenoor alle mense, hoe om in harmonie met ander en in ooreenstemming met jou ware aard te leef, hoe om te aanvaar wat met jou gebeur, en uiteindelik ook die dood te aanvaar. Tydens Marcus se heerskappy is die Christene kwaai vervolg, maar tog het sy denke oor 'n ingetoe leefwyse wat nie deur drif nie, maar deur verantwoordelikheid en plig beheer word, 'n groot invloed op die Christendom uitgeoefen. Sy werk word vandag nog gelees en het in 'n era waarin waarde aan spirituele groei geheg word, nuwe betekenis gekry.
Publikasiedatum: 2001-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.