●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300939

Fiksie: Uitverkoping

Vertaler: Daniel Hugo
Fiksie  -  Uitverkoping
R 260
R 99Jy spaar R 161
Liefde en venyn tussen broers, botsende belange tussen handel en wetenskap, fabrieksmeisies wat met sekshormone volgestop word en testosteroongedrewe base - Die hormoonfabriek is 'n bloedstollende verhaal, geïnspireer deur historiese feite, waarin die onderskeid tussen goed en kwaad soms vertroebel raak deur die opwinding van wetenskaplike ontdekkings.
Die suksesvolle besigheidsman Mordechai de Paauw, Motke vir sy vriende, besef op sy oudag dat hy nie daarin kon slaag om fatsoenlik te lewe nie.
In die twintigerjare van die vorige eeu het hy en sy tweelingbroer Aron 'n asemrowende projek aangepak. Saam met die beroemde farmakoloog Rafaël Levine het hulle 'n bedryf begin waarin die afvalvleis van Motke se vleisfabriek gebruik is vir die ontwikkeling van hormoonpreparate.
Die omstandighede aan die begin van die onderneming is nie gunstig nie. Ernstige armoede, misdadigheid en opkomende antisemitisme vorm 'n giftige mengsel in die Katolieke plattelandse dorpie waar die twee broers woon en werk. Maar Motke de Paauw druk deur; geen prys is vir hom te hoog nie. As ten slotte ná die Tweede Wêreldoorlog bestek opgeneem word, blyk dit dat niemand ongeskonde uit die stryd gekom het nie.
Publikasiedatum: 2014-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.