AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799374957

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 300
R 59Jy spaar R 241
Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, is soos Neopolitan-roomys destyds almal se gunsteling was - sy sing, blog en kook. En vir die kersie op die koek behartig sy ook die kosstilering vir die kosfotografie van Farmers Weekly. Haar aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook die lewe te blaas in raakvat-stories en beskrywings.

Die sangeres-liedjieskrywer Marlise Scheepers is een van Afrikaans se veelsydigste musiekmakers. Nie net is dié gesoute joernalis en voormalige nuusredakteur 'n bedrewe woordsmid nie. Scheepers het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het.
'Ek is nou gereed om die goed te doen wat vir my hart goed en lekker is: kook en sing. Of: sing en kook.'
Sy kombineer nou haar musiekoptredes met die kookkuns. 'Huiskonserte is weer die in-ding. Ek kook vir groepe van tussen 8 en 15 mense en sit 'n driegang-ete voor. En as almal na die tyd 'n soetwyntjie drink, sing ek vir hulle 'n paar liedjies.'
Publikasiedatum: 2016-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.