●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432205850

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 135
R 122Jy spaar R 13
HEMEL OF HEL?

Die dood is deel van die lewe. 'n Werklikheid wat mense seermaak, maar ook die begin is van alles wat hierna gebeur.
En dís waaroor mense so baie vrae het.

● Is elkeen se sterfdatum vooruitbepaal - en deur wie?
● Wat gebeur net voor jy jou laaste asem uitblaas?
● Wat ervaar jy wanneer jy sterf en waar is jy net daarna?
● Hoe lyk die hel en moet gelowiges bang wees om daar te beland?
● Kan mense ná selfdood hemel toe gaan?
● Hoe sal dit wees om vir ewig by Jesus te wees?

5 minute voor en ná die dood ontrafel die geheime en misterie van doodgaan.

Dit praat reguit teen onbybelse geloofsbeskouings en waarsku dat jy nou die regte besluite moet neem.
Maar dis nie 'n bangmaakpreek nie!
Jesus se woorde oor die hiernamaals in Lukas 16:19-31 sal al jou vrae beantwoord.

Isak Burger se wysheid uit die Woord sal jou vrese vervang met sekerhede oor genade wat vir elkeen beskikbaar is.
'Jy sal nuwe waardering kry vir die voorreg van voluit lewe met 'n uitsig op heerlike dinge wat vir jou wag.
En as jy treur oor 'n geliefde wat dood is, sal jy getroos voel en weet: Eendag sien ons mekaar weer.'
Publikasiedatum: 2016-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.