Afslag slegs op aanlynbestellings
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920188528

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
R 59Jy spaar R 181
Katryn is Winnie Rust se laaste boek.
Dis die 1860's. Op Wellington is die koms van die stoomlokomotief en die bediening van die nuwe predikant, Andrew Murray, ewe groot nuus. Die pad na die goudvelde van die noorde is oop, die Masonic-hotel op die dorp floreer en die geestelike herlewing het 'n nuwe vroomheid na die Boland gebring.
Sedepreke teen alles wat modern of plesierig is, grief vir Blink Ben Marais, erfgenaam van die wynplaas Wolwehoek. Hy is geleerd en ervare en onrustig oor die uitwerking wat die nuwe opvattings op die boerdery kan hê. Boonop kan hy die hoteleienaar se dogter nie uit sy gestel kry nie. Katryn is geheimsinnig, uitdagend en pragtig. Die mense praat en Blink Ben weet hy moet kies.
Wellington is telkens sentraal in Winnie Rust se werk. Uit haar pen het verskeie dagstukkies verskyn, asook rubrieke, kortverhale en romans. Martha: 'n verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford (Hemel & See Boeke) het die kortlys vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir 2005 gehaal.
'Winnie Rust het 'n buitengewone vertelvermoë: die onmiddellike aspekte van die verteller, die spontane, helder taal.'
-- Barend J Toerien, Rapport, 1 Mei 2005

Op 11 Mei 2016 is Winnie Rust in haar huis op Wellington vermoor. Die manuskrip van Katryn is kort voor haar dood voltooi.
Publikasiedatum: 2016-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.