Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799382914

Nie-fiksie / Non-fiction: Misdaad / Crime

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Misdaad / Crime
R 255
R 204Jy spaar R 51
Waarom 'haak mense se koppe uit'? Chris Mahlangu, wat vir Eugene Terre'Blanche vermoor het, het hom nie net doodgeslaan nie, hy het hom letterlik aan stukke gekap met 'n staalpyp. Een jong man slaan 'n verpleegster met 'n stuk hout in die veld dood en haar kêrel tot in die hospitaal se waakeenheid. 'n Ander slaan beide sy aanneemouers bewusteloos met 'n krieketkolf en dan steek hy hulle meer as 20 keer elk in die bors met 'n mes voor hy sy pa keel-af sny. 'n Manlike prostituut slaan sy vriend soveel keer met 'n knopkierie oor sy 'onsedelike voorstelle' dat dié sterf aan 'n skedelbreuk. Waarom sal 'n heteroseksuele man wat by prostitute slaap 'n seun by winkelsentrum oplaai en met hom lol?
Vyf gevallestudies oor ware Suid-Afrikaanse geweldsmisdadigers, vertel deur ervare misdaadskrywer Carla van der Spuy en kliniese sielkundige dr Henk Swanepoel.
Die boek bevat inligting oor persoonlikheidsversteurings, elke misdadiger se agtergrond, die dag van die misdaad, die hofsaak, dr Swanepoel se onderhoude en bevindings tydens die verhoor, tot die opvolgtronkbesoek - van aangesig tot aangesig met die monster.
Publikasiedatum: 2017-10-10

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.