●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920289652

Nie-fiksie / Non-fiction: Reis, Kaarte & Toerisme / Travel, Guides & Maps

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Reis, Kaarte & Toerisme / Travel, Guides & Maps
R 365
Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit - van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung -is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken.

Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het 'n vars, kontemporêre voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so 'n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het 'n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie.

Die 37 hoofstukke is in 'n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor 'n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks. Die boek bied iets vir almal - of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok.

Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 foto's bevat Op Pad in Suid-Afrika 'n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.
Publikasiedatum: 2017-10-19

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.