Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780798176903

Fiksie: Romans

R 190
R 152Jy spaar R 38
Bennie moet ring koop. En nie sommer 'n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Dan word 'n vroueliggaam gevind en sy word Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy's 'n buitelander: Alicia Lewis, 'n kunskenner op die spoor van 'n ou skildery. Wanneer Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar vind, weet Vaughn daar's gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .
Publikasiedatum: 2017-11-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

2

9780796320469

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

R 195
R 156Jy spaar R 39
Geroepe om te gaan werk in Afganistan trek die Groenewalds uit Pretoria Kaboel toe. Elf jaar later word Werner, Jean-Pierre en Rodé in 'n wrede terreuraanval vermoor. Hannelie bly alleen agter. Hoe gebeur so iets met mense wat in gehoorsaamheid geleef het, oortuig van God se beskerming? Hannelie Groenewald se openhartige verhaal is 'n merkwaardige getuienis van 'n lewe in geloof, van God se liefde, genade, en die krag van vergifnis. Sy wys dat enigeen kán opstaan uit die as.
Publikasiedatum: 2017-10-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

3

9780799385939

Fiksie: Romans

R 295
R 236Jy spaar R 59
Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. 'Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog 'n mond wat moet kos kry, nog 'n lyf wat gewas moet word, nog 'n asem in die hut. Nog 'n kind.'
Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, 'n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in 'n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944 - 1945.
Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as 'n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.
Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.
Irma Joubert is 'n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.
Publikasiedatum: 2017-10-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780795801419

Fiksie: Romans

R 250
R 200Jy spaar R 50
Will het 'n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjoepstil.
Asof dit nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebie se seun skielik in 'n bedenklike nagklub en Phoebie se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria - dalk vir baie lank. (Phoebie eet sommer 'n éclair.) Adriaan se Ingrid het pas wéér 'n knop in haar bors gevoel, hul enigste dogter I ver oor die waters, en dan's daar boonop Adriaan se familieplaas wat verkoop moet word noudat sy broer wil padgee Australië toe.
En heeltyd wonder Phoebie en Ingrid: Wat skort met Will se vrou, Soekie? Sy't onlangs aan haar gesig laat werk en sy lyk fantasties, maar iets is fout in haar oë.
Die wel en wee van drie paartjies in hul 50's, komies, lewensgetrou en eg. 'n Storie vir almal wat ooit oor hul vriende gewonder het, mense nes ek en jy, almal met hul eie geheime.

Derick van der Walt is 'n veelbekroonde skrywer van Pretoria. Tussen vriende is sy tweede roman vir volwassenes - Daan Dreyer se blou geranium het in 2012 verskyn.
Publikasiedatum: 2017-10-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9780799378009

Fiksie: Liefdesromans

R 295
R 149Jy spaar R 146
Dit is Simoné se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit 'n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is 'n bedenklike verlede, 'n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos 'n meulsteen om haar nek hang.
Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner.
Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan 'n loopbaan, 'n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself.
Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Publikasiedatum: 2017-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

6

9781776092680

Fiksie: Romans

R 200
R 160Jy spaar R 40
Steve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe vir Jan Ellis en Laaste dans, Drienie is deur literêre kritici aangeprys. Nou ontpop dié gewilde en omstrede sanger en akteur as misdaadskrywer met Die onaantasbares.

Die hoofkarakter in dié spanningsroman is 'n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is 'n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het.

Hy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige kliënte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. Ná 'n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit. Hofmeyr is 'n vaardige verteller wat lesers op 'n aksiebelaaide avontuurtog neem terwyl die adrenalien teen 'n hoë tempo vloei.
Publikasiedatum: 2017-10-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

7

9780799386110

Fiksie: Romans

R 270
R 216Jy spaar R 54
“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en 'n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.
Almal wat kom soek het na 'n diamant so groot soos 'n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan 't sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.
Hieruit groei die verhaal van 'n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog 'n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.
Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van 'n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?
Hans du Plessis is 'n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra - hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

8

9780798176224

Fiksie: Romans

R 290
R 232Jy spaar R 58
Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde - en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky.
In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie ís die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos 'n skaduwee op die rand van die verhaal?
Publikasiedatum: 2017-10-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9781776092031

Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference

R 230
R 184Jy spaar R 46
Na die ongelooflike sukses van RSG se Hoe verklaar jy dit? is dit niks minder as gepas om met hierdie tweede volume Suid-Afrikaners se nuuskierigheid oor die wêreld verder te bevredig nie.

In Hoe verklaar jy dit? #2 bring Danny Fourie weer 'n gerf van die interessantste vrae en antwoorde byeen wat deur RSG se kundige medewerkers in die gewilde radioprogram behandel is. En dit help die leser natuurlik om die wêreld om ons minder vreemd te maak.

Hoe verklaar jy ons honger na inligting en ons dors na kennis? Die antwoord is eenvoudig: Ons is mal daaroor om antwoorde te kry, selfs al is daar geen oënskynlike voordeel daarin nie.

Is dit werklik nodig om te weet wat 'n Jerusalem-kriek of 'n sweepspinnekop is? Waarom die son nie uitbrand nie? Hoekom 'n mens se oë traan as jy uie sny? Hoe die Richter-skaal werk? Wie en wat die Florisbadmens is? Wat links- en regshandigheid bepaal? Van al die soogdiere is ons die enigste wat lewenslank nuuskierig bly. Daarom sal Hoe verklaar jy dit? #2 jou nog meer fassineer.
Publikasiedatum: 2017-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

10

9780799386141

Fiksie: Romans

R 270
R 216Jy spaar R 54
Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in 'n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand. Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Iemand moet daarvoor boet.
Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. 'n Korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies wat 'n voet in die deur soek. Sagte kolonisasie, noem mens dit. Staatskaping noem die media dit. Die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei. Traangas word gedokter met dwelms wat ten doel het dat mense mekaar te lyf gaan. Grootskaalse chaos maak 'n land onregeerbaar. Dryf die mense se frustrasie tot breekpunt. Sweep hulle teen mekaar op. Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry.
In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword: sy halfsuster, 'n gestremde IT-spesialis en 'n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring. Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word.
“Hy voel die wonderlike pyn wegsak, diep in, dieper, dieper, tot dit sag word en tot rus kom op die koue en harde ding in hom.”
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

11

9780796320308

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

R 210
R 168Jy spaar R 42
Sheri deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as 'n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor 'n lewe in die skaduwee van 'n kind
met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri - Nes ek is is 'n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: 'Wat is nou eintlik normaal?' Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

12

9780798176170

Fiksie: Romans

R 280
R 224Jy spaar R 56
Alles begin met Anna speel af in die Vrystaat. Dit vertel 'n roerende verhaal oor drie geslagte heen, vanaf die hartseer en verlies tydens die Anglo-Boereoorlog tot die aanloop en gebeure van die Tweede Wêreldoorlog. Die roman is losweg gebaseer op die skrywer se eie familiegeskiedenis en ondersoek eindelik waar sy, die skrywer, vandaan kom.
Publikasiedatum: 2017-09-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

13

9781485303992

Fiksie: Romans

R 250
R 200Jy spaar R 50
'n Spieël is 'n vreemde ding, want in 'n spieël leef 'n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. 'n Spieël lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik 'n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag.
Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar's min rede die laaste tyd om te wil lag.

Joe Minnie se lewe raak verweef met dié van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, 'n opkomende vermaaklikheidster, is soos 'n emosionele en finansiële tikkende tydbom aan sy sy.

Met 'n rolverdeling wat 'n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied - die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses - word Spieëlbeeld 'n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. 'n Wêreldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.

OOR DIE OUTEUR
Franz Marx is 'n bekroonde akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger met verskeie films, televisiereekse, enkeldramas en minireekse agter sy naam. Hy is ook die skrywer en vervaardiger van Suid-Afrika se eerste sepie, Egoli: Plek van Goud. Sy talle toekennings sluit in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se SAUK-prys vir Televisiedramas vir die draaiboek van Die buitestaander (1986), asook die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Erepenning vir Rolprentkuns (1995).
Publikasiedatum: 2017-11-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

14

9780795801471

Fiksie: Romans

R 220
R 176Jy spaar R 44
Hans loop op 90 nié met 'n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy 'n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.
Publikasiedatum: 2017-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

15

9780796320551

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

R 180
R 144Jy spaar R 36
Hykie Berg is 'n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.
Publikasiedatum: 2017-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development