●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780799399455

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
R 280Jy spaar R 70
Kan hierdie liefde se prys betaal word?
Hulle is pole uit mekaar: Hy is ʼn eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ʼn skatryk Engelse sakeman. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop sy in sy arms in, en wanneer haar wêreld om haar in duie stort, bied hy vir haar ʼn uitweg - ʼn jaar op Kanaän as sy vrou.
Dit behoort haar die geleentheid te gee om die stukke op te tel, besluit Catherine, maar kort voor lank besef sy dat sy aan Chrisjan meer het as al haar gesofistikeerde Johannesburgse vriende.
Al wat sy nie weet nie, is of sy die verskriklike prys wat hierdie liefde van haar vereis, sal kan betaal.

Kanaän is Sophia Kapp se eerste historiese liefdesroman, en kan vergelyk word met The magic of ordinary days deur Ann Howard Creel en Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies deur Irma Joubert. Die verhaal betrek die politiek en geskiedenis van die tyd, maar lewer nie sosiale kommentaar soos met Kantelpunt nie.
Publikasiedatum: 2020-05-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

2

9780796322005

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 200
R 160Jy spaar R 40
Ricardo Jantjies wat die jong Chandré beroof en aangerand het, word onskuldig bevind. Larissa was die prokureur. 
Net daar besluit Larissa om Nederland toe te gaan om verder te gaan studeer. Sy kom egter terug toe sy uitvind dat die jong kind vermoor is. 
Larissa weet dit was Ricardo Jantjies.

Terug in Suid­-Afrika word sy met Gideon gekonfronteer wat 'n baie swaar verlede en trauma het wat hy moet verwerk. 
Intussen begin Ricardo Larissa agtervolg en val haar amper aan, maar Gideon en die polisie gryp in. 
Op die ou end kry Larissa en Gideon dit reg om hulle trauma te verwerk en al die ou vriende kom bymekaar vir Larissa en Gideon se troue.
Publikasiedatum: 2020-05-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

3

9780798180856

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 200Jy spaar R 50
Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees - tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al 'n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy besef sy kan nie langer hul geheime met haar haar saamdra nie.
Met Somtotaal vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is 'n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie.
Publikasiedatum: 2020-05-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9781485904236

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 224Jy spaar R 56
Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor 'n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met 'n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in 'n luukse hotel op Hermanus.
Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep 'n charismatiese profeet die skare op tot 'n histerie.

Storm besef gou nie net haar ma se lewe is in gevaar nie. Sy is ook 'n teiken.

Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou 'n privaat speurder, om 'n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.

Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van 'n sneltrein.
Publikasiedatum: 2020-03-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9781776095469

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 210
R 168Jy spaar R 42
Daar's altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy moet.

In hierdie nuwe aflewering van die reeks speel die Sluiper klaar met homself. Hy lê sy wapens neer en kies die liefde. Die dodelikste ding wat hy ooit kon doen. Nie net laat dit hom uiters kwesbaar nie, maar dit bring hom lynreg te staan teen die boosaardigste figuur met wie hy nog ooit te make gehad het: Jesús Fidencio Hernández, beter bekend as die Veearts van Baia Farta. So ook met die spoke uit sy verlede.

In 'n verhaal wat strek van Suid-Afrika tot die Kalahari, Mauritius en Atlanta, Georgia, kom die Sluiper te staan voor sy vyande, korrupte regeringsamptenare, sluipmoordenaars, folteraars, en sy grootste uitdaging tot dusver.

Met hierdie derde aflewering in die Sluiper-reeks oortref Steve Hofmeyr selfs die ontsaglik hoë standaard wat hy met Die onaantasbares (2017) en Die Lucky Strike (2018) gestel het. As aksieroman is Die kwesbares heeltemal uniek in die Afrikaanse lettere. Trefseker en sekuur.
Soos 'n koeël.
Publikasiedatum: 2020-05-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

6

9780799398670

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
R 280Jy spaar R 70
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?
As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.
Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.
Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.
Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.
Publikasiedatum: 2020-03-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

7

9780799396003

Nie-fiksie / Non-fiction: Misdaad / Crime

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Misdaad / Crime
R 295
R 236Jy spaar R 59
'n Blik op die binnekring van die Krugersdorp-kultus
“Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rûe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in 'n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het 'n afspraak met hulle gehad.”
Elf wrede moorde oor 'n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.
Die moordenaars is slim, gewone mense - 'n onderwyseres, 'n finansiële makelaar, 'n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot 'n sake- afspraak nagekom, min wetend dat dít 'n afspraak met die dood was.
Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?
Jana Marx beantwoord dié en ander vrae in 'n waremisdaad-verhaal wat gelei het tot een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis.
Met behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor 'n tydperk van vier jaar poog Marx om die publiek se vrae te antwoord en 'n blik te gee op die binnewerkinge van só 'n kultus.
Publikasiedatum: 2020-03-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

8

9781928283393

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 300
R 240Jy spaar R 60
'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken.
Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie.
Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.
Publikasiedatum: 2020-04-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9780799399240

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 224Jy spaar R 56
Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?
Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het 'n daggagewoonte, is stuurs en stil.
Erin is nie 'n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?
Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in 'n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met 'n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.
Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur?
En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm?
Hier is 'n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.
Publikasiedatum: 2020-03-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

10

9780799398175

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
R 240Jy spaar R 60
Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?
“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”
Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.
Buitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.
Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.
Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Mirre is die skrywer se 46e boek. Dis die tweede een in haar nuwe trilogie. Die eerste een se titel is Lira en die derde, Corali. Ilse Salzwedel, aanbieder van Skrywers en Boeke op RSG, noem hierdie trilogie 'Vintage Chanette Paul'.
Publikasiedatum: 2019-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

11

9780624089421

Nie-fiksie / Non-fiction: Misdaad / Crime

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Misdaad / Crime
R 265
R 212Jy spaar R 53
Wat dryf 'n kind om moord te pleeg? 'n Skynbaar normale kind uit 'n “goeie” huis...
Henri van Breda, die Welkom-begraafplaasmoord, Marcel Steyn en soveel ander. André le Roux kyk na die kínd agter dié opspraakwekkende moorde en soek na 'n antwoord aan die hand van gevallestudies en die jongste navorsing. Wat gaan aan in 'n kind se kop van geboorte tot adolessensie? Wat is die rol van gene, ouers, sosiale media, die internet, videogeweld, boelies, portuurdruk, stres en dagga?
Publikasiedatum: 2020-03-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

12

9780799399424

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 250
R 200Jy spaar R 50
Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél … Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie. Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn 'n ander komplikasie in haar lewe: 'n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in 'n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag. Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens 'n opsie nie. Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie. Lesers kry weer met die karakters op Assordante te doen wat in As dit proe soos liefde was. As dit voel soos liefde is Didi Potgieter se tweede langer romanse. Didi se boeke kan vergelyk word met dié van Dina Botha, Marilé Cloete en Elsa Winckler.
Publikasiedatum: 2020-05-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

13

9780799399189

Fiksie: Romans

Vertaler: Joanita Fourie
Fiksie  -  Romans
R 280
R 224Jy spaar R 56
Helen se lewe is gemaklik en ongekompliseerd. Sy is tevrede met haar loopbaan, maak drie gelukkige tieners groot en woon in die mees gesogte huis in die straat. Toegegee, sy raak bietjie ontnugter deur haar huwelik met haar werkolis man, Werner. Maar sy glo sy sal dit kan regstel. Toe sy egter een aand by die huis kom, word haar lewe heeltemal onderstebo gekeer deur 'n onverwagse gebeurtenis. Ralf en Brian is twee jeugmisdadigers vir wie hierdie plan goed sou uitwerk: 'n Vinnige geldmaakskema deur 'n huisinbraak te pleeg. Die teikens wie hulle gekies het, is Helen en Werner. Terwyl Ralf wag hou, verdwyn Brian in Helen en Werner se huis, maar hy kom nooit weer daar uit nie. Dis die begin van Helen se nagmerrie. Sy sou dit nooit kon voorsien hoe erg dit sou raak en wat sy alles sou doen om haar gesin te beskerm nie.

Hierdie domestic noir is oorspronklik in Nederlands geskryf deur die baie gewilde Nederlandse skrywer Esther Verhoef. Haar sielkundige rillers en romans het al oor die 2.5 miljoen eksemplare in Nederland verkoop.
Publikasiedatum: 2020-03-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

14

9780624085201

Nie-fiksie / Non-fiction: Militêr / Military

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Militêr / Military
R 290
R 232Jy spaar R 58
Daar was hewige vuurgevegte, oorwinnings, maar ook verliese . . .

1 Recce, Agter vyandelike linies, neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970's in Angola en Rhodesië uitgevoer het.

Die leser sien die operateurs sweet in die vliegtuig of duikboot en beleef die gevaar wanneer hulle in die nagdonker riviere met krokodille trotseer. Die spanning en adrenalien loop hoog wanneer die Recces springstof in 'n treintonnel diep in vyandelike gebied plaas of 'n groot brandstofbergingsplek in 'n Angolosese hawestad in 'n vlammehel omskep.

Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die vriendskapsbande wat gesmee is.

1 Recce, Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se opvolgboek op sy topverkoper: 1 Recce, Die nag behoort aan ons.
Publikasiedatum: 2020-03-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.