AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Winskopies / Specials

Results 1 to 15 of 280
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799364934

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 340
R 69Jy spaar R 271
Haar gawe kom van donkerbloed; haar pa se opdrag, van agter die doodsgordyn

Vet Frieda Fouché het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Fouché agt jaar gelede met haar getrou het nie. Ook nie of die beelde wat sy van kleinsaf sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie.

Frieda het egter 'n meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa se moord oplos al sit daar reeds 'n man agter tralies daarvoor. Nie omdat sy wil nie, maar omdat haar pa daarop aandring. Van agter die doodsgordyn. En Nils van der Sluijs, die befoeterde Belg wat ryk en beroemd geraak het danksy sy vetvrouskilderye, laat ook in die dood nie vir hom nee sê nie.

Stas Stassen is die man wat Frieda moet help om haar pa se biografie te skryf. Hy is nie seker of Frieda 'n skisofreen is of net 'n ander soort nutcase nie, maar hy glo beslis nie sy is, soos sy beweer, heldersiende nie. Anders sou sy immers geweet het hy stel meer daarin belang om haar hovaardige man terug te betaal as in die vetvrouskilder se doen en late.

Nils se lewensverhaal lewer egter 'n paar verrassings op, onder meer in die vorm van 'n paar spesiale skilderye, en kort voor lank is Stas meer betrokke as wat heilsaam is en Frieda haar lewe nie meer seker nie.
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780736963381

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 400
R 100Jy spaar R 300
God Can Work Powerfully Through a Praying Wife Today's challenges can make a fulfilling marriage seem like an impossible dream. Yet God delights in doing the impossible if only we would ask! Stormie Omartian shares how God can strengthen your marriage as you pray for your husband concerning key areas in his life, including... his spiritual walk his emotions his role as a leader his security in work his physical protection his faith and his future You will be encouraged by Stormie's own experiences, along with the Bible verses and sample prayers included in each chapter. Join the millions of women who have been blessed by this life-changing look at the power of a wife's prayers
Publikasiedatum: 2016-11-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799374957

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 300
R 59Jy spaar R 241
Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, is soos Neopolitan-roomys destyds almal se gunsteling was - sy sing, blog en kook. En vir die kersie op die koek behartig sy ook die kosstilering vir die kosfotografie van Farmers Weekly. Haar aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook die lewe te blaas in raakvat-stories en beskrywings.

Die sangeres-liedjieskrywer Marlise Scheepers is een van Afrikaans se veelsydigste musiekmakers. Nie net is dié gesoute joernalis en voormalige nuusredakteur 'n bedrewe woordsmid nie. Scheepers het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het.
'Ek is nou gereed om die goed te doen wat vir my hart goed en lekker is: kook en sing. Of: sing en kook.'
Sy kombineer nou haar musiekoptredes met die kookkuns. 'Huiskonserte is weer die in-ding. Ek kook vir groepe van tussen 8 en 15 mense en sit 'n driegang-ete voor. En as almal na die tyd 'n soetwyntjie drink, sing ek vir hulle 'n paar liedjies.'
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799378009

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 340
R 149Jy spaar R 191
Dit is Simoné se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit 'n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is 'n bedenklike verlede, 'n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos 'n meulsteen om haar nek hang.
Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner.
Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan 'n loopbaan, 'n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself.
Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Publikasiedatum: 2016-03-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798170895

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 370
R 109Jy spaar R 261
Arina du Plessis deel haar resepte eie aan haar heimat, die plaas in Ceres. Daar is geregte vir elke seisoen; Wintersop, bredies en brood, vars slaaie en piekniekkos vir die warmer dae en natuurlik smullekker nageregte en heerlike gebak vir teetyd. Arina is die geliefde kosredakteur van Landbouweekblad en ken die behoeftes van die moderne man of vrou, of jy op 'n plaas in die platteland of in die stad woon.

Arina is 'n vryskut-kosskrywer en tans kosredakteur van die tydskrif Landbouweekblad. Sy het al twee resepteboeke, Onthaal - vars idees en resepte vir enige kuier en Plaaskos - Winter & Somer, die lig laat sien. Sy het ook saam met Bernice van der Merwe die uiters suksesvolle en gewilde Partytjies is Pret reeks die lig laat sien.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798172721

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 375
R 89Jy spaar R 286
RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.
Publikasiedatum: 2017-10-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799347432

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 350
R 69Jy spaar R 281
Heruitgawe in een band van die gewilde verhale deur een van Afrikaans se meestervertellers, P.G. du Plessis: Koöperasiestories, Hier sit die manne en Tussen die riewe. Die humor is outentiek en vindingryk, maar altyd met deernis.
Publikasiedatum: 2010-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799368444

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 230
R 49Jy spaar R 181
Baie mense kies 'n leefstyl wat 'n mooi versorgde tuin insluit, of hulle dit self doen, of laat doen. Hierdie leefstyl kan voedselproduksie insluit, sonder om die tuin na landerye te laat lyk. Groente van tuin tot tafel leer jou hoe om jou eie groente te kweek en sorg sodoende dat jy op 'n gereelde basis groente tot jou beskikking het. Kies uit die lys van groente watter groentesoort jy wil plant en volg die riglyne om jou eie groente te kweek. Die boek bied nuttige inligting oor verskeie aspekte van groenteverbouing, insluitend grondvrugbaarheid, bemesting, waterbehoeftes, wisselbou en plantmaats, en natuurlike plaagbeheer. Die res van die boek gee wenke oor die opbou van 'n groentetuin wat jou leefstyl sal pas - of dit 'n formele groentetuin in 'n hoek van die erf, of 'n geintegreerde tuin sonder onderskeid tussen sierlike en nuttige plante hou, die inligting is hierin.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799379693

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 86
R 19Jy spaar R 67
"Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is?
Die reeks LEKKER&VINNIG is net die antwoord ... 20 smaaklike resepte per tema/titel met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word. 'n Trots Suid-Afrikaanse produk."
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619504

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 600
R 480Jy spaar R 120
Die Bybel in Praktyk is 'n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat help om 'n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings, karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.

Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie, maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk in sy lewe van elke dag kan word.

Die Bybel in Praktyk is 'n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel deur 'n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes. Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy daaglikse lewe daarvolgens te rig.
Publikasiedatum: 2019-09-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780241377611

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 320
R 145Jy spaar R 175
Grace has what one might call a 'full and interesting life' which is code for not married and has no kids. Her life is the envy of her friends, but all this time she has been waiting in secret for love to hit her so hard that she would run out of breath, like the way a wave in a rough sea bowls you over, slams you into the sand, and nearly drowns you.

When Grace meets a beautiful woman at a party, she falls suddenly and desperately in love. At the same party, lawyer Annie meets the man of her dreams - the only man she's ever met whose table manners are up to her mother's standards. And across the city, Violet, who is afraid of almost everything, is making another discovery of her own: that for the first time in her life she's falling in love with a woman.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799361476

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 340
R 69Jy spaar R 271
Driehoek is Tessa se verhaal. Tien jaar het verloop nadat ons Tessa in Die verhuising leer ken het. Sy is nou 32, 'n vryskutjoernalis in Johannesburg en swanger by 'n man wat nooit vir haar vertel het hy is nog getroud nie. En vir die eerste keer in haar lewe is Tessa in 'n hoek waaruit niks haar kan help nie. Dis sy, haar gewete en die moedeloosheid wat soos 'n swart jas aan haar hang. Selfs nie eers as Danelle haar kom haal en haar Potch toe neem om te herstel, sien sy lig nie. Dit is eers as sy in dieselfde rehabilitasiesentrum beland as waar Danelle se ma was, dat sy besef hoe verskriklik sy as mens gefaal het.

Maar Driehoek is ook Amanda se storie - die ander vrou in die liefdesdriehoek. Ten spyte van Tessa se pogings om die verhouding stil te hou, vind Amanda uit dat haar man haar verneuk het, en sy moet toekyk hoe die gesin waarom haar hele lewe gewentel het, uitmekaar val. Sy probeer vergewe en vergeet, maar dit help nie - haar man het 'n mens geword wat sy nie ken nie en wat sy nie meer in haar lewe wil hê nie. Uiteindelik is haar woede en wrokkigheid oor sy verraad so erg dat sy nie net haar huwelik vernietig nie, maar haar kinders - en haarself - in die proses skade berokken.

In die ander hoek staan Hertzog van der Walt, Amanda se broer en 'n professor in teologie op Potchefstroom. Hy is die een wat moet toekyk hoe sy suster en haar dogters swaarkry omdat 'n koelbloedige vrou na 'n man gegryp het waarop sy nie geregtig was nie en wat moet stilbly toe die einste vrou by sy bure kom aansterk.

Tessa is 'n doring in sy vlees - hy weet presies wie en wat sy is en hoe ver sy sal daal - en sy is in elke moontlike opsig die teenoorgestelde van wat hy in 'n vrou bewonder. Maar dit keer nie dat hy van haar bewus is nie - verskriklik bewus is nie - en elke onderonsie wat hy met haar het, versterk die bewustheid honderdvoudig. Uiteindelik moet hy die stryd gewonne gee en erken dat hy op haar verlief geraak het, maar selfs dit is nie maklik nie - Tessa se liefde is nie iets wat met vooroordeel van enige aard gepaardgaan nie. Dit kos hom 'n hele paar moeilike lewenslesse voordat hy in staat is om te besef hoe hy haar moet benader.
Driehoek is nie 'n konvensionele liefdesroman nie. Dit stel besondere eise aan die hoofkarakters en die leser, en daar is nêrens 'n maklike oplossing nie. Al wat daar uiteindelik is, is vergifnis en genade en die bereidwilligheid om te aanvaar dat die lewe meer kompleks is as wat die meeste mense mee gemaklik is. Maar vir almal wat bereid is om hulle bagasie, hulle vooroordeel en hulle voorbehoude neer te lê, is daar 'n tweede kans en 'n geleentheid om ten volle te mag liefhê.
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618170

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 85
R 25Jy spaar R 60
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in 'n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat 'n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel 'n waardevolle geskenk wees.

Gewilde NLV-teks
7,5 punt lettergrootte
Dubbelkolom-uitleg
140 x 215 mm
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618187

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 85
R 29Jy spaar R 56
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in 'n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat 'n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel 'n waardevolle geskenk wees.

Gewilde NLV-teks
7,5 punt lettergrootte
Dubbelkolom-uitleg
140 x 215 mm
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380248

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 59Jy spaar R 226
Vic Nel het in die vorige politieke bedeling vir Nasionale Intelligensie gewerk en in die Nuwe Suid-Afrika is hy, wel, 'n hardeware-verkoopsman ... Tot sy foto staangemaak word by 'n moordtoneel en soortgelyke moorde daarop volg. Hierdie is die tweede boek met Vic Nel as die hoofkarakter. Die eerste is Kodenaam Icarus. Chanette Paul se kommentaar lui: "Dié skrywer het 'n heerlike skryfstyl en die droë humor is baie vermaaklik. Dis ook nie sommer enige skrywer wat dit regkry om 'n mens te laat hou van 'n man wat werklik nie die good guy is nie."
Publikasiedatum: 2016-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.