●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928231189

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 80
R 35Jy spaar R 45
Publikasiedatum: 2024-02-09
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626625

Christelik - Kinders: Uitverkoping

Christelik - Kinders  -  Uitverkoping
R 35
Dit is nie vir klein kindertjies altyd maklik om te deel nie. Help jou kind verstaan dat dit goed is om te deel en dat dit selfs pret kan wees.

In Klein Beertjie leer om te deel wil Klein Beertjie nie sy dennebol met Eddie Eekhoring deel nie. Dit is totdat Pappa Beer vir hom vertel van 'n seuntjie in die Bybel wat sy middagete van vyf broodjies en twee vissies met Jesus gedeel het. Jesus het dié kos toe gebruik om vir 5 000 mense kos te gee!

Hierdie volkleurboek is ideaal om 3- tot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel. Die eenvoudige vrae agter in die boek help kinders om dit wat hulle geleer het in hulle eie lewe toe te pas en help hulle om meer oor die Bybel te leer.
Publikasiedatum: 2023-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626632

Christelik - Kinders: Uitverkoping

Christelik - Kinders  -  Uitverkoping
R 35
Kinders kry soms nagmerries en word bang vir die donker. Dan het hulle die versekering nodig dat hulle veilig is omdat God altyd by hulle is.

Klein Beertjie vertrou op God sal kleingoed help om hulle vrees in die nag te oorkom wanneer hulle leer van Josua en Kaleb, twee dapper spioene in die Bybel. Hulle het God vertrou om hulle veilig te hou - en Hy het.

Dié pragtige volkleurboek is perfek vir 3- tot 6-jariges en leer hulle om te vertrou dat God altyd by hulle is. Daar is ook vrae oor die temas in die boek en voorstelle om meer daaroor in die Bybel te leer.
Publikasiedatum: 2023-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626588

Christelik - Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Steve Brown
Christelik - Kinders  -  Uitverkoping
R 35
Kom leer jou kleinding van Paasfees met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer. In Klein Beertjie leer van Paasfees vertel Pappa en Mamma Beer vir Klein Beertjie van die opwindende verrassing daardie eerste Paasfees toe Jesus opgestaan het uit die dood. Hierdie pragtige volkleur-boekie vertel kinders tussen 3 en 6 van Jesus se opstanding en die ware betekenis van Paasfees. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626595

Christelik - Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Steve Brown
Christelik - Kinders  -  Uitverkoping
R 35
Kom leer jou kleinding van liefde met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer. In Klein Beertjie leer oor liefde vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie van al die maniere waarop ons liefde kan bewys aan ander deur vir hom die storie van Moses te vertel. Moses se ma was so lief vir hom dat sy hom in 'n mandjie tussen die riete van 'n rivier weggesteek het om hom veilig te hou. Hierdie pragtige volkleur-boekie is ideaal om kinders tussen 3 en 6 te help om aan maniere te dink waarop hulle liefde aan ander kan bewys. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.
Publikasiedatum: 2023-04-24
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928407690

Leermiddels: Uitverkoping

Leermiddels  -  Uitverkoping
R 120
R 69Jy spaar R 51
Lekker leer saam met jou gunsteling Disney-karakters! Ontdek die magie van leer met Disney, en verskaf praktiese, meeslepende inhoud wat kinders betrek en verryk deur die krag van verbeelding en kreatiwiteit.
Publikasiedatum: 2023-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352791

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Die pad na liefde is nie altyd maklik nie
Irma Vermeulen gaan Groenboskloof toe om 'n nuwe lewe te begin nadat Henry Randall, aan wie sy 'n kort rukkie verloof was, haar lewe vergal het. Boonop het hy haar in groot moeilikheid laat beland deur die haar die skuld te gee vir 'n ernstige motorongeluk. Almal verwelkom haar met ope arms, behalwe Werner, die befoeterde, stroewe skrywer wat geen vrou vertrou nie. Werner verwar Irma met sy teenstrydige optrede. Hy is meestal aggressief en vyandig, maar tog is hy soms begrypend en simpatiek. Boonop flankeer hy soms openlik met haar en soen haar van haar voete af. Irma verloor haar hart op hom, maar die gerugte van die motorongeluk bereik
Groensboskloof en staan tussen haar en Werner. Sal Werner haar weergawe van die motorongeluk glo, of gaan dit hul pad na geluk verongeluk?
Publikasiedatum: 2022-09-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352678

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
R 50Jy spaar R 60
Kan 'n gebroke huwelik betyds gered word?
ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud Noulien se huwelik se fondasie. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Selfs in die slaapkamer is dit nou eerder plig as plesier en sukkel sy nogsteeds om swanger te raak en die Cloetefamilie 'n erfgenaam te gee. Daarby is Belinda, die bure se dogter wat saam met Stephan grootgeword het en steeds gevoelens vir hom het, besig om te skei en terug op Grasdal by haar ouers. Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te doen, want ʼn
huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358069

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Opregte liefde is onbreekbaar
Lunaise vestig haar op Kosiebaai na 'n liefdesteleurstelling. Hier aan die ooskus van Afrika vind sy vrede en genesing in die tropiese water van die warm Mosambiekstroom. Totdat Rolf Pfeiffer een aand onverwags by haar voordeur opdaag en deur al haar skanse breek sonder om 'n vinger verroer. Skielik bevind sy haar tussen meer beeldskone vroue om Rolf se hart te wen. As befaamde fisioterapeut stort sy haar hart en siel daarin om Rolf se peetkind, Ingrid, te behandel na 'n ernstige vliegtuigongeluk waarin sy die gedeeltelike gebruik van haar een ledemaat verloor het. Lunaise se hart word 'n oseaan waarvan die getye haar dwing om soms asemloos tussen hoogwater en laagwater te oorleef. Maar 'n man met die getye in sy oë trek haar veilig onder sy skouer in en wys haar hoe die toekoms wel kan lyk. Kan hierdie twee mense die aanslae van die lewe deurstaan sodat hulle liefde vir mekaar kan seëvier?
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351619

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde kan soms 'n onverwagse wending neem
Fea Furstenburg besluit impulsief om te bedank by die gewilde Wiehahn Dierekliniek. Ongelukkig lei dit daartoe dat haar verhouding met die skatryk Marius Wiehahn skipbreuk ly. Voordat sy die kliniek se stof finaal van haar
voete afskud, ontmoet sy 'n vreemdeling met blou oë en 'n weerlose mond in 'n perdestal wat 'n vreemde emosie in haar wakker maak. Fea begin 'n nuwe lewe as veearts in 'n rehabilitasiesentrum op 'n wildsplaas vol verrassings en uitdagende ervarings. Tot haar verbasing herken sy die aantreklike plaaseienaar, Steph, as die vreemdeling in die perdestal. Net toe hul verhouding begin ontwikkel, daag Marius skielik uit die bloute op en bied
sy onvoorwaardelike liefde aan haar. Na 'n vreesaanjaende nag tussen wilde diere en die bedrywighede van 'n sindikaat wat vir Fea aan smokkelhandel verbind, kry sy sekerheid oor die liefde en aan wie haar hart behoort.
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358045

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
'n Ware liefdesverhaal het geen einde nie
Vlak vyf van grendeltyd vang Améli de Klerk onkant. Ingeperk in 'n dakwoonstel in die middestad met kunsvoorraad wat boomskraap is en vinnig krimp. Alleen met haar kat, beklem die verlate stadstrate haar totdat sy 'n
onverwagse ontsnappingsroete ontdek na 'n ander wêreld waar sy haar droomheld ontmoet. Gideon Barnard is 'n sakeman en mede-eienaar van 'n familiebesigheid, 'n helikoptervlieënier en fotograaf. Hy is dinamies, intelligent en 'n man wat weet wat hy uit die lewe wil hê. Vir Améli is hy die man van haar hart en herontdek sy haar skeppingsvermoë saam met hom. Maar kan die droomman die werklikheid oorleef?

Hierdie boek is 'n heerlike liefdesverhaal wat tussen die middeleeuse en moderne tyd wissel. Interessante geskiedkundige gebeurtenisse en inligting soos die Swart Dood en middeleeuse kruiemedisyne word in die verhaal aangehaal.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352814

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde kan enige uitdaging oorkom
Karli Visser is 'n radio-omroeper, binnekort dertig jaar oud, en nie meer seker of sy lus het om haar gemaklike lewenstyl en spasie met iemand anders te deel nie. Maar haar kollegas en vriende het ander planne en voor sy kan keer is sy in die middel van 'n realiteitsprogram besig om te swoeg en sweet om 20kg te verloor met een van die sexieste Bachelors in Bloemfontein. Sybrand Naude is 'n biokinetikus by 'n vooraanstaande hoërskool. Hy geniet sy werk, maar sy groot droom is om eendag sy eie praktyk te hê. Dalk is hierdie openbare sirkus saam met Karli en haar radioprogram net die afskop wat hy nodig het. 'n Vrou soek hy nie, want hy het gesien hoe liefde sy broer gebreek het. Al probleem is dat Sybrand totaal en al hopeloos in die taal van die liefde is, en veral oor vrouens oor die algemeen. Gaan Karli hom uit sy penarie kan red sodat hy ook geluk kan vind of is hy 'n verlore saak?
Hierdie boek is gevul met humor en twee sterk karakters wat by lesers sal aanklank vind. Dit raak die uitdagings aan om gewig te verloor terwyl 'n besige lewe gehandhaaf moet word.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352036

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde is tydloos
Juliette het altyd gedink haar oupa se stories oor sy silwer sakhorlosie wat oor magiese kragte beskik was sommer versinsels. En toe beland sy in die een en twintigste eeu nadat sy en Juli, haar nasaat van driehonderd jaar later, plekke geruil het. Luan Beukes het sy hande vol met die vrou wat sy aangenome suster se plek kom inneem. Hy ontdek dat hy dit geniet om haar touwys te maak oor die ingewikkeldhede van die hede, want hierdie vrou maak iets in hom wakker wat hy nooit te wagte was nie. Juliette ontdek op haar beurt weer 'n innerlike krag en begin stadig maar seker aanpas in die moderne wêreld. Boonop begin sy vir Luan leer ken en dis nie
lank voor hy haar hart behoorlik by haar vreemde nuwe klere wil laat uitspring nie. Dalk was die omruiling toe nie so ontydig nie…
Ontydig is die derde verhaal in Madelie Human se tydreis-reeks. Dit speel af in twee tydsones in Stellenbosch en volg op Tydloos en Jaargety. Hierdie is 'n stomende verhaal met 'n paar unieke liefdestonele.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358083

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde maak twee harte een
Christeline Samuels is pas terug ná sy haar doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Haar prioriteite vir die toekoms is eenvoudig: 'n suksesvolle akademiese loopbaan, en om die vervreemding van haar ouers te verwerk. Maar Chrissie se vriendin, Beth, en die res van die vriendegroep het egter ander planne. Rodney Philander mag op die oog af net die mede-eienaar van 'n tuindiens wees en daarby 'n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Op 'n lentebesoek aan Namakwaland doen die groep vriende hulle bes om Kupido te speel. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van 'n blom moet egter nie onderskat word nie.
Hierdie boek is die vierde deel van 'n reeks deur Marilé Cloete. Beide karakters verskyn in Romanse in Rock, Man met 'n hart en Projek ware liefde.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352272

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Moet die mag van liefde nooit onderskat nie
Sosiale vlinder en beïnvloeder, Demi-Leigh Henkel, is gewoond om aandag te trek. Toe 'n uiters aantreklike vreemdeling op 'n vlug nie eens in haar rigting kyk nie, vererg sy haar vir hom. Sy neem 'n selfie van haar en die slapende man en plaas dit op haar sosiale platform met 'n katterige aanmerking daarby. Dokter Paul Krynauw spoor haar op en noem haar 'n sosiale verpesting wat mense se lewens verwoes. Sy besluit om twee weke by sy kliniek deur te bring met die idee om nie net die befoeterde dokter se persoonlike lewe te verander nie, maar ook sy persoonlikheid. Min weet Demi-Leigh dat Paul haar lewe op sy kop gaan draai en haar hart in sy hande gaan hou.
'n Heerlike komiese liefdesverhaal uit die pen van die immer gewilde Dina Botha.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.