Winskopies / Specials

Results 1 to 15 of 117
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795702877

Fiksie: Romans

R 275
R 59Jy spaar R 216
Toring lê langs die Weskus, 'n afgeleë gehuggie waar 'n hand vol bewoners sukkel-sukkel 'n bestaan probeer maak. Dis midde-in die Tweede Wêreldoorlog en tye is swaar. 'n Verwoestende storm wat twee dae en nagte duur vernietig die kreeffabriek en jettie heeltemal en alles moet van nuuts af opgerig word.
Publikasiedatum: 2017-12-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795703072

Fiksie: Romans

R 275
R 59Jy spaar R 216
Dulcie-Anne Douglas is 'n miljoenêr -- op skrif. Twee jaar gelede is haar man oorlede in 'n treinongeluk, en toe die polis uitbetaal is, het sy in 'n japtrap vir haar en die kinders 'n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke. Maar Gumaville se inwoners wil háár eenvoudig nie los nie. Veral nou ná haar skoonsuster Hanna se begrafnis word haar drumpel skielik deurgetrap.
Publikasiedatum: 2017-12-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624054672

Fiksie: Romans

R 270
R 59Jy spaar R 211
Die fassinerende verhaal van 'n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950's in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing.
Publikasiedatum: 2017-12-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798152570

Fiksie: Kortverhale

R 210
R 79Jy spaar R 131
'n Keur uit die kortverhale van Welma Odendaal
Publikasiedatum: 2017-12-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798170475

Fiksie: Romans

R 290
R 59Jy spaar R 231
Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend.  Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en 'n welaf kunstenaar maak 'n verdagte aanbod op Niek se huis. Op Stellenbosch skryf 'n vrou met 'n haaslip 'n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op 'n dag ooggetuie van 'n moord. Kort hierna nader 'n holwangkêrel haar met 'n vreemde voorstel.


Ingrid Winterbach is 'n veel-bekroonde skrywer. Sy het al meermale die Hertzogprys, die M-Net-prys en die UJ-prys ontvang. Winterbach se romans het al in Nederland en Amerika verskyn en 'n Franse vertaling van Karolina Ferreira verskyn binnekort. Sy woon in Stellenbosch en is ook 'n beeldende kunstenaar.
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798165884

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

R 330
R 89Jy spaar R 241
Wenresepte 2 is die ideale boek vir dié wat geregte soek wat goedkoop is en maklik vir enigiemand om te maak. Die boek bevat meer as 200 resepte, insluitend opwindende ontbytgeregte, liplekker soppe, soutterte, pizza, pasta, geurige vis- en vleisgeregte, groente en slaai, warm en koue poedings en heerlike gebak soos brood, beskuit, koeke, terte, en meer. Nuttige informasie word gegee, insIuitend:
* omrekeningstabel
* wat as jou resep verkeerd loop en hoe om dit te voorkom
* wat is die Engelse benaming vir vleisstukke
* plaasvervangers vir belangrike bestanddele

Met splinternuwe foto's en uitleg is dié herverpakte boek 'n moet vir elke Suid-Afrikaanse kombuis.
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624075660

Fiksie: Romanses

R 245
R 69Jy spaar R 176
Bruid uit die koue - Ettie Bierman
Vinkel en Koljander - Marijke Greeff
Maalstroom - Wilmari Jooste

In Bruid uit die koue wil Clio haar jeugliefde met Arnold verseel. Maar hy's in die hospitaal terwyl Clio by sy broer, Jurg, moet bly ...waar die hartstog begin smeul.

In Vinkel en koljander trou Michael en Mikeila slegs omdat sy ouma se testament dit vereis. Tog raak Mikeila jaloers wanneer Cora by Michael aanlê ...

In Maalstroom los Wiehan se vrou, Laura, hom met hul siek kind. Sy rokkel haar suster, Mieke, se man af. Mieke bekla haar lot by Wiehan. Maar mag sy op hom verlief raak?
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796319913

Nie-fiksie / Non-fiction: Inkleurboeke / Colouring Books

R 140
R 50Jy spaar R 90
Word rustig en kry nog meer inspirasie.

Die tweede Inspirerende inkleurboek vir grootmense is 'n prettige boek vol teksverse en pragtige patrone wat sal sorg vir 'n unieke inkleurervaring - dit sal jou na 'n ander wêreld meevoer en die kreatiewe siel in jou na vore bring. Word stil, kleur in en oordink die teksverse en kom nader aan God.






Kreatiewe Inkleurboek
Colouring for adults
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624073123

Kinders: Tieners

R 150
R 39Jy spaar R 111
Gabriella wil haar oorlede ma se geliefde perd se bloedlyn op hulle plaas in Namibië hervestig. Donnabelle was 'n Oldenburger, 'n skaars warmbloedige Europese perd. Gabi wend 'n groot poging aan om Donnabelle se nageslag op te spoor, omdat sy hoop dit sal haar bande met haar oorlede ma versterk en sorg dat haar pa, wat pas weer getrou het, haar ma sal bly onthou. Noodgedwonge moet Gabi en haar stiefma saamwerk om Duke, oftewel, die 'hertog van harte' te gaan soek. Die soektog neem hulle na 'n landbouskool in die Boland. Duke is 'n humeurige perd en die enigste raad is om Robert, 'n Gr 12-leerder met 'n sonderlinge talent om met moeilike perde te werk, saam met Gabi-hulle terug Namibië toe te laat ry.
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168762

Kinders: CD's

R 215
R 60Jy spaar R 155
'n Pragtige hardebandboek met oudio-CD met die gewilde KykNET-karakters, Tjiff en Tjaff, se gunstelingliedjies. Kom lees, luister en sing saam!
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868900671

Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference

R 500
R 149Jy spaar R 351
Die Tesourus van Afrikaans gee met meer as 150000 inskrywings 'n beeld van die verskeidenheid en kompleksiteit van die Afrikaanse woordeskat. Vir diegene wat in Afrikaans belangstel en die taal effektief wil gebruik, is dit 'n onontbeerlike instrument.
Publikasiedatum: 2017-11-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796318275

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

R 199
R 59Jy spaar R 140
Regardt se lewe het glad nie naby God begin nie, maar beslis die pad na Hom gevind. Regardt is die merkwaardige verhaal van 'n man wat nooit sy passie vir die lewe en vir rolprente verloor het nie, maar wat op 'n swaar manier moes leer dat toewyding en gehoorsaamheid aan God die vreugde en sin bring wat hom opgewonde maak oor sy lewe.
Publikasiedatum: 2017-11-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624074045

Fiksie: Romanses

R 245
R 69Jy spaar R 176
Gasheer van Drakeneiland
Die droster van Doringbaai
Net ná middernag

In Gasheer van Drakeneiland kry vyf vreemdelinge 'n aanbod: Gaan hou 'n maand lank vakansie op 'n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk 'n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? 'n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland. Aanvanklik 'n avontuur, weldra 'n nagmerrie in die hart van die hel. Wat soek 'n laboratorium in 'n grot in die middel van nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net 'n stem oor 'n luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit? Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol?

In Die droster van Doringbaai is die droster ene Koos van der Merwe, of so stel hy homself voor. Met sy verskyning op die dorp, en met dié van die geheimsinnige skilder, Zuna Steyl, begin sake skeefloop: ongelukke vind plaas en 'n vreemde spanning ontwikkel onder die werkers van Sebastiaan Stadler se visfabriek wat deur sy neef, Eghardt Landman, vir hom bestuur word terwyl hy van 'n hartaanval herstel. Maar dis nie al nie. Petra Pelser, Sebastiaan se verpleegster, volg hom een nag wanneer hy geheimsinnig verdwyn. Iets is gaande in die groot toring - maar wat?

In Net ná middernag word daar een Saterdagnag, toe die kerkhorlosie sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, 'n moord gepleeg op dié rustige plattelandse dorpie. Tot almal se skok en verbasing word die prokureur se lyk die Saterdagoggend in die pastorie gevind. Kaptein Deon Roux word ontbied en saam met die speurder leer ons die mense van Driedoring ken - die gewilde dominee, die bekwame skoolhoof, die Badenhorsts met hul vinnige humeure, die mooi, senuweeagtige predikantsvrou, die nuuskierige dokter en sy goeie vrou, die orreliste met haar bewondering vir die dominee, en les bes: Marie Grebe, die jeugliefde van die prokureur wat nou met die skoolhoof getroud is en versot is op speurverhale . . . Saam met kaptein Roux is die leser warm op die spoor van die moordenaar - of is dit 'n dwaalspoor?
Publikasiedatum: 2017-11-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798170284

Kinders: Tieners

R 150
R 49Jy spaar R 101
'n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na 'n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op 'n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer - maar met 'n heerlike moderne kinkel.
Publikasiedatum: 2017-11-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868901760

Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference

R 245
R 69Jy spaar R 176
"Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.

So byvoorbeeld het die woord ambisie eeue gelede niks met 'n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos 'n bedelaar van huis tot huis geloop.

En die betekenis van die Nederlandse dyk was toentertyd allermins dié van 'hoë wal by die see om water uit te hou'. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.

As ons vandag van 'n kandidaat praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat 'n verpligte wit rok sou moes aanhê nie.

Vandag is 'n wurm vir ons 'n klein, kruipende diertjie. Toentertyd kon dié woord na 'n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het.

Dié boek verskil van 'n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is."
Publikasiedatum: 2017-11-15

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development