●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183987

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 290
R 261Jy spaar R 29
Hierdie keur bevat drie lekkerlees liefdesverhale deur Christine le Roux: 'n Wêreld sonder hom​, 'n Kwessie van tegniek en Bewys van liefde.
Publikasiedatum: 2023-11-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776057832

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 310
R 279Jy spaar R 31
In haar derde bundel weef Tania Smit, met behulp van kortverhale en gedigte, deur die skoppelmaai-emosies van die grendeltyd, die uitdagings van depressie en rou, die belewing van ouerskap, die mens se uiteindelike veerkragtigheid en vermoë om op te staan en te oorwin. Met haar besondere gawe om die hartslag van emosies te verwoord wat almal ervaar, maar nie noodwendig kan beskryf nie, stel sy lesers in staat om hulle eie gevoelslewe te verstaan, en bied sy 'n stem aan diegene wat worstel sowel as hoop vir die wat nog soek.
Publikasiedatum: 2023-12-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
R 320Jy spaar R 80
*'n Warrelwind - Dina Botha*
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra o f haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
*Tango met 'n twist - Rina Cilliers*
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. In 'n omgewing waar
vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
*'n Bruid voor Kersfees - Madelie Human*
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
*Jy's my Kersgeskenk- Elsa Winckler*
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
Publikasiedatum: 2023-12-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780638008708

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 599
R 539Jy spaar R 60
Die Bybel A-Z is 'n omvattende hulpmiddel vir élke gelowige. Dit is ideaal vir elke gelowige wat erns maak met sy geloof en die Bybel beter wil verstaan. Dis die ideale kaart vir enige leser se ontdekkingsreis deur die Bybel, van A tot Z!
Dit sluit die volgende in:
• 'n Skrifgetroue vertelling van elke boek van die Bybel.
• Tydlyne wat perspektief bied op Bybelse inligting en hedendaagse gebeure.
• Kaarte wat plekke in die Bybel lewe gee.
• Verrykingsblokkies oor allerlei interessanthede, hedendaagse teologiese kwessies, karaktersketse en agtergrond van die Bybel.
• Indekse vir maklike naslaan.
• Lyste van plante en diere in die Bybel.
• Die gang van die geskiedenis, van Adam tot by Zen-Boeddhisme.
• Vergelyking van belangrikste godsdienste in SA.
• Die literatuursoorte in die Bybel prakties verduidelik.
• Geloofswaarhede en toepassings op die lewe.
• Kort Bybelstudies oor spesifieke temas.
• 'n Eenjaar-Bybelleesprogram en bemoedigende teksverse vir krisistye.
• Omvattende woordelys.
• Dit verduidelik waar die Bybel vandaan kom en hoe dit geskryf is.
• Skakeling tussen Ou en Nuwe Testament.
Publikasiedatum: 2023-11-14
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626069

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 249
R 224Jy spaar R 25
Milanie Vosloo het een boodskap in hierdie dagboek vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef.
Milanie bespreek in Net soos jy is se 366 dagstukke temas soos God se liefde wil jou seën, Hy het élke faset van jou lief, Hy is lief vir jou verál wanneer jou hart huil, Hy het álmal lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wil jou nuut maak.
Die skrywer sal lesers in Net soos jy is oortuig dat God hulle liefhet, net soos hulle is. Maar Hy wil elkeen steeds elke dag liewer hê. Daarom wil Hy ons nie los soos ons is nie, maar help om Hom te leer ken, te groei en meer en meer soos Hy te word.
Publikasiedatum: 2023-10-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358748

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
“Voor die aand verby is, gaan jy my naam skree …”
Clayton kom steel Lida se hart in 'n oogwink. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit beslis nie hê nie, maar hy het haar lewe binnegeval, gevoelens in haar aangesteek wat sy gedink het sy nooit weer sal ervaar nie, en 'n passie aangevuur wat sy nooit geweet het bestaan nie. As die huidige MotoGP-wêreldkampioen, leef Clayton permanent op die dun rand van adrenalien. Of dit nou óp of áf van die baan is, alles wat hy wil hê is reeds syne: sukses, gewillige vroue, en al die media-aandag wat 'n sportster van kan droom. Hy het alles, behalwe vir Lida. Sý is die uitsondering, want vir die eerste keer val 'n vrou nie voor sy voete nie. Hul chemie is onmiskenbaar. Hul aantrekkingskrag is magneties. Maar vir Lida bly Clayton te veel van 'n risiko. Al probleem is dat daar iets aan Clayton is waarvan sy nie kan, of wíl, wegloop nie.
Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
x988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 500
R 400Jy spaar R 100
*'n Warrelwind - Dina Botha*
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra o f haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
*Tango met 'n twist - Rina Cilliers*
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. In 'n omgewing waar
vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
*'n Bruid voor Kersfees - Madelie Human*
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
*Jy's my Kersgeskenk- Elsa Winckler*
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
*Myne - CM Christians*
Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359486

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Hy't nie geweet sy is die Nic Ackerman met wie hy 'n afspraak het nie, en al die gevoelens wat sy - én hy - die afgelope ses maande probeer onderdruk, borrel na die oppervlak. Hy soen haar, maar is baie gou om vir haar te sê sy voldoen nie aan die vereistes wat hy stel vir sy toekomstige vrou nie. Anders as sy twee vriende saam met wie hy in die kinderhuis was, wil Etienne wel eendag trou. Nicola voldoen net glad nie aan een van sy vereistes nie. Maar hoekom is sy die enigste vrou by wie hy wil wees? Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359509

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra o f haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed v erstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Sy sleep hom saam winkels toe sodat hy haar Kersfeesaankope kan dra, help geskenke toedraai en selfs dat om in die kombuis help. Louis is boonop 'n regte ou knorpot en hou haar op 'n afstand, maar ten spyte daarvan kan sy hom net nie uit haar gedagtes kry nie. Daar is egter net een probleem: Louis woon in die Kaap en is met sy werk getroud. Daar is nie plek vir 'n vrou in sy besige lewe nie. Op haar beurt glo Lillian nie in langafstandverhoudings nie. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359523

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Haar buurvrou terg haar en voorspel dat sy voor Kersfees 'n bruid gaan wees. Die geskiedenis herhaal homself sowaar toe sy dogter verlief raak op haar seun wat haar in dieselfde lig as sy jonger sussie beskou. Intussen veg beide Wickus en Marli hard teen die ontwikkelende gevoelens tussen hulle. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359547

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In 'n omgewing waar
vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780798183383

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 360
R 288Jy spaar R 72
'Benna, dis crazy. Ons werk vir 'n no-name, no-prestige outfit, ons moet lieg soos criminals, en ons jaag spoke van twaalf jaar terug. Ek sê jou, dis die end times dié.'

'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer. Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp. Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.
Publikasiedatum: 2023-10-13
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

3

9780798183727

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 264Jy spaar R 66
Die grootste uitdaging van haar loopbaan wag op speuradjudant Storm van der Merwe.
Die kusdorp Hermanus hou vir die eerste keer ooit 'n skrywersfees. Deel van Storm se verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou voor die laaste Covid regulasies uiteindelik opgehef word..
Maar toe daag Isa du Bois, die sterskrywer van die dorp, nie op vir haar sessie nie.
Haar liggaam word dieselfde oggend nog in Kwaaiwater se Mosselrivier gevind.
Vier en twintig uur later kom 'n visterman af op nóg 'n lyk - weer 'n vrou, dié keer jonk en swart.
En dan is daar 'n derde slagoffer, 'n belangrike kulturele rolspeler op die dorp.
Drie dae, drie vroue. Hoekom drie, hoekom die drie?
Publikasiedatum: 2023-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9780624094678

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 385
R 308Jy spaar R 77
Dit is byna vier dekades ná Toorberg. Met 'n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarm- magistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van Bellville se landdroshof raakgeloop het) aan op Gebeente, 'n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur 'n opspraakwekkende plaasmoord, maar 'n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg... Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite en allegorie word sjarmant verweef in dié meesleurende, fassinerende roman, en eindelik voer Etienne van Heerden sy kenmerkende magiese realisme die verste in sy hele oeuvre.
Publikasiedatum: 2023-09-25
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639779409

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 198Jy spaar R 22
'n Fiktiewe biografie oor Ronnie Ryger, 'n sluipende, dronkgat digter wat vlug vir sy verlede, maar sy eskapades, sekskapades haal hom in, in die vorm van drie psigopatiese wrekers. Hy probeer sy geliefdes beskerm teen die donker wat kom, maar die skaduwees word langer en Ryger word al hoe maller. Daar is baie seks, baie drank en baie David Bowie in hierdie oorwegend onstellende werk, die nuutste op die rak deur een van Suid-Afrika se gunsteling alternatiewe skrywers. Skeep 'n stoel nader, maak 'n biertjie oop en kom!
Publikasiedatum: 2023-11-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.