Afslag slegs op aanlynbestellings

Nuwe vrystellings

Results 1 to 15 of 39
Gesorteer volgens:
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384765

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 250
R 200Jy spaar R 50
'n Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan.
Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?
Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf?
Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?
Wat is die invloed van townships op Afrikaans?
Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories.
Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.
Van Afrikaans gepraat is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans.
Publikasiedatum: 2018-11-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388374

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 180Jy spaar R 45
Lien Morkel trap 'n slegte stel af met 'n baas in die hospitaal waar sy werksaam is. Sy gaan help uit op Haïti vir Dokters Sonder Grense en by haar terugkoms trek sy Kaap toe waar sy by 'n mediese praktyk in Melkbos aansluit. Om in Nicol le Roux, haar nuwe skoonsuster se broer vas te loop, is 'n skok - hy was een van die redes hoekom sy weg is uit Johannesburg.
Nicol le Roux verhuis Kaap toe waar hy mede-direkteur word van 'n fondsbestuurmaatskappy. Die laaste mens wat hy verwag om in die Kaap raak te loop, is Lien, sy nuwe swaer se suster. Sy is een van daardie 'moderne' vroue wat alles self wil doen en geen hulp van 'n man wil hê nie.
Maar nou is al twee in die Kaap en beide van hulle kom agter soms het jy tog hulp nodig, al is dit uit die laaste oord waar jy dit vandaan wil hê.

Vir ewig my altyd is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks, en volg op Elsa Winckler se eerste SuperRomanza, Bewustelik joune.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390858

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 180Jy spaar R 45
Skoonheid kan ook in gebrokenheid bestaan
Emmerentia het borskanker oorwin maar is nog baie broos en vind veral haar emosionele herstel moeilik. Sy voel skuldig omdat sy herstel het van borskanker terwyl haar ma daaraan gesterf het toe Emmerentia nog jonk was. Sy en haar pa het 'n baie spesiale band, en hy nooi haar saam op 'n maandlange reis deur Australië waar hy en 'n kollega kongresse gaan bywoon en deur die land toer. Sy is eers teensinnig en stem langtand in want sy is veral nie lus vir die vreemdeling wat saam gaan reis nie.
Brent is 'n bekwame jong wetenskaplike wat baie opkyk na Emmerentia se pa, en hom as sy mentor beskou. Maar Brent het as jong seun 'n gesinstragedie beleef wat hom sku maak vir mense en het hom in sy eie wêreld “toegesluit”.
Emmerentia en Brent sukkel om by mekaar aanklank te vind, maar deur haar pa se toedoen word hulle male sonder tal saamgegooi en leer hulle mekaar algaande beter ken. En vorm wedersydse begrip.

Logika van die liefde is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Marilé Cloete se boek vergelyk goed met Dina Botha, Marijke Greeff, Elsa Winckler en Madelie Human se skryfwerk.
Publikasiedatum: 2018-10-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384727

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 395
R 316Jy spaar R 79
Hierdie boek het selfs kenners aan die praat!
“Sonder twyfel een van die beste laekoolhidraat-kookboeke ter wêreld. Armand verskuif grense!” - Prof. Tim Noakes
'n Model moet dikwels hemp uittrek vir 'n foto. Dan moet jy goed lyk. Armand Aucamp is een van die begeerlikste celebs in Suid-Afrika. Aanhangers begeer óf sy lyf óf om soos hy te lyk. Nou deel Armand sy geheim met almal: Hy eet kaal, gestroopte, heel kos soos Tim Noakes dit in sy Real Meal Revolution met Suid-Afrika gedeel het.
Aanvanklik het Armand Aucamp gedink Noakes is mal. Aangesien hy egter gesukkel het om gewig te verloor, probeer hy toe hierdie nuwe denkwyse en hy begin kook self gesonde kos. Oor 'n paar jaar het Armand 100 laekoolhidraatresepte, wat banting- of keto-vriendelik is, gekook en neergeskryf. Stap-vir-stap, en met pragfoto's daarby, wys Armand jou hoe om smuldisse te skep uit heel, gestroopte bestanddele sonder om die skaal te laat ly.
Kies tussen eierdisse en vleisgeregte, lekkernye en nageregte en leer hoe om slank te bly soos Armand!
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308072

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 225
R 180Jy spaar R 45
“Jy sal nie so wees nie, Kolisile? Wat is jy teen die groot stad van die witman? Jy is soos die gryskat wat baklei met die tier. Die groot plek van die witman vang jou en hy slaan jou neer. Waar is al die ander wat hier was? Waar is hulle wat saam met jou klein was, Kolisile? Waar is hulle? Hulle is weg. En dié wat terugkom, het seergekry, soos die boom wat die hael geslaan het. Ek is oud, ek weet. Ek kyk en ek sien, Kolisile.”

Kolisile, 'n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif - net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word.

Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit - soos wat sy pa gevrees en voorspel het - as 'n liggaamlik én geestelik gewonde mens.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388343

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 212Jy spaar R 53
Dwelms: 'n kanker wat die samelewing verwoes
Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, 'n volbloed diepdekkingsagent, op 'n missie na Mauritius waar Mike met 'n informant kontak sal maak.
Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van 'n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense 'bevriend'. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir 'n visvang-uitstappie op 'n luuksejag.
Luna het nie 'n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net 'n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in 'n breekspul.

Dag drie is die derde boek in die reeks met Luna Joubert as hoofkarakter. Die vorige twee was Katoog en Vermis.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388312

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
“'n Sedelose vrou is soos 'n diep waterkuil. 'n Verleidster is soos 'n put waaruit jy nie kan kom nie. Eers was daar een. Toe was daar twee. Nou is daar drie.” Die stem wat laatnag met speur-adjudant Jaap Helberg, beter bekend as Boel, oor die foon praat, is skor en die elokusie dik soos iemand met ernstige laringitis en 'n verstopte neus.
Die moordenaar hou van raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel hom waar hy haar lyk kan kry en stuur vir hom 'n video van hoe sy vermoor word.
Hierdie is sy derde slagoffer. Volgens die moordenaar is die ander twee “in 'n verlate, stil en skemer plek. In donker water wat nooit son sien nie. Daar is ou masjiene, reuse- bloekombome en 'n groot swart kruis wat met die son kom en gaan.”
In sy ondersoek kom Helberg af op 'n sindikaat wat met diamante smokkel en hoewel die twee sake drasties verskil, is hulle op 'n manier geknoop. In die makabere klimaks waarop dit uitloop skiet iemand vir Boel.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620817318

Nie-fiksie / Non-fiction: Algemeen / General

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Algemeen / General
R 240
R 192Jy spaar R 48
Blog van my Siel is stukkies wat geskryf is vir gewone mense met gewone probleme. Mense soos jy. Want gewone mense se stories is ook belangrik. Die sielstukkies in hierdie boek is vir almal wat gehoor wil word. Want jy is nie alleen nie.
Of jou hart seer en gebreek is, of jou siel verniel is of as jy net voel dat jy alleen aan al jou hart se dinge moet dra, is hierdie boek vir jou.
Die stukkies in hierdie boek sal jou laat besef jy is nie die enigste een met 'n af vlerk nie.
Jou vlerk is net seer.
Publikasiedatum: 2018-10-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780798177757

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
R 256Jy spaar R 64
Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein - waaruit Johnson klaarblyklik gespring het - is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.

Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy 'n laksman vir die Stasi en KGB was.

Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?
Publikasiedatum: 2018-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Katryn is tevrede met haar lewe, totdat sy eendag opkyk en 'n groot blonde man met Chris Pine-blou oë in haar deli sien stap. Vir die eerste keer in jare spring haar hart regop met 'n en-wat-het-ons-hier?
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780992201586

Fiksie: Kortverhale

Vertaler: Hendrik Jansen
Fiksie  -  Kortverhale
R 275
R 220Jy spaar R 55
Die stories in Volmaan oor die Marico is 60 goeie redes waarom Lionel Abrahams vir Herman Charles Bosman ''n Suid-Afrikaanse
literêre genie' genoem het.

Hulle illustreer ook waarom Roy Campbell ná die publikasie van Mafeking Road in 1947 gesê het dat dit 'die beste stories is wat nog uit Suid-Afrika te voorskyn gekom het'.

Dié stories sal jou laat glimlag, hulle sal in jou diepste wese weerklank vind, en jy sal die romantiek raaksien in wat Bosman self genoem het 'daardie dinge wat die ware stempel van Suid-Afrika dra'

Ook in Engels besikbaar as Marico Moon.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084341

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 264Jy spaar R 66
Op 'n dag in die vroeë sewentigs bemerk 'n afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . .  Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto's kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.
Publikasiedatum: 2018-10-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

2

9780799390919

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 252Jy spaar R 63
ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue
Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding.
Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag - sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing.
Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal.
Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees - die een met wie sý in vrede kan saamleef.
“Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees - vroue en mans.” - Chanette Paul
Publikasiedatum: 2018-10-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624086949

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 280
R 224Jy spaar R 56
“Dit is Pieter-Dirk Uys sonder die grimering! Sonder rekwisiete, vals wimpers of hoë hakke …” Met meer as 7 000 verhoogoptredes op sy kapstok is Pieter-Dirk Uys volksbesit. In Weerklink van 'n wanklank, sy skreeusnaakse, roerende memoires, tree die mens agter die ikoon te voorskyn. Ons leer ken sy moeilike, musikaal-gedrewe pa, sy briljante, geheimsinnige ma, sy suster, die pianis-wonderkind, en Sannie Abader, “Pietertjie” se Kaapse Vlakte-ma. Dan is daar sy Paarlse ouma wat hom neem om by die Verwoerds te gaan kuier, sy ander Oma en haar onverbeterlike strudel, sy vriendskap met Sophia Loren, die geboorte van Evita Bezuidenhout, en die vreugdes en hartseer van 'n merkwaardige lewe.
Publikasiedatum: 2018-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9780624081494

Nie-fiksie / Non-fiction: Militêr / Military

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Militêr / Military
R 260
R 208Jy spaar R 52
1 Recce. Een van die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenhede in die Suid-Afrikaanse Weermag. Dié manne was superfiks en bomenslik taai. Hulle het telkens hul lewe op die spel geplaas in geheime operasies. Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self 'n gewese Recce, vertel die verhaal van 1 Recce se ontstaan, geskiedenis en rol in die Bosoorlog. Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n binneblik op die Recces en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.
Publikasiedatum: 2018-10-10

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.