|
|
| | Wat die water onthou deur Louis Esterhuizen Fiksie - Poësie Publikasie datum: 2010/03 R130.00
In hierdie bundel word verskillende vorms van water en die verband wat water met die mens het, verken: die see, riviere, mis, wolke, ys, wasem. Water is nie alleen die voorwaarde vir die bestaan van lewe nie, dit is die oerbron waaruit lewe ontwikkel het. Soos vloeiende water loop ’n verskeidenheid temas deureen in die bundel en word water juis ’n beeld van die veranderlikheid en onvastheid van dinge, gevoelens en idees.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Sloper deur Louis Esterhuizen Fiksie - Poësie Publikasie datum: 2007 R120.00
Die digter ondersoek die slopingsproses wat op sowel fisiese as emosionele vlak voltrek word. Dit affekteer onder andere huise en tuine maar ook menslike verhoudings en die kort bestek van die mens se lewe. Die tou is hier ’n betekenisvolle simbool wat hede en verlede verbind. Teenoor aftakeling en afslyting staan die herstel van die gees in menslike verhoudings, groei, die behoud van herinnering en beweging deur ruimtes en ervaring om nuwe moontlikhede oop te maak. [Meer inligting...]
|
| |

| | Liefland deur Louis Esterhuizen Fiksie - Poësie Publikasie datum: 2004 R100.00
In Esterhuizen se sesde en mees opwindende digbundel tot dusver kom lê sy woorde op die oor soos ’n goeie landgoedwyn op die tong kom lê. Want dit is woorde van liefde: van die man vir die vrou, van die boorling vir die land, van die bewoner vir die aarde.
[Meer inligting...]
|
| |

| | ( 3 resultate )
|