Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2341699


Klik vir meer inligting
Vuurvreter deur Leon van Nierop
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/07
Uitgewer prys - R150.00      Graffiti prys - R135.00

 Top verkoper (9)      
 (1 leser/s)
Die vermaaklikheidsbedryf bereik in 2009 'n laagtepunt. Baie produksiehuise speel bankrot en kameramanne sit sonder werk.
Die pryswennende kameraman Henno Barnard bly op 'n rivierboot op die Chobe Rivier duskant Kasane in Botswana waar hy insetsels maak vir 'n Suid-Afriaanse TV-program wat skielik eindig.
Hy moet nou ander bronne van inkomste vind.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Leon van Nierop oor die filmstudie deur Leon van Nierop
Nie-fiksie - Algemeen
Publikasie datum: 2010/06
R180.00


'n Nuttige werkboek vir die klaskamer - en twee DVD's.Leon van Nierop, bekende skrywer, resensent, omroeper en TV-vervaardiger, het 15 jaar lank landwyd klas gegee in rolprentontleding en filmwaardering. Terwyl hy lesings vir onderwysers gegee het, het hy die behoefte ontdek vir praktiese filmstudie waarin die aanbieder nie net feite gee en definisies verduidelik nie, maar ook praktiese wenke gee aan die hand van uittreksels uit rolprente.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Doodloopstraat deur Leon Van Nierop
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/04
R89.95


Lourens Schoeman veroorsaak 'n beroering met sy aankoms op die klein dorpie Mxinga in Botswana. En dit is nie net onder die skone geslag vanweë sy aantreklikheid nie. Ook die res van die dorpsmense wonder waar sy grys hare, wat aan hom 'n byna engelagtige voorkoms gee, op sy jeugdige ouderdom vandaan kom. Lourens hou al die plaaslike meisies op 'n afstand ... totdat hy die pragtige Elzaan Jonker, die bestuurder van die plaaslike hotel, ontmoet.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Uitsig op die stad deur Leon Van Nierop
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2009/05
R89.95


Linda Malan, skryfster van ligte romans, se man sterf skielik en laat haar met 'n yslike skuldlas agter. Sy verloor haar huis en moet noodgedwonge haar intrek by haar suster in Johannesburg neem. By die gimnasium waar Linda gaan oefen, ontmoet sy die TV-sepieheld Marius Botha. Toe hy hoor dat sy die romanskryf¬ster Linda Malan is, reël hy vir haar 'n betrekking as 'n draai¬boekskrywer van die sepie waarin hy speel.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Die nagreisiger deur Leon van Nierop
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2008/09
R89.95


Nerien Muller haal haar die gramskap en verwyt van haar vriend, Justin ODonnel op die hals toe sy aan haar pa, regter Hardus Muller, vertel van 'n partytjie by Justin se ouerhuis waar dwelms vrylik gebruik is en haar pa dit aan die polisie rapporteer. As gevolg daarvan word Justin se pa tronk toe gestuur en pleeg sy ma seltmoord, en Justin sweer wraak.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Buitestander op Ouplaas deur Leon van Nierop
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2008/04
R89.95


.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Paradys deur Leon van Nierop[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2005/09
R137.50


’n Meesleurende sage. Die onlangse dood van haar ouers spook nog by Larissa Lategan. En al trap sy diep spore in die filmbedryf as draaiboekskrywer, bring dit nie ware vervulling nie. Miskien moet sy die plaas, Paradys, eerder verkoop.


[Meer inligting...]



( 7 resultate )
'n Produk van CEIT Development cc