Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2341699


Klik vir meer inligting
Hoe vinnig is n volstruis deur Leon de Villiers, André Botha
Kinders - Nie-fiksie
Publikasie datum: 2010/07
R80.00


Daar is sommer baie dinge wat mense by voëls kan leer. Kom vlieg dus saam deur die wonderwêreld van voëls. As jy hoogtevrees het en eerder wil saamloop, maak dit ook nie saak nie. Hierdie volkleur boek is propvol foto’s, illustrasies en feite oor Suider-Afrikaanse voëls. Vind uit watter voël kan die heel vinnigste hardloop, watter een kan nie vlieg nie, hoekom is flaminke pienk en watter voël is die liedjiekampioen.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Wat doen jy Daniël? deur Leon de Villiers
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2008/07
R80.00   R40.00      Spaar R40.00!


Daniël en sy oupa besluit om te kyk hoe hulle bekende omgewing vanuit ’n ander perspektief lyk.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Droomoog Diepgrawer deur Leon de Villiers
Kinders - Ouderdomsgroep 10 - 12
Publikasie datum: 2008/06
R80.00

  Pryswenner

Lank-lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor – Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie.

Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond!


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Toko deur Leon de Villiers
Kinders - Tieners
Publikasie datum: 2007/03
R80.00


Sy naam is Toko. Dit beteken klei. Hy is pas deur sy stiefpa, hoofman Jeroba, aangewys om die jong leeus te gaan roep.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Ek en my monster: ’n Handleiding vir beginners deur Leon de Villiers, Marjorie van Heerden[ Uit druk uit ]
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2004/06
R95.00


Wou jy nog altyd jou eie monster gehad het? Dan is hierdie die boek vir jou! ’n Volledige gids tot die versorging van jou monster.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Groete van die hiëna deur Leon de Villiers[ Uit druk uit ]
Kinders - Tieners
Publikasie datum: 2000/05
R74.95


Groete van die hiëna is ’n ryk, geskakeerde jeugverhaal wat die inisiasieproses van ’n jong seun uitbeeld. Danksy sy ouers se nuutgevonde geloof in die die nuwe Humanos-kultus, bevind Roek Rykema homself oornag in ’n fantasiewêreld.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Erik en die Kido Dinges deur Leon de Villiers
Kinders - Reekse
Publikasie datum: 2000/04
R50.00


Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos ’n biblioteek. Maar by ’n kidoteek ruil ’n mens nie boeke om nie. By ’n kidoteek ruil ’n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Parmant deur Leon de Villiers
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2000
R70.00


Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie, Vlakvark wil sy magie krap en jakkals wil oor sy skubbe streel. "Nee!" sê Parmant elke keer:" Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!" Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.



[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
My sussie se tande deur Leon de Villiers[ Uit druk uit ]
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2000
R60.00


ATKV 2004 kategoriewenner 3-6 jr
Klein Jannie du Plooy het ’n nuwe babasussie waarop hy sommer baie trots is.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Maroelaboom Stories deur Leon de Villiers
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2000
R120.00


Maroelaboomstories is Leon de Villiers se negende boek wat by LAPA Uitgewers verskyn. Hy het reeds verskeie toekennings vir sy werk verower, waaronder die Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur en die CP Hoogenhout-medalje vir Droomoog Diepgrawer
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Die Pro deur Leon de Villiers
Kinders - Tieners
Publikasie datum: 1997/10
R84.95

  Pryswenner

’n Aangrypende verhaal oor vriendskap, verlies en die demone wat tieners moet takel in die proses van grootword, geskryf in die taal van vandag se tiener.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Aliens en Engele deur Leon de Villiers
Kinders - Ouderdomsgroep 10 - 12
Publikasie datum: 1996/10
R72.00


Pieter is tien en hy’s stout. Hy druk al nege knoppies in die hysbak wanneer hy by Neptunus uitstap, sodat die ruimtetuig by elk van die nege planete moet stilhou.


[Meer inligting...]



( 12 resultate )
'n Produk van CEIT Development cc