|
|
| | Om te onthou Vernuwing 2 deur Karen Kingsbury , Gary Smalley, Vernuwing reeks Christelik - Fiksie Publikasie datum: 2010/06 R119.95
Sy het haar hart gesluit vir liefde omdat sy oortuig is niemand, insluitende God, kan haar liefhê nie. Vier onwaarskynlike mense – Alzheimer-pasiente – dring onbewustelik tot haar deur en help haar om te onthou. Dan gebeur die tragedie van 11 September, wat elkeen in die Baxter-familie se lewe vir ewig verander. Hulle word gelei om die belangrike dinge in die lewe te onthou en besluite te neem wat hartverskeurend en hoopvol is.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Tuiskoms Vernuwing 3 deur Karen Kingsbury  Christelik - Fiksie Publikasie datum: 2010/06 R119.95
Luke, die Baxters se trots en enigste seun, het sy rug gekeer op alles wat voorheen vir hom saak gemaak het: sy geloof, sy familie en sy geliefde Reagan.||Reagan is op die punt om geboorte te gee aan haar kind, maar Luke is nog onbewus van sy vaderskap. Hierdie verlore seun besef nie dat die geheim wat uit sy verlede na vore gaan kom sy lewe, soos hy dit ken, vir altyd gaan verander nie. [Meer inligting...]
|
| |

| | Sononder - Dagbreek 4 deur Karen Kingsbury , Dagbreek reeks Christelik - Fiksie Publikasie datum: 2010/02 R119.95
In die laaste boek van die Dagbreek-reeks kom die Baxters voor ’n nuwe begin te staan. Met die eise van die lewe in Hollywood agter Dayne en Katy Matthews sien hulle uit na ’n nuwe hoofstuk om met ’n gesin te begin in Bloomington. Terselfdertyd is die personeel by CKT besig om alles gereed te kry vir die eerste produksie in Dayne en Katy se teater.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Take 1 - Agter die skerms 1 deur Karen Kingsbury , Agter die skerms reeks Christelik - Christelike leefwyse Publikasie datum: 2009/07 R139.95
Twee onbekende rolprentvervaardigers het ’n stryd om hulle droom te verwesenlik: Hulle wil deur ’n kragtige medium soos die rolprent mense se lewens verander. Nadat beleggers miljoene dollar in die projek bele het, begin alles uitmekaarval. Dit lyk of hulle 'n taak aangepak het wat ver bo hulle vuurmaakplek is. [Meer inligting...]
|
| |

| | Die kant van die hemel deur Karen Kingsbury  Christelik - Fiksie Publikasie datum: 2009/05 R119.95
Annie Warren wou nog altyd net die beste gehad het vir haar seun Josh. Mislukkings en verkeerde keuses aan Josh se kant het egter verwydering tussen ma en seun veroorsaak. Sedert Josh raakgery is deur ’n dronkbestuurder, is hy medies ongeskik en nou wag hy sy lewe om vir die geld wat die versekeringsmaatskappy aan hom moet uitbetaal.
[Meer inligting...]
|
| |

| | ( 5 resultate )
|