|
|

| | Somersneeu deur Helene de Kock Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2010/04 R175.00
Hoe lank neem dit om die lewe baas te raak? So wonder Rouke Bruwer meermale. Hy en sy boesemvriende, die neefs Robert en Brett van Coller, takel die lewe elk op ‘n eiesoortige manier. Vars uit matriek, is die uitdagings legio. Die vroue in hul lewe, die passievolle, byna magiese Karina Kirstein en die skone Julia, vind saam met hulle uit dat die lewe tegelyk wonderbaarlik soet en bitterlik kompleks is.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Die hemelburgers deur Helene de Kock Christelik - Fiksie Publikasie datum: 2009/10 R99.95
Brandt Burger besluit een Sondag om summier uit die kerk te stap omdat hy nie meer daar wíl wees nie. Hy glo nie meer in God nie en wil sy eie ding doen. ’n Ruk daarna gaan kamp hy saam met sy kleinneefs, en iets verskrikliks gebeur en verander sy lewe onherroeplik. Die hemelburgers vertel die hartroerende verhaal van iemand wat sy rug op God gedraai het en in die tronk beland het, maar uiteindelik tog nie aan die genade en liefde van Christus kon ontsnap nie.
[Meer inligting...]
|
| |



| | Dieper water deur Helene de Kock[ Uit druk uit ] Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2007/10 R190.00
Op die plaas Diepwater speel die verhaal van Rachel en Hektor Froneman hom af. Hulle is tegelyk minnaars en eggenote, vriende en bitter vyande. Van hul kindertyd af is hulle onskeidbaar. [Meer inligting...]
|
| |


| | Lelie van die laagte deur Helene de Kock[ Uit druk uit ] Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2007/08 R87.95
Mia Dijkstra, pas klaar met die kweekskool, en haar veel jonger suster, Karien, se geldelike situasie is benard sedert hul ouers oorlede is. Om te kan oorleef, neem hulle hul intrek in hul tante se huis op Stellenbosch.
[Meer inligting...]
|
| |

| | As dood lewe word deur Helene de Kock Christelik - Troos & Bemoediging Publikasie datum: 2007/06 R59.95
Die dood is ons almal op aarde se bestemming, maar soms tref dit ons heeltemal onverwags. Nie dat ons kan voorberei om te sterf nie, maar wel om te leef. En hierdie is die verhaal van ’n man wat voorbereid was op die lewe na die dood.
[Meer inligting...]
|
| |





| | Helene de Kock Omnibus 6 deur Helene de Kock[ Uit druk uit ] Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2004/09 R120.00
Hierdie omnibus bevat drie romans wat by mekaar aansluit en is opnuut ’n bevestiging van Helene de Kock se fyn vermoë om ingewikkelde persoonlike verhoudings oop te skryf. Dit sal plesier aan al haar tallose lesers verskaf.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Liefde is 'n klipgooi ver - Grootdruk deur Helene de Kock[ Uit druk uit ] Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2004/03 R90.00
In dié ses heerlike lekkerlees-liefdesnovelles beeld Helene de Kock die vrou uit as nie net “’n engel wat sonder om te kwik of kwaak oral raakvat” nie, maar as ’n sterk individu wat aanvaar het dat haar geluk nie van ander afhang nie, maar tog uitvind: liefde is ’n klipgooi ver.
[Meer inligting...]
|
| |

| | ( 16 resultate )
|