|
|
| | Otters se Koshuisstreke deur Cor Dirks Kinders - Reekse Publikasie datum: 2010/07 R100.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. [Meer inligting...]
|
| |

| | Otters op die Bosveldplaas deur Cor Dirks Kinders - Reekse Publikasie datum: 2010/07 R100.00
Nie net is dit vakansie nie, maar die Otters kuier op Kassie hulle se plaas in die Bosveld. En soos ons nou al weet, is daar eenmaal nie vrede waar hierdie knape hul bevind nie. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef: Daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter en bykans al die kuikens is weg. Litte is juis 'n man wat sentimenteel raak wanneer 'n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink 'n Otter dan 'n mede-Otter?Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadjapies nie 'n alldaagse verskynsel nie en as hulle nie probeer om 'n luiperd uit 'n slagyster te red nie, raak hulle slaags met 'n enorme bobbejaan. Maar wie is die geheimsinnige man wat die Otters teister en hulle klere steel? As hulle skoolpelle, Helene en Magriet een middag verdwyn, lei alle spore na die wilde man in die bos. Sal die Otters betyds die twee vriendinne kan red. [Meer inligting...]
|
| |

| | Otters deur Cor Dirks Kinders - Ouderdomsgroep 10 - 12 Publikasie datum: 2010/05 R100.00
Gits! Dis ’n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis ’n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want ’n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette – wat ’n ellende! Buks, Kassie en Litte sit buitendien in ’n verskriklike verknorsing. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die koshuisspens besteel het. ’n Mens kan jou nie indink dat die Otters sal steel nie, opsetlik sal wil inbreek nie ... dis wat die kinders sê. [Meer inligting...]
|
| |

| | ( 3 resultate )
|