|
|
| | Huisgenoot Bakboek deur Carmen Niehaus Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2010/07 R250.00
Top verkoper (11)
Huisgenoot se nuwe bakboek is dié bakboek van alle bakboeke – prakties, bruikbaar en met pragtige foto’s. Dit bevat meer as 200 resepte vir gebak en meer as 30 vir versiersels en vulsels. Elke resep is spesiaal gekies en getoets, en vorm deel van ’n spektrum wat strek van tradisioneel tot nuut en innoverend.
Daar is iets vir elke geleentheid: koeke, terte, skons, muffins, koekies, kolwyntjies, beskuit en selfs pannekoek. [Meer inligting...]
|
| |

| | Huisgenoot Braai deur Carmen Niehaus Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2010/05 R250.00
Huisgenoot Braai bevat Suid- Afrika se beste braairesepte en -wenke, spesiaal uitgesoek en getoets, van ou staatmakers tot splinternuwe, innoverende resepte.
Carmen Niehaus se omvattende braaigids propvol lusmaak-resepte, getoets in Huisgenoot se kombuis, dek alles wat ‘n braaier sou kon wil weet. Nie net kry al die vleissoorte – vis, vark, steak, hoender en wild – hulle kans op die kole nie, maar daar is ook hoofstukke oor slaai en groente, brode en poeding, en happies vir vooraf. [Meer inligting...]
|
| |

| | Huisgenoot Wenresepte 8 deur Carmen Niehaus Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2009/08 R265.00
In Huisgenoot Wenresepte 8 maak Carmen dit maklik om met flair te kook – van die eenvoudige geroosterde ciabatta voorgereg en die dekadente roomys-bombe met bessiesous as nagereg tot geurige kerries van Durban en die Bo-kaap. Met tradisionele gunstelinge sowel as geregte van regoor die wêreld. Meer as 400 watertand resepte vir alle geleenthede sal die boek beslis inspireer.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Huisgenoot Braai deur Carmen Niehaus[ Uit druk uit ] Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2007/10 R250.00
Sonskyn, bier en braaivleis – dis tyd om daardie vuur aan die gang te kry! Die Huisgenoot Braaiboek dek praktiese detail oor braai oor kole, brikette en ’n gasbraaier, en ook die voordele van vleis marineer.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Huisgenoot Top 500 Wenresepte deur Carmen Niehaus Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2006/04 R265.00
Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur – kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet. Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met ’n versameling van die Top 500 Wenresepte. Die boek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Huisgenoot Buitelugkos deur Carmen Niehaus[ Uit druk uit ] Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2004/10 R210.00
Kos wat in die buitelug berei en geniet word, is onlosmaakbaar van die Suid-Afrikaanse kultuur en kookkuns. Kos smaak eenvoudig net beter wanneer dit buite geëet word: of dit nou langs ’n kampvuur onder die sterrehemel, op ’n piekniek in ’n park, by ’n seekosbraai op ’n afgeleë strand of saam met ’n koppie tee in jou eie tuin is. [Meer inligting...]
|
| |

| | Huisgenoot Wenresepte op die Kortpadmanier deur Carmen Niehaus Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2003/04 R199.95
’n Splinternuwe versameling blitsige Wenresepte vir almal wat hou van eet, maar die minimum tyd aan kosmaak wil bestee. Die klem is op lékker kos op die vinnige manier. Hierdie is almal resepte wat min bestanddele gebruik, die meeste daarvan uit jou koskas, en min tyd en moeite verg. [Meer inligting...]
|
| |

| | Huisgenoot Potjiekoswenners deur Carmen Niehaus Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2001/05 R160.00
In Potjiekoswenners wys Carmen hoe veelsydig die swartpot kan wees. Hy hoef nie net op drie bene sy staan oor die vuur te kry nie, die platboom-swartpot is ewe tuis in die kombuis – en die kos wat lank en stadig hierin voorberei word, is net eenvoudig geuriger en lekkerder. [Meer inligting...]
|
| |

| | ( 8 resultate )
|