|
|
| | Die besoeker deur Anchien Troskie Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/08 R175.00
Top verkoper (1)
Emmie, ’n sekretaresse by ’n vooraanstaande privaatskool, word teen haar sin ’n dwelmhandelaar. Dit is net vir drie maande, belowe sy haarself, tot al haar skuld afbetaal is. Maar die dwelmbase is allesbehalwe gretig om haar te laat gaan, want sy het dan daagliks toegang tot soveel dwelmhonger tieners . . .
[Meer inligting...]
|
| |



| | Vinnig en maklik Resepte uit Vrouekeur 2 deur Marlo Carstens Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2010/02 R150.00
Top verkoper (4)
Vrouekeur se resepte was van die begin van die tydskrif se bestaan in 1999 ’n wegholsukses en is vandag nog net so gewild en in aanvraag as toe. Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 2 is die langverwagte opvolg op die Vinnig en Maklik: Resepte uit Vrouekeur, wat tot op hede 35 000 kopië verkoop het. Hierdie boek is die resultaat van herhaalde versoeke van lesers. [Meer inligting...]
|
| |

| | Die beste van Bizzie Lizzie deur Lizz Meiring Nie-fiksie - Humor Publikasie datum: 2010/06 R165.00
Top verkoper (5)
Lizz Meiring het sekerlik geen bekendstelling nodig nie. Haar rubrieke verskyn al sedert 2004 in Rooi Rose en is steeds besonder gewild by lesers.
In hierdie bundel bring sy die beste van haar Bizzie Lizzie-rubrieke byeen. In outentieke Lizz-styl vertel sy van haar gesukkel omdat sy so kort is, haar onvermoë om te bestuur, wat sy dink van Krismis en familiebyeenkomste, ma’s en kinderpartytjies, inkopies, die organiese beweging – en veel meer. [Meer inligting...]
|
| |


| | Die honger reisiger deur Marie Heese Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2010/07 R160.00
Top verkoper (7)
Die honger reisiger is pragtig geillustreerde reisverhale en ’n reseptebundel “sonder saaits”. Dis saamgestel uit die skrywer en haar sielsgenoot-man, Chris, se eksotiese reise na lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopië, Frankryk, Egipte, Rusland met resepte wat ook van vriende afgebedel is.
Niks is besonder uitheems of lastig om te maak nie. Dis sielskos, trooskos, en veral – kuierkos.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Lipstiek lewe deur Kristel Loots Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2010/07 R149.95
Top verkoper (8)
Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand.
Só ’n lewe behoort nie ’n probleem te wees nie; almal dink in elk geval sy is “flirty” en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. [Meer inligting...]
|
| |


| | Abel se ontwaking deur Chris Karsten Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/07 R175.00
Top verkoper (10)
Boek een van ’n trilogie.
Abel bly steeds op die burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom ’n nuwe gesig uitsoek: dié van ’n mooi jong vrou. [Meer inligting...]
|
| |

| | Huisgenoot Bakboek deur Carmen Niehaus Nie-fiksie - Kookboeke Publikasie datum: 2010/07 R250.00
Top verkoper (11)
Huisgenoot se nuwe bakboek is dié bakboek van alle bakboeke – prakties, bruikbaar en met pragtige foto’s. Dit bevat meer as 200 resepte vir gebak en meer as 30 vir versiersels en vulsels. Elke resep is spesiaal gekies en getoets, en vorm deel van ’n spektrum wat strek van tradisioneel tot nuut en innoverend.
Daar is iets vir elke geleentheid: koeke, terte, skons, muffins, koekies, kolwyntjies, beskuit en selfs pannekoek. [Meer inligting...]
|
| |

| | Boosters en Busters deur Gretha Wiid Christelik - Huwelik & Verhoudings Publikasie datum: 2010/08 R119.95
Top verkoper (12)
Niemand van ons het getrou met die plan om te misluk of met die droom om op 'n stadium 'n ander huwelik te probeer nie. Maar, met tyd het jou huwelik dalk by die plek gekom - 'n huwelik sonder passie. Miskien is jou huwelik nie 'n ongelukkige een nie, maar jy sal die halleluja- reendans doen as jy net weer die ou vonk kan ervaar en julle weer mekaar se beste pelle kan wees.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Verklarende Afrikaanse Woordeboek deur F J Labuschagne , L C Eksteen Nie-fiksie - Woordeboeke & Naslaanbronne Publikasie datum: 2010/05 R350.00
Top verkoper (13)
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek met die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans. In die 1117 bladsye en meer as 2250 kolomme van die agtste uitgawe word die betekenisse van byna 100 000 woorde eenvoudig verklaar. Tienduisende sinonieme en ander betekenisverwante woorde is opgeneem, asook idiome en vaste uitdrukkings.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Vrolike Liedjies met CD deur Phambili Kinders - Aktiwiteitsboeke Publikasie datum: 2009/11 R159.95
Top verkoper (14)
Vrolike liedjies, boek en CD, is "n klein bloemlesing uit die skatkis van ons Afrikaanse volksmusiek. Al die ou bekendes is hier, van "Bobbejaan klim die berg" tot "So ry die trein", "Suikerbossie" en "Vat jou goed en trek Ferreira".
[Meer inligting...]
|
| |

| | Wielie Wielie Walie deur Louise Smit Kinders - Ouderdomsgroep 6 - 9 Publikasie datum: 2010/08 R115.00
Top verkoper (15)
Sarel Seemonster, Karel Kraai en die Kouse bly nou almal lekker in die Wielie Walieparkie, naby die Walieberge. Bennie Boekwurm, Bytjie en die Blomme woon ook daar, en Bennie lees nog aanmekaar vir die maatjies stories - hy is ’n slim wurm wat baie boeke in sy boektonnel het. Op ’n mooi dag kry hulle ’n nuwe maatjie - sy naam is Wagga Wagga Kwag en hy kom maak almal se lewe sommer ekstra vrolik. [Meer inligting...]
|
| |

| | ( 15 resultate )
|