| Koning van Katoren deur Jan Terlouw R140.00
| RAPPORT - 2010-09-05
| ân Koning van vertalers
Koning van Katoren uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo.
By die oorweging van ân vertaling is daar verskeie vrae wat beantwoord moet word. Is die verhaal die moeite werd om vertaal te word? Kan die verhaal sy tyd oorleef? En dan natuurlik die allergrootste vraag: is die verhaal vertaalbaar? Ons ken almal die spreuk: vertaler, verraaier (traduttore, traditore). Iets kan in die vertaling verlore gaan Ăłf die vertaling kan die oorspronklike teks verryk. Die antwoord op die vrae oor Koning van Katoren is eenvoudig. DiĂ© verhaal wat die bekroonde skrywer Jan Terlouw in 1971 geskryf het, móés vertaal word. Soos golwe dreun die verhaal tydloos deur die eeue. Nou het die verhaal op die Afrikaanse kus uitgespoel. En die kuswagter wat opgeskep het, is Daniel Hugo. Hy het hom reeds deur verskeie vertalings, veral van poĂ«sie, bewys as die aangewese persoon om dit te doen. Sy taalvernuf, -kundigheid en poĂ«tiese gevoeligheid skyn in die vertaling soos ân helder ster. Die Koning van Katoren is dood. En daar is geen troonopvolger nie. Sonder koning beteken ân tafel sonder brood en botter. Vir 17 lang jare regeer ses nare ministers die land. Hulle name is vindingryk gekies. Daar is die heer Stroef, minister van Erns, kollega Reguit, minister van Eerlikheid en minister Plots, om net drie te noem. Wat dadelik opval, is die ironiese trek wat aan elke naam kleef. Hierdie ironiese kyk pas soos ân handskoen by Hugo. Dit is één van die kenmerke van sy eie poĂ«sie. Op ân goeie dag kom ân seun, Stach, onverskrokke by die paleis aan. Dit is merkwaardig dat hy op die nag van die koning se dood gebore is. Is hy nie dalk voorbestem om die koning se opvolger te word nie? Maar wie sal nou sy gerief en gemak vir ân snuiter prysgee? Daarom word sewe onmoontlike take bedink vir Stach om uit te voer. Voor hy die take voltooi het, sal daar met die jongeling klaargespeel word, glo die ministers. Juis die verstommende aard van die opdragte verhoog die spanning in die verhaal. Allereers word die leser oortuig van die onmoontlikheid van die taak en dan word dit aan Stach oorgelaat om die leser tot ander insigte te oorreed. Die verhaal is vol verrassings. Sy eerste taak is om ân einde aan die geskreeu van die voĂ«ls van Desibel te maak. Die dialoog in hierdie deel is so vlot dat die leser asât ware kan saampraat. Maar dis nie maklik nie, want die burgemeester van Desibel is die praatlustigste mens wat Stach al ontmoet het. Hugo vertaal treffend: âSy hande, sy lyf, sy gemoedelike dik wange, sy kop â alles beweeg, terwyl hy onophoudelik praatâ. Nogtans handel Stach die taak suksesvol af. En nou volg die een opdrag na die ander. Een van die take is om die knobbelneuse (k-neus) te genees (die salf wat gebruik is, is ân mengsel van verskillende k-salwe). Al hierdie opdragte maak die verhaal tydloos en boeiend aktueel. Dis asof ân mens elke dag met sy soet en suur sien verbygaan. Daar is lugbesoedeling, die waansinnige wapenwedloop, die voortslepende onversoenbaarheid, hardkoppigheid, rusie, onenigheid en verdeeldheid tussen die kerke, die modder en skyn van demokrasie, magsbehebtheid en selfsug. Daar is egter ook momente van deernis. Dit blyk onder andere uit Stach se woorde aan Pantaar: âMaar in jou vreemde hart was daar baie liefde vir ân wrede wĂȘreldâ. Daar is soveel Hugoaanse taalvondse, ironie en humor in die vertaling. Die pleknaam Afzetterije (letterlik: bedrieĂ«rye) omskep Hugo tot Verneukville. Verneukville het boonop ân nederige burgemeester. Die hondgeteisterde dorp Poepopdestoep kry die indrukwekkende naam Akkiesdorp. Die haastige minister heet Plots. Daar is talle poĂ«tiese wendinge in die vertaling, byvooorbeeld: âBlou en rooi en geel sterre in die lug is beter as die sterre op soldate se skouersâ. Verder is daar soveel poĂ«tiese klanke in die klappers en vuurpyle wat âklaar gesis, gespetter, geknal, gevonk en geskitter hetâ. Stach triomfeer. Hy word die koning van Katoren. Die verhaal eindig soos ân sprokie. Maar hoe laat ek aan die leser oor. Stach mag maar die kroon dra, maar Daniel Hugo is ân koning van vertalers. Moenie wag nie, gaan koop die boek. Dis ân louter leesplesier. Die boek is besonder aantreklik deur Protea Boekhuis uitgegee.
Cas Vos is ân digter
|
| |

| Die begunstigde deur D.J. Winterbach R170.00
| RAPPORT - 2010-08-29
| 'n Deurwinterde debuut - Thys Human
Hier is ân besonder opwindende en boeiende boek, een wat beur teen voorspelbaarheid, sĂȘ Thys Human.
Die debatte en doemprofesieĂ« wat van tyd tot tyd oor die sogenaamde ânuwe stemmeâ in die Afrikaanse letterkunde opklink, berus dikwels op die (aanvegbare) aanname dat slegs jong stemme in aanmerking geneem moet word.
Met sy debuutroman, Die begunstigde, bewys Dirk Winterbach (76) dat ân mens beslis nie jonk hoef te wees om as ân nuwe stem gereken te word nie. Op behendige wyse slaag hy daarin om vir hom ân baie unieke plek in die Afrikaanse prosa oop te skryf.
Sy hoofkarakter, wat die leser slegs as âdie manâ leer ken, word deur ân uiters traumatiese gebeurtenis tot waansin gedryf. Hy word met permanente amnesie in ân inrigting opgeneem waar psigiaters vasstel dat hy âbewustelik ân muur geskep het tussen die verlede en die hede, en dat hy dit regkry om geen boodskappe van die onbewuste deur hierdie muur te laat breek nieâ.
NĂĄ sy ontslag slyt hy sy eensame dae in ân koue, klein dakkamertjie. Die enigste persoon met wie hy kontak het, is die prostituut Adriane se kreupel dogtertjie Toufle. Ook diĂ© armsalige kamertjie verlaat hy uiteindelik met die voorneme om ân eutanasie-inspuiting in die spesiale afdeling van die provinsiale hospitaal te ontvang.
VanweĂ« sy obsessie met woorde â een van die min ankers in sy laaste dae â besoek hy vir oulaas die biblioteek om die morfologiese samestelling van die woord âpantoffelâ na te slaan.
(Met ân skok dring dit tot hom deur dat âPan-â, en al die bokkige assosiasies wat diĂ© naam oproep, op hĂłm van toepassing is, terwyl â-toffelâ afgelei is van die Franse woord âtoufleâ of âtouffuâ wat duidelik betrekking het op die krulkopdogtertjie Toufle.)
Wanneer hy van sy beursie beroof word en nie meer die eutanasie-inspuiting kan bekostig nie, dwaal hy rigtingloos en ontnugterd deur die stad. Hy beland toevallig by ân kliniek wat ân vakature vir ân veiligheidswag adverteer. Hy kry die pos en moet as een van sy eerste opdragte hekdiens doen by ân partytjie waar die gemaskerde feesgangers aan ân orgiastiese ritueel deelneem.
Deur ân vreemde sameloop van omstandighede kom hy oplaas wel in ân hospitaal tereg, waar hy teen sy sin by die oeroue konfrontasie tussen die mens (ân vrou wat sy hand vashou en vir hom musiek speel) en die Dier (âân bokâ) betrek word.
Hieruit blyk dat Winterbach nie net uit die Griekse mitologie put nie, maar ook uit die antieke misteriegodsdienste, en dan veral die rituele ter ere van Dionisus (die Griekse god van wyn en vrugbaarheid). In Die begunstigde vind die Dionisiese fuifparty byvoorbeeld plaas in ân gebou wat aan ân Griekse tempel herinner. Onder die begeleiding van oorverdowende orrelklanke, stamp ân middelman in ân pers kapmantel ritmies met ân lang silwer staf (en dennebolpunt) op die grond, terwyl die gemaskerde gaste hulle aan wyn en kos vergryp en selfs in kollektiewe ekstase âEuoi!â uitroep.
Volgens die agterblad moet die roman as psigologiese riller gelees te word. Soos in ander romans in diĂ© genre vind die konflik hier binne ân enkele karakter plaas wat alle pogings denkbaar aanwend om ân sleutelinsident in sy verlede te probeer peil. Hierdie innerlike konflik word aan die hand van allerlei argetipiese gebeure en karakters gekonkretiseer. Aangesien die klem in diĂ© tipe romans dikwels val op ân subjektiewe belewenis van gebeure, ân verbete poging om te onderskei tussen waarheid en leuen, identiteitsoeke en ân obsessie met die dood, herinner Die begunstigde (en veral die eerste deel van die roman) aan die eksistensiĂ«le prosa van AndrĂ© P. Brink en Jan Rabie.
Die werklose man wat sy dae in ân dakkamertjie deurbring, herinner aan Brink se kortverhaal âDertienâ, terwyl die toneel waarin die man ân ernstig beseerde voetganger na die kliniek begelei, iets van die surrealisme van Rabie se âMan met die swaar beenâ en âDrie kaalkoppe eet tesameâ oproep.
Voorts gee die hoofstuktitels ân aanduiding dat die hoofkarakter se tog deur die stad, sy kruistog deur mites en metafore, ook as ân parodie op die sogenaamde heldereis (heroâs journey) geĂŻnterpreteer kan word: ân afdaling na ân benedewĂȘreld (Katabasis), die oorsteek van ân bepaalde drempel (Limen), die betreding van die Labirint, ân tipe inwydingsdood wanneer hy op psigiese vlak uitmekaargeskeur word (Sparagmos), ân oomblik van ekstase (Eqousiamos) en ân uiteindelike terugkeer na die bekende wĂȘreld (Anabasis).
Die stof wat Winterbach in die roman betrek, is alles behalwe nuut. Die wyse waarop hy die uiteenlopende gegewens by mekaar uitbring en integreer, aktiveer egter verrassende betekenismoontlikhede en laat jou met nuwe oĂ« na die wĂȘreld rondom jou kyk.
Maar menige leser gaan waarskynlik niĂ© aanklank vind by die roman nie, wat dit as volksvreemd en ondermynend gaan afmaak. Want Winterbach vertel ân verhaal wat intense konsentrasie verg, talle bestaande beskouings uitdaag, en jou met heelwat onbeantwoorde vrae laat.
Soos die romans wat die man se eerste vrou aan hom voorgelees het, is Die begunstigde ân boek wat asemhaal, diep sug en beur en maal teen voorspelbaarheid, teen eentonigheid, teen ân emosielose voortploeter tot die bittereinde. En dĂt maak Winterbach se roman vir my besonder opwindend en boeiend!
* Prof. Thys Human is hoof van die departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg.
|
| |

| Spoorloos deur Riana Mouton R150.00
| RAPPORT - 2010-08-29
| NĂłg ânTREFFER nĂĄ debuut-sukses - Ilse Salzwedel
Deon Meyer het mededinging. Gedugte mededinging. Haar naam is Riana Mouton, en reeds met haar debuut, Reuk van die dood, het sy lesers en resensente gaande gehad. Dit was dus nie ân verrassing nie toe Reuk verlede jaar die kortlys van die ATKV Woordveertjies vir spanningsfiksie haal.
As liefhebber van spanningsfiksie het ek gewonder hoe Mouton haar fenomenale debuutsukses gaan opvolg. Toe ek Spoorloos begin lees, was dit baie gou baie duidelik: Riana Mouton het gekom om te bly.
Daar is min mense met ân natuurlike aanleg vir ân uitdagende genre soos spanningsfiksie, maar Mouton het wat nodig is en sal haar lesers hopelik nog lank verbly.
Sy spin die leser nie toe in ân vervelige web van onnodige woorde en oorbodige karakters nie. Die pas in Spoorloos is vinnig, die verhaal, nes in haar vorige boek, gestroop van tierlantyntjies en vol naelbyt-intrige en interessante kinkels.
Mouton se hoofkarakters is geloofbare helde. Junior Scheepers, die speurder in Reuk van die dood, sal beslis ân pos in my polisiemag kry. Alex Cloete, Spoorloos se woedende, driftige held se soektog na sy ontvoerde seun sorg dat ân mens die boek nie wil neersit nie.
Jy beleef sy frustrasie as pa en sy verbittering oor dit wat alles in sy lewe en loopbaan verkeerd geloop het. Die spook van sy gewelddadige weermag-verlede bly deurentyd kort op sy hakke en die leser wag in spanning vir die breekpunt.
Mouton doen deeglike navorsing; dit wys in haar boeke. Dis hier waar haar natuurlike aanleg vir die genre duidelik blyk, want ân minder bedrewe skrywer sou dalk maklik die spoor tussen soveel detail byster geraak het. Of erger nog, dalk nie eens aan al die detail gedink het nie.
Daar is familiegeheime en karakters uit die verlede wat die leser al dieper in die web van intrige intrek. Want wat sou die motief wees van die groep gewetenlose misdadigers wat eers Alex se gewese vrou vermoor en daarna sy seuntjie ontvoer?
En, belangrikste van alles, hoe gaan hy sy kind uit hul kloue red?
Spanning is daar genoeg. Ook skop, skiet en natuurlik bloed. Alex is nie verniet opgelei in die gevegskuns nie. Die verhaal ontplooi oor drie vastelande en heeltyd tik-tik-tik die horlosie.
En tussendeur moet Alex ân paar van sy persoonlike duiwels besweer en dele van sy verlede agter hom laat. Hoe bevredigend vir diĂ© leser om ân karakter te sien groei!
Mouton skryf klaarblyklik moeiteloos. Haar dialoog is vloeiend en gemaklik, en dis duidelik dat sy haar karakters intiem ken.
Interessant genoeg is albei haar boeke se helde manlik, maar nog meer verfrissend is hoe maklik sy haar manlike karakters se stem vind en hoe skynbaar moeiteloos sy hulle lewende, driedimensionele karakters maak.
Jy voel of jy Alex en Junior Scheepers persoonlik kén as jy die boek uiteindelik neersit. Of nee, eintlik sit mens die boek te gou neer, en soos met haar vorige boek soek jy meer.
Hoewel die leser genoeg leidrade kry, is die einde (selfs vir ân oplettende persoon soos ek met my voorliefde vir diĂ© genre) steeds ân verrassing â myns insiens die uitstaande kenmerk van ân goeie whodunnit.
Spoorloos hoort, net soos Reuk van die dood, op die boekrak van elke liefhebber van spanningsfiksie. Dit vergelyk goed met die Amerikaanse spanningsfiksie van skrywers soos Patricia Cornwell of Nancy Taylor Rosenberg. Hopelik word dit gou aangevul met nog werk uit Mouton se vaardige pen.
Ilse Salzwedel het Riana Mouton per e-pos met vrae gepeper:
Riana Mouton woon tans âvir ân seisoenâ saam met haar man en seuns in Whangaparaoa, Nieu-Seeland.
âEk en Anton het dit (oorsee getrek) gedoen sodat ons kinders meer geleenthede kan hĂȘ. Ons het twee pragtige seuns wat albei baie goed is in sport, veral rugby en krieket. Naude, die oudste, is 15 en speel albei op provinsiale vlak. Arno is 11.â
Riana meen die dood van hul oudste kind, Maryke, 12 jaar gelede in ân ongeluk het baie te doen met hoe sy en Anton ouerskap beleef. âOns is steeds broos daaroor en sal vir die res van ons lewe daarmee moet saamleef. Daarom is daar niks wat ons nie vir ons kinders sal doen nie. Ons het baie opgeoffer om hierheen te kom en gaan hier bly tot die seuns universiteit toe kan gaan.â
Daarna, skryf Riana per e-pos, kom sy en Anton terug huis toe. âMy bloed is ân diepgroen?.?.?.â
Sy skryf nie net boeke nie, maar is âbankier in die dag, ma in die aand en skrywer in die nagâ.
Maar hoekom het jy juis hierdie genre gekies?
Ek vermoed dit het baie met my persoonlikheid te doen. Ek is ân tierlantyntjielose mens wat glo aan ân reguit, op-die-man-af manier van dinge doen. In hierdie genre kan ek uiting gee hieraan.
Wee die dag dat ek my hand aan ân liefdesverhaal slaan?.?.?. Dit sal so lui: âEk het jou lief, jy het my lief. Raait. Kom ons trou.â Ek is nie een vir misverstande nie, en die ellelange misverstande in byvoorbeeld liefdesverhale maak my lam.
Ek hou van opwinding, hou daarvan om my kop te gebruik. (Die Engel voel ek moes ân speurder of ân advokaat gewees het.)
Wat fassineer jou van jou genre?
Ek het onlangs Shutter Island van Leo da Caprio gesien. Ek was so vies. Ek kon vooraf reeds die storielyn raai en ek het in die stilligheid gedink daar móét ân verrassing wees, want dit was net te opsigtelik. Wat my fassineer, is hoe ver ân skrywer met my kop kan smokkel, en hierdie fliek het jammerlik gefaal. Elke boek of fliek wat ek lees of kyk is vir my ân uitdaging. Ek hou daarvan om verras te word.
Hoe kies jy ân storielyn?
Ek broei weke daaroor. Maande. ân Storie begin vir my by ân idee. Gewoonlik iets wat my omkrap of fassineer. Ek skryf ân storie en vra myself heeltyd af waarvan ek as die leser sou hou.
Hoeveel navorsing gaan in so boek in?
Reuk van die dood se navorsing het my maande lank besig gehou. Ek het geweier om ân klomp spookasem in my boek te gebruik. Die kosbaarste raad wat ek by my uitgewer, Dineke Volschenk, gekry het was om nooit my leser te probeer mislei nie.
Ek het honderde misdaad-dossiere gelees, fotoâs gesien en ook die voorreg gehad om prof. Gerard Labuschagne, hoof van die SAPD se sielkunde-eenheid, te leer ken.
Hy het na my karakter gekyk en ân profiel saamgestel wat ek in die boek gebruik het. Gerard het my ongelooflik baie gehelp en baie idees gegee wanneer ek aan skrywersblok gely het. Ek het ook ân lykskouing bygewoon, maar kon helaas nie lank uithou nie.
Met Spoorloos was ek reeds in Nieu-Seeland en moes ek meestal van die internet gebruik maak. Gelukkig het ek lt.kol. Blikkies Blignaut leer ken en hy het my gehelp met die navorsing oor wapens en gevegskuns.
Vertel ân bietjie van Nieu-Seeland.
Daar is beslis ân rede hoekom ons hier is. Ons vind die land pretensieloos, rustig en ondramaties. Die aanpassing was reusagtig omdat ons amper ân persoonlikheidsverandering moes ondergaan om aan te pas.
Dis ân pragtige land. Senutergend groen. Dit reĂ«n baie hier en ons moes gou die gewoonte aankweek om reĂ«njasse, sambrele en rubberstewels in ons motors te hĂȘ. Daar kan soms vier seisoene in een dag wees en die weer hier is uiters onvoorspelbaar. Maar dis rustig en veilig hier.
Wat mis julle van SA?
Die essensie, die ritme, die sonskyn. Ons mis regte egte braaitjops en skaapribbetjie. (Kiwi-skaap proe vir my soos wol.) Ek mis sout wat sout is, suiker wat soet is, speserye en gerookte Weense worsies.
Spoorloos deur die oë van ander:
Leoné Tiemensma:
In Spoorloos se proloog word ân raaisel rondom twee moorde geskets en die donker wolk van hierdie gebeure is die spanningslyn wat deur die verhaal loop. Die spanningselement is van die eerste sin af teenwoordig: âMiddernag was nog altyd die beste aanvalstyd.â Die proloog sluit af met âJy gaan betaal hiervoor.â
Die hoofkarakter, Alex Cloete, het ân blink toekoms gehad, maar nou is hy ân dronkgat, ân slapgat. Alex was deel van ân spesiale taakmag in die weermag. âWaar het dit begin? Dis die bloed aan sy hande. Bloed roep om wraak.â
Sy ma, Lilian, het ook geraamtes in haar kas. ân Spanningslyn loop deur die geheimsinnige telefoonoproepe wat sy telkens ontvang.
Alex en sy vrou, Mercia, is geskei en hul seun Zander woon by haar. Wanneer Mercia in verdagte omstandighede in ân motorongeluk sterf en Zander wegraak, verdiep talle raaisels.
Mercia het net voor die ongeluk ân reuse-som geld in sy rekening inbetaal en hy het geen idee wat dit beteken nie.
ân Geheimsinnige besoek laat Alex besef Zander leef nog. Alex volg hierdie spoor op. Hy is bereid om alles te waag om sy kind terug te kry. Sy teenstanders besef dit en buit dit uit.
Die verhaal word een groot nagmerrie. Twee Griekse magnate, Tsiakos en Stavropolos ,se magstryd en hebsug word deel van die verhaal. Grootskeepse bedrog en afpersing is ter sprake. Die onverwagse einde is heel kreatief.
Sommige gebeure oortuig nie heeltemal nie en Alex slaag soms op ân byna bo-natuurlike âMacGyverâ-wyse om uit die moeilikheid te kom. Mouton bevredig die leser op emosionele vlak en daarby is die verhaal nie voorspelbaar en oplossings nie ooglopend nie. Die sielkundige spel tussen Alex en sy teenstanders boei enduit.
Arno Levin:
Die deursnee-leser is op soek na enkele sleutelelemente in ân roman. Goeie, dog realistiese taalgebruik, struktuur en geloofwaardigheid is maar van die dinge wat in ân mens se gedagtes opkom. Tog is dit die storie, die relevansie, struktuur en ritme daarvan wat op die ou einde die belangrikste is. Hennie Aucamp verwoord dit goed as hy dit die âblote storieâ noem.
Te veel Afrikaanse fiksie wil deesdae die diepte van emosie en siel aanraak deur op alles behalwe die intrige te fokus. Gevolglik verander dit in ân losgetorringde collage van die skrywer se gedagtesketse. Hoe verfrissend is dit dan nie as Riana Mouton juis die teenoorgestelde doen.
Die storie boei die leser van die begin af en behou ân realisme wat soms soos ân Hollywood-aksiefilm afspeel. Buiten vir een of twee spelfoute reg in die middel van die boek, is die taal deurgaans treffend en word vloekwoorde, wat tog so oorbodig in diĂ© genre kan wees, net op die regte plekke gebruik.
Miskien kan ân mens sĂȘ Spoorloos bied ân middeweg tussen ân lekkerlees spanningsroman en ân potensiĂ«le boekepryswenner. Ongetwyfeld slaag Riana Mouton daarin om die gesoute kritikus en die leek tevrede te stel. En dit is geensins ân maklike taak nie.
Irene van Staden:
Met sy donker verlede vind Alex Cloete dit moeilik om dag na dag voort te leef en van alles te vergeet. Maar dis nie die ergste van sy probleme nie, hy is platsak, almal sien hom as ân mislukking en boonop bly sy kind, Zander, by sy eksvrou, Mercia.
Dinge raak nog meer gekompliseerd wanneer sy eks skielik sterf en sy kind spoorloos verdwyn. Dis ân kettingreaksie van gebeure en emosies wat ontvou wanneer geraamtes uit almal se kaste verskyn.
Riana Mouton se boek vermaak ons met die liefde wat ân pa vir sy kind het en is ân uitstekende voorbeeld van konflik en geheime wat in ân familie voorkom. Dis ân uitstekende element in ân verhaal wat enduit boei.
Ilse Salzwedel is ân vryskutjoernalis.
|
| |

| Praat Verby Grense deur Frits Gaum, Laurie Gaum R150.00
| Volksblad - 2010-08-28
| Gaums se werk ân veilige boek oor ân gevaarlike gesprek - Jan Lubbe
DIE heel laaste sin in Praat verby Grense is dalk die veelseggendste oor dié gesprek tussen Laurie Gaum en sy pa, Frits, albei bekende leraars in die NG Kerk.
Dit was nie deel van hul gesprek nie, maar ân vindingryke tipografiese greep om â net soos die opskriffies bo elke brief: âFrom: Laurie Gaum. To: Frits Gaum. Saturday, 25 April 2009 9:19 AM. Subject: Douw se doodâ â die indruk van outentisiteit by die leser te laat.
Praat verby Grense is ân klompie e-posse wat tussen April en Oktober 2009 tussen pa en seun gewissel het, vier jaar nĂĄ die traumatiese gebeure toe Douw Steyn, Laurie se lewensmaat, selfmoord gepleeg het en hul homoseksuele verhouding sensasioneel in die openbaar uitgeblaker is â ân âmedia-sepie soos minâ, het Joan Hambidge dit destyds genoem (bl. 18).
âDie media het gebaljaar en die kerk het haar lam geskrikâ, aldus Laurie (bl. 33). Vir hom, toe ân jong predikant in die NG kerk St. Stephenâs in Kaapstad, was dit die begin van ân moeilike pad in diĂ© kerk en waarop kerkrade, ringe en sinodes met wesenlike vrae oor die etiek en hantering van predikante se seksuele oriĂ«ntasie gekonfronteer is, sowel as oor die aard en gesag van die Bybel â ân debat wat steeds voortgaan en wĂȘreldwyd in kerke op breekpunt staan.
âJy (het) die gay kwessie soos niemand anders nie op die tafel geplaasâ, skryf Frits (bl. 38). Vir hĂłm het die nuus dat sy seun gay is â âDie formele afspraakâ toe Laurie hom op kantoor kom spreek het om dit te sĂȘ (bl. 22) â ân tyd van worsteling, praat, lees en bid gebring; twee jaar lank ook saam met sy seun by ân terapeut. Hierin lĂȘ ân deel van die boek se waarde: Dit vertel iets van die pad waarlangs ouers en hul kinders in sĂł ân situasie behoort te loop â ân praat verby grense.
Die temas in die gesprek vloei gemaklik: Dit begin ligweg outobiografies, praat dan oor homoseksualiteit in die algemeen en diskriminering daarteen, lĂȘ dieperliggende denkraamwerke daaragter bloot, loop uit op die belangrike vraag hoe ons die Bybel lees en eindig noodwendig by God.
Voorin is ân alfabetiese lys van aktualiteite wat in hul gesprek âter sakeâ gaan kom: apartheid, bevrydingsteologie, Broederbond, Calvinisme, geregtigheid, onverdraagsaamheid, oudword en doodgaan, rassisme en vergifnis. Trefwoorde tussen twee generasies, waarvan baie paâs en seuns steeds in hul gesprekke wegskram â ân verdere aanbeveling vir die boek dus.
Waarom het die Gaums diĂ© boek geskryf? Frits skryf maklik en hul boek lees maklik. Maar dit word algaande duidelik Praat verby Grense was nie net ân spontane briefwisseling nie; daar was vroeg al die bedoeling om dit ân boek te maak.
En spesifiek vir 2010: Frits het op 25 April 70 jaar geword Ă©n â skryf hy vir Laurie â die NG Kerk het diĂ© jaar as âjaar van grense oorsteekâ aangekondig! Ook die voorbladfoto verklap iets: Die boek is ân uitbreiding op die âtweegesprekâ wat CornĂ©l Dunn van Rooi Rose al in Junie 2007 met hulle gevoer het â dieselfde trefwoorde en standpunte.
Maar tóé was dit plofbaar: Dit was die maand waarin die NG Kerk se Algemene Sinode uitspraak oor Laurie se saak moes gee Ă©n oor wat die Bybel oor homoseksualiteit sĂȘ of nie sĂȘ nie. Nou, drie jaar later, sit pa en seun op dieselfde foto nader aan mekaar en is dit betekenisvol omgedraai: Frits (âPa-hulle se generasieâ, bl. 67) sit regs, Laurie links.
Hul vrae aan mekaar, waarmee elkeen die kans kry om weer oor die verlede te praat en te verduidelik (Ă©n ân paar byltjies te slyp), is gelade. So vra Frits sy seun uit oor die dood van sy lewensmaat en Laurie sy pa oor diĂ© se âreis met apartheidâ â vrae waarop hulle die antwoorde tog lankal ken.
Daarom kry ân mens die indruk Praat sonder Grense is ân âgemaakteâ boek: betyds, berekend, beheers, (kerk)polities-korrek. Daar is wel aangrypende oomblikke soos wanneer Laurie sĂȘ âPa moet onthou dat ek Douw liefgehad hetâ (bl. 15) en âEk hoop (op ân âveilige ruimteâ in die kerk)... Ek hoop baie hardâ (bl. 108).
Soms glip iets tog deur wat jou laat vra: Wat was regtig die gevoel oor homoseksualiteit in âdie vroom, dromerige kerkdorp Wellingtonâ se pastorie? Die seun onthou ân huis, âgelukkig en sorgvryâ, vrye denke en kreatiwiteit, intense etenstafelgesprekke Sondagmiddae; die pa beleef vertwyfeling oor sy âafwesigheidâ en die seerkry van sy seun in hul huis omdat âjy geweet (het) hoe die wind waai as âmoffiesâ ter sprake sou komâ.
Kortom: Die leser van Praat sonder Grense kry ân afstandelike refleksie te lese â nĂe die rou emosie nie van eerste reaksies in briewe en gesprekke uit 2001 toe Laurie sy pa op kantoor gaan spreek het of die passie en geweld wat in 2005 losgebars het, waaruit lesers wat hulle in soortgelyke situasies bevind, dalk meer sou kon leer.
En die laaste, veelseggende sin? Op bl. 111 staan gewoon: âThis message has been scanned for dangerous content and is believed to be clean.â
Praat sonder Grense is ân veilige boek oor ân gevaarlike gesprek. Tussen ouers en kinders is daar dikwels hieroor net stotterende woorde. En wat die kerk betref: Laurie Gaum sug nie sonder rede oor die kategese, ACSV en teologiese fakulteite van destyds Ă©n vandag nie (bll. 27, 89).
Daar is baie dinge nog nĂe gesĂȘ nie. Geen wonder nie dat hy kies vir ân âteologie van weerloosheidâ (bl. 111).
|
| |

| Oewerbestaan deur Melt Myburgh R140.00
| Volksblad - 2010-08-28
| Wat digter kén, lewer beste verse - Joan Hambidge
DIE uitreiking van ân debuutbundel is ân besonderse oomblik. Dit is wanneer die digter die eerste keer sy/haar verskyning maak en wys watter bydrae daar binne ân kanon gemaak kan word. Dikwels kan ân mens terugskouend al die temas terugvind in die debuut wanneer ân digter verder ontwikkel.
Melt Myburgh se Oewerbestaan is ân bundel wat die jeug in ân gerepresseerde en rassistiese bestaan sinkopeer met die leefwĂȘreld van Lorca. Dit is uiteraard ân ambisieuse opset, juis omdat Lorca so ân groot digter is. Die besoek aan Lorca se leefwĂȘreld in die Andalusiese dorp Fuente Vaqueros in Granada is die oerbron waaruit ander gedigte waaier.
Lorca was ân komplekse figuur en hy is veral binne die gay wĂȘreld ân ikoniese figuur. Die digter is wel bewus van hierdie problematiek, want hy vra: âhoe skryf ek, dierbare frederik, hiĂ©rdie landskap vir jou oop // sonder om reĂ«lreg my eie graf in te loop?â (16)
Die digter aktiveer dus argetipes in ân Jungiaanse denke: lewe, dood, waansin, normaliteit en dies meer. Die bundel betree die wĂȘreld waaruit die digter kom (karos, met die onderskrif 40?km buite Upington, bl. 16) en die landskap waarna verlang word, te wete die Spaanse wĂȘreld van Lorca.
Lorca is dan ân simbool van die dood en die hele bundel kan gelees word as ân spanning tussen eros en thanathos (in Freud se terme). Die besef word uitgespeel in die vers oor die vader se selfmoord, by my pa se dood (bl. 67) in die afdeling inkdood waarin die seun desperaat die vader vra om sy âgedigpraatâ aan te hoor.
Dit sluit aan by die vers op bl. 15 waarin die digter asât ware sukkel âom ân john deere // te laat dreun op die onderpad van sy geheueâ.
Hiermee word ân psigoanalitiese lesing uitgenooi: die dood van die vader en die dood van Lorca word een in die onbewuste en hierdie spanning kan alleen in die ruimte van die gedig opgelos word. Die films wat vasbrand in skoolsale, is die herinneringe wat vir die spreker oorweldigend en pynlik is (bl. 16).
Die lotgeval van die gay man word dan verwoord in verse soos aan jeffrey dahmer (bl. 68), tereg met erkenning aan Johann de Lange wat dit uitmuntend gemetaforiseer het, en in ân gedig oor Laurie Gaum wat heet jesus in vlak water (na die foto van laurie gaum) (bl. 52) waar die problematiek van Gaum se Rapport-fotoâs so verwoord word:
âas jy op water kon loop, sou die offer tussen jou hande nie ân enkele koerant verkoopâ.
Om Gaum se ontbloting aan Christus se lot gelyk te stel, vind hierdie leser gewoon problematies. Mag dit, wonder ân mens. Is enige mens se leed vergelykbaar met Christus se simboliese offergawe?
In privaat skool (bl. 53) word die draadwerk ân verwysing na onanisme, terwyl playstation 2 (bl. 54) die tema pak wat reeds deur De Lange soveel sterker uitgewerk is.
In die lykdig, by my pa se dood (bl. 67), word die selfmoord van die vader in ân pynlike bestekopname beskou:
âintussen hou ek die spieĂ«l angstig dop vir lyne wat jĂłĂș lees as voorsaatâ
Die gedig tree in gesprek met De Lange se pa-gedigte wat deur sy oeuvre loop en die gedig as beswering van die konflik met die vader wat die kind versaak het.
Die vaderfiguur waarmee Myburgh in gesprek tree, is Lorca. Die leser is hierom dan bewus van ân gevoel van uitsigloosheid en somberheid.
Die beste verse is oor die wĂȘreld wat die digter ken, soos upington (bl. 21) met die trae refleksies en die mirador van ân oewerbestaan.
Nie al die verse is deurgekomponeer nie. Daar is gesogte beelde (hoe lui ân foon slank?, bl. 17). Dikwels staan verse nog te na aan die ervaring, maar wanneer dit slaag, soos in ân hand vol, is daar beslis bewys van talent. Daar is hiperbolies gedink, om die digter buite verband aan te haal, en die gesprek met Lorca bring winste.
Ons ken almal die voortreflike vertalings van Uys Krige in Spaanse dans. Myburgh is oorweldig deur die betowering van Granada en die âheuwels staan knop soos boudeâ (bl. 32).
Daar is suggesties en openlike verwysings na homo-erotiese aanrakings; iets wat moeiliker was in die ruimte waaruit hy kom. Heen en terug flits die gedigte na mekaar: die nou en die verlede toe die oksels nog vry was van skaduâs.
Die liefdesverse is egter al beter deur Auden, et al. (en by ons De Lange) gehanteer en waarskynlik is die landskap-van-die-jeug die beste verse: dit wat die digter werklik ken én verken het. |
| |

| Die Grysland verblyf deur Jaco Fouche R150.00
| Volksblad - 2010-08-21
| Fouché ewenaar nog nie debuut - HP van Coller
JACO FOUCHĂ debuteer in 1996 met die roman Die ryk van die rawe. Hierdie roman was ikonies van ân land in oorgang en van post-apartheid-Suid-Afrika se jong, losgeslaande âTarantino-geslagâ, soos ek hulle by geleentheid genoem het.
Jong mense, gevorm deur gewelddadige strokiesprente, graphic novels en televisie as enigsins kortstondige kultuurprodukte en âproduseerders van daardie tyd. Hulle was die soekendes, vasgevang in hul eie eksistensiĂ«le dilemmas, en FouchĂ© se keuse vir die reisverhaal was bykans vanselfsprekend.
FouchĂ© se jong mense was in hierdie debuutwerk afkomstig van die Kaapse voorstede waar middelklas-Afrikaners veral woon: Bellville, oftewel âTappet Valleyâ in FouchĂ© se ideolek.
Bedags werk jy by Sanlam of soortgelyke instellings in ân klein kantoortjie agter ân rekenaar, saans kuier jy in ân kroeg soos diĂ© van Jakeâs, wat in FouchĂ© se tweede werk, Paartie by Jakeâs, in ân klompie kortverhale beslag kry.
Onbeduidendes dalk, maar dikwels met die drang tot ontvlugting uit ân voorstadbestaan wat in die Afrikaanse letterkunde reeds gevarieerd beslag gekry het in werke van Etienne Leroux, Jeanne Goosen, Zirk van der Bergh Ă©n Deon Meyer.
Ondanks ân vlot verteltrant, knap karakterisering en goeie afwerking, ewenaar FouchĂ© se ander werke tot op datum nog nie sy debuut nie. Die Grysland-verblyf is sy sewende boekpublikasie en ook weer een waarin die psigologiese soektog en reismotief ân belangrike rol speel.
In die skadeloosstelling vooraf tot hierdie jongste boek van FouchĂ© word enige ooreenkoms met die werklikheid van meet af aan ontken, al adem die boek iets van ân verkapte outobiografie.
ân Sitaat uit D.J. Opperman se gedig Ballade van die grysland (waaraan die boektitel ontleen is) âWatter kaart of watter ster sal ek jou wys/om veilig deur die grysland heen te reis?â word as motto benut.
In Opperman se gedig word ân beeld geskep van die goor stadsbestaan waar ân tipies-Afrikaanse landelike agtergrond kwalik meer is as herinnering by die ontheemde spreker wat boonop blyke gee van geestesversteuring en opname in ân gestig.
âGryslandâ klink byna soos Wasteland, die geestelike wildernis waarin ân mens soms beland en wat tekenend is van die moderne tyd met sy gesiglose mens, die gevolglike vervreemding en eindelike isolasie.
Die grysland-verblyf wat FouchĂ© in hierdie novelle beskrywe, is enersyds die uitsiglose (voor)stadsbestaan van ân skilder, Phillip, wat nĂĄ sy eerste uitstalling by ân groot finansiĂ«le instelling moet gaan werk om aan die lewe te bly. Andersyds is dit ook die raak uitbeelding van iemand wat vasgevang is in die âgrysland-verblyfâ van ân skisofreniese toestand.
Dit is ân geestessiekte wat die pasiĂ«nt diep wantrouig maak en waar vervolgingswaan ervaar word, persepsies verhoog en vreemde reuke ervaar word, onthegting van die werklikheid volg waar die pasiĂ«nt eindelik in totale waansin kan verval.
Nie net word die simptome en gevolge van hierdie siekte grafies beskrywe nie; ook die âberge en daleâ daarvan word onder woorde gebring: die moment van groot helderheid en gesondheid, en â wanneer die medikasie dan juis opsy geskuiwe word, die dieptes van ellende.
Phillip se geestelike peregrinasie verloop parallel met ân werklike reis. Eers vertrek hy van die Kaap na die plattelandse Karoodorpie Prins Albert, waar die stadsmens weer homself âgaan vindâ.
Dan ân langdurige verblyf in Bloemfontein met gereelde besoeke aan die psigiatriese hospitaal. Skynbaar gesond, gaan werk hy in Randburg en dan uiteindelik maar weer in Bloemfontein waar hy opgeneem word in die Oranje-hospitaal, saam met âdie Mallesâ.
In hierdie knap gedeelte ontmoet ons ân klomp uiteenlopende en interessante karakters en eindelik kom dit by hom op dat hy gesond is. Op ân ietwat onverwagte wyse kom ân vrou sy lewe binnegestap en bied hom die werklike redding van ondersteunende liefde.
Op opsommende wyse (asof FouchĂ© se eie blus opgeraak het) word vertel van sy terugkeer en die aanvaarding, selfs hunkering na âgewoneâ, vervullende dinge: âLees ân moeilike boek. Gaan kuier by ân vriend. Bel jou familie. Teken sketsies, hardloop ân myl, swem deur ân plaasdam, bederf iemand met blommeâ (bl. 155).
SĂł word ân psigologiese siklus voltooi, van siekte tot genesing, van eensame buitestander tot iemand wat in ân sinvolle verhouding gewikkel is. In die proses word ook die sinisme en vertwyfeling agtergelaat en kom daar ân sterk geestelike verdieping.
Te maklik? Te yl? Dit is gewoonlik gevaarlik om ân nuwe werk van ân gevestigde skrywer in isolasie te beskou. Kritici is onkant gevang deur Van Wyk Louw se Nuwe verse met sy eenvoudige, enigsins saai titel nĂĄ die klinkende en betekenisvolle titels van die bundels wat dit voorafgegaan het.
In Louw se werk het hierdie bundel ân nuwe rigting aangedui, van onder meer die âoperâ vers en die (her)ontdekking van die volkse en aardse.
FouchĂ© is duidelik op ân tweesprong waar ân nuwe koers ingeslaan moet word. Hierdie novelle is iets van ân bestekopname en tussenstand wat hopelik sal lei tot nuwe hoogtes.
|
| |

| Ek is maar ene deur Dot Serfontein R140.00
| Volksblad - 2010-08-21
| Verskeie redes om Dot Serfontein-verhale te geniet - Stoffel Cilliers
DAAR is mense wat Dot Serfontein se boeke geniet omdat sy so ân goeie verteller is. Ander verlustig hulle in haar humor. Nog ander beskou haar as een van ons beste uitbeelders van mense.
Oordeel self hoe vertel sy van oom Piet Koekemoer â en hy is letterlik maar ân hĂĄlf-mens: âSy onderlyf en stokkiesbene, soos diĂ© van ân sprinkaan teen sy lyf opgetrek, sou in ân groot papiersak pas. Hy het soos ân vlermuis die straat afgeflapper, kon hom ongelooflik rats van die grond af opraap en bo-op ân toonbank spring. Hulle het vertel dat hy dan voor by die meisies se rokke inloerâ (bl. 57).
Só lyk maar één van talle werklike mense wat uitgebeeld word in dié ryk-geskakeerde bundel wat aanvanklik in 1972 verskyn het.
Dit bevat vyf sketse oor die skrywer se kinderjare, drie vrolike gesinsvakansievertellings; vier Kalahari-kontreivertellings en twee oor die Oranjerivier-mense.
Almal word gekenmerk deur die doelgerigtheid en veelsydigheid van ân skrywer wat werklik iets betekenisvols het om mee te deel. Lig sy jou in oor die Kalahari of Oranje, doen sy dit met selfversekerdheid omdat sy wyd en deeglik nagevors het.
Vermaak sy met guitige vakansiestorietjies, huiwer sy nie om selfspottend te erken sy sal ânooit wen wat vakansies betref nieâ. Met boervrou-ervaring laat die skrywer die kollig val op die onblusbare geesteskrag en deursettingsvermoĂ« van die baanbrekers van die Kalahari en die Oranje.
ân Juweel is Die huis van papier oor die mooi, middeljarige Kalahari-vrou wat pale en sifdraad met spaarbussiegeld gekoop en daarna met leĂ« sementsakkies vir haar man en vier kinders ân drieslaapkamerhuis gebou het. âVan binne blom die geloofsdade van Kit Jacobs nog in onverbleikte glorieâ (bl. 143).
Die skrywer tower talryke stories oor die Kalahari op: oor die donkie, eintlike makmaker van daardie woestynwĂȘreld; oor hoe vele boere op hul plase regkom sonder drinkbare water; oor Kalahari-motors wat vindingryk omgebou word; oor ân 42-jarige boer wat nog nooit ân dorp gesien het nie.
Dot Serfontein bestryk ân besonder wye doek as sy oor die Kalahari skryf. Sy doen dit sĂł oorspronklik, sĂł oortuigend, sĂł onderhoudend, dat dit slegs ân verbeeldinglose mens moet wees op wie haar woordprentjies nie ân indruk laat nie.
âDie ou taai man daar anderkantâ het die besproeiingsboere eers die Grootrivier (vandag die Oranje) genoem. Pioniers. Daar was onder meer eerw. Christiaan Schröder en die beminde Japie Lutz met sy uitsonderlike ingenieursvaardighede.
Die skrywer skryf met voldoende afstand op haar kinderjare en familie om objektief te kan wees. Sy skerts selfs, maar kleineer nooit nie. Die welsprekende Serfonteins, vertel sy, was âsogenaamd verskriklik mensskuâ â sĂł erg dat hulle daarvan ân âvertoningâ gemaak het.
By al haar skryfvaardighede pas Dot Serfontein die toonaard van haar styl uitstekend by die situasie aan. Soos waar sy skielik, midde-in ân vrolike verhaal, ademloos gelaat word toe sy besef waarom Leipoldt sy as dĂĄĂĄr wou laat strooi, in die Pakhuispas, âwaar van mense niks is nie, maar van stilte allesâ (bl. 97).
Hierdie bundel het verskeie verdienstes. Daar is vele intelligente insigte wat slegs op ervaring kan berus. Ook ân fyn aanvoeling vir die vloeiende kombinasie van siening en segging. Ten slotte bevat dit die gehalteskryfwerk wat sinoniem geword het met die naam Dot Serfontein.
|
| |

| Lukas die geliefde geneesheer deur Louise Prinsloo R160.00
| Beeld - 2010-07-26
| Die verskyning van Louise Prinsloo se boek, Lukas, die geliefde geneesheer, is ân groot letterkundige gebeurtenis vir opbouende leesstof vanuit die godsdienstige bodem. Dit is ân Bybelroman. Dis ook fiksie in ân genuanseeerde sin van die woord (sien later). Dis eintlik ân geskiedskrywende vertelling (narratief). Want dit is die vertelling oor iemand wat eens op ân tyd in die Midde Ooste gelewe het. Soos dit ân bekwame en wetenskaplik-geöriĂ«nteerde historikus betaam, het Louise Prinsloo die primĂȘre en sekondĂȘre bronne opgespoor, dit geweeg en die bestes geselekteer. Toe het sy die gegewens in die korrekte maatskaplike, politieke en godsdienstige konteks geplaas en geĂŻnterpreteer. Uiteindelik het sy die re-konstruksie van die geskiedenis en die konstruksie van haar Bybelroman afgerond deur die onontbeerlike fakulteit van ân wetenskaplike verbeelding effektief te aktiveer op die fokuspunt en tema van haar roman, naamlik die lewe en prestasies van Lukas van die Nuwe Testament. Die resultaat was ân geloofwaardige, boeiende en uiters leesbare boek oor dokter Lukas. Dit is waarskynlik die éérste verbeeldingryke roman van hierdie aard en op soân verantwoorde akademiese vlak oor Lukas ! Lukas word vanaf die pedestal as óór-geromantiseerde Bybelfiguur geneem en bekyk as ân âmens soos Ăłnsâ (soos die profeet Elia in Jakobus 5:17 getipeer word). Hy leef, loop, werk en speel sy rol, uiteindelik as Christus-gelowige mens, in die harde werklikheid van die alledaagse lewe in Palestina en Wes-Turkye in die Midde Ooste gedurende die eerste eeu van die Algemene Era (Christelike Jaartelling). Lukas is egter nie ân fiksie-figuur in die sin van ân verbeeldingsvlug en produk van wensdenkery soos Harry Potter nie. Die fiksie-karakter van Lukas is ân tekening van hom op grond van Ă©n deur middel van die skrywer se wetenskaplike rekonstruksie van die geskiedenis en haar wetenskaplike verbeeldingskrag. Sy sĂȘ dus niĂ© dit is presies soos wat dit wĂĄs, gebeur het en hĂłe Lukas presies was nie. Sy sĂȘ slegs dat volgens haar geloofwaardige rekonstruksie van Ă©n gekontroleerde verbeelding oor die leefwĂȘreld van Lukas se tyd kĂłn Lukas net sowel sĂł gewees het en kĂłn dinge sĂł gebeur het ! Louise Prinsloo teken Lukas, alias Lukanus, as ân sterk en baie aantreklike jongman in die tyd van die Egiptiese vors Ptolemaios XV, kleinseun van die wĂȘreldbekende (niĂ© so beeldskone !) koningin Cleopatra. Ons sien en beleef hom as universiteitstudent op die kampus van die eerste Universiteit op die Vasteland van Afrika, die Museion van AleksandriĂ«. As hofarts vir keiser Tiberius (14-37 n.C.), as skeepsdokter, huisarts vir onder aandere sy wĂȘreldbekende pasiĂ«nt Paulus van Tarsus. As mede-sendeling saam met Paulus en andere, en as navorser van die geskiedenis van Jesus van Nasaret (Handelinge 1:1,2) en as mede-skrywer van die Nuwe Testament wat ân groter bydrae tot die Nuwe Teastament as Paulus gemaak het. En ja, skrywer van een van die vier Goeie Tydings (Evangelies) Ă©n as die éérste kerkhistorikus van die Christendom met sy boek Handelinge van die Apostels. Die Bybelroman oor Lukas word op baie leesbare, treffende en kommunikatiewe wyse aangebied deurdat dit Lukas se doene en late teken soos wat hy van plek tot plek gaan en oor sake en dinge en gebeurtenisse direk persoonlik met mense van sy tyd praat en sy menings gee en kommentaar lewer. Soos enige roman tewens mos doen. Louise Prinsloo se biografiese Bybelroman oor dokter Lukas begin met ân verrassende rubriekie âVoorafâ, dit wil sĂȘ, vóór Hoofstuk 1. Sy beskryf die bejaarde Lukas wat sit, â (B)by ân kliptafel onder ân welige groen prieel van ân statige villa in AntiochiĂ«.â AntiochiĂ« in SiriĂ« is Lukas se geboortestad. Hy is besig met sy laaste lewenstaak, naamlik die skryf van Handelinge van die Apostels, die eerste geskiedeniswerk, die eerste Annale oor die jong en dinamiese beweging, die Christendom. Hy is nie nou meer die aanbidder van Zeus, die hoofgod van die Grieke nie. Om hierdie geskiedwerk te kan skrywe, het hy óók soos ân bekwame en betroubare historikus navorsing in outentieke bronne gedoen ! SĂł was hierdie pionier kerkhistorikus dan in staat om, ââŠâŠ.die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf â (Handelinge 1 :1-2). Die Bybelroman bestaan uit drie dele met altesaam dertig hoofstukke. By die aanhef van elke hoofstuk is daar ân gepaste aanhaling van ân welbekende en beroemde skrywer uit die Ou-Testamentiese-, Klassieke-, Hellenistiese-, en Nuwe-Testamentiese eras. Selfs van Confucius (551-479 v.C.) (p.250). Die Uitgewers Protea Boekhuis moet geluk gewens word met die keurige versorging van die boek. Dit lees baie maklik met die groter formaat letters in Palatino Linotype lettertipe (font) in wyer spasiĂ«ring. Louise word van harte geluk gewens met hierdie voortreflike Bybelroman wat van jarelange en indringende navorsing getuig. Sy het selfs besoeke aan die plekke en gebiede van Lukas se omwandelinge afgelĂȘ. Die boek word van harte aanbeveel vir lesers van die kerklike gemeenskappe sowel as in die besonder van die sekulĂȘre gemeenskap.
Herman Lombard is ân Emeritus Professor in Nuwe-Testamentiese Studies van Unisa
|
| |

| Ek is maar ene deur Dot Serfontein R140.00
| RAPPORT - 2010-06-27
| Heruitgawes nog boeiend en relevant - Thys Human
In haar outobiografie, Vrypas (2009), veroorloof Dot Serfontein (sy het vanjaar 85 jaar oud geword) haar die vryheid om te vertel van dinge waaroor sy voorheen geswyg het en om te swyg oor dinge wat sy voorheen vertel het.
NĂĄ 80 word die oorlewendes, volgens haar, âân vrypas gegee (âŠ) om te doen of te laat net waarvoor hulle lus is sonder dat dit teen hulle aangeteken staanâ (bl. 11?-?bl. 1?212).
Vir lesers wat dus nuuskierig is om Vrypas met vroeĂ«re outobiografiese vertellings van Serfontein te vergelyk, is daar die goeie nuus dat twee bundels sketse uit die 1970âs onlangs deur Protea Boekhuis heruitgegee is â Amper my mense (2009) en Ek is maar ene (2010) wat onderskeidelik in 1974 en 1972 by Human & Rousseau verskyn het.
Eersgenoemde bundel bied veral ân terugblik op Serfontein se persoonlike erfenis en die belewenisse van haar hartsmense tydens die Anglo-Boereoorlog, die depressiejare en die Rebellie in 1914 in die Vrystaat.
Die sketse in Ek is maar ene kan breedweg in drie kategorieë verdeel word.
Eerstens is daar vertellings oor Serfontein se eie kinderjare in die Vrystaat (âHoenderkraaiâ, âDie vertoningâ, âân Stil begrafnisâ, âEk is maar eneâ en âDie goeie Joodâ).
Dan is daar onderhoudende mededelings oor (gebeurlike) gesinsreise na die Wes- en Noord-Kaap wat vir dramastudente opwindende vertolkingsmoontlikhede bied (âMet kinders en koeldrank op reisâ, âDie hanetreeâ en âVakansie op S-se-Bâ).
En derdens is daar effens langer sketse soos âDie donkie het hom makgemaakâ, âAs die matompas trekâ, âDie huis van papierâ en âOm van diens te weesâ waarin die geskiedenis van die Kalahari en sy kleurvolle mense op anekdotiese wyse geboekstaaf word.
Die twee essays âEn die oranje vloei verbyâ en âDie ou taai man anderkantâ bied boonop waardevolle agtergrondinligting vir enigeen wat Louis Kruger se roman Die wederkoms wil nadertrek.
Volgens Flannery OâConnor het enige mens wat sy of haar kinderjare oorleef het â en hierby wil ân mens ook voeg die kinderjare van sy of haar kinders â waarskynlik genoeg stof om ân hele paar boeke kan te skryf.
Die ding is net dat almal nie die talent het om dit so rĂĄĂĄk soos Dot Serfontein te verwoord nie.
Haar vertellings is eerlik, pretensieloos en dikwels skreeusnaaks. Gelukkig bring dié homoristiese aanslag nie mee dat karakters as stereotipes of karikatuuragtig uitgebeeld word nie.
Inteendeel. Serfontein beskryf haar karakters sĂł fyn dat ân mens byna voel jy het hulle self geken.
Tydens ân besonder rampspoedige gesinsvakansie merk sy byvoorbeeld die volgende oor haar wederhelf op: âVeral hou ek daarvan om die dik beduiwelde gesig van K-se-P hier langs my te sien. Ek hou daarvan dat ân mens dit moet wys as hy seerkry. Gân niks die beste van ân slegte saak maak en dapper glimlaggies opstel in die tande van teenspoed nie. Jy moet jou nederlaag soos ân skildvel dra, ratelend, en vir ander tot skrik.â (bl. 200)
Maar dit is eintlik vroue â en dikwels besonder selfstandige en eksentrieke vrouefigure â wat die belangrikste rol in Serfontein se sketse speel.
Daar is byvoorbeeld Martie Burger â vroed- en doktersvrou van die Kalahari â vir wie mans te stadig en onbetroubaar is; Christina (Kit) Jacobs wat âmet sagte, trillende stem vertelâ hoe sy haar Kalahariplaas, Drieling, mak gemaak en eiehandig ân huis van papier daarop gebou het; en Martie Burger, âdie vier voet hoĂ« deel van elke mens wat vry en ongebonde en jonk isâ (bl. 181) wat haar lewe lank touleier was en water soos ân seun gelei het.
In plaas van soveel ander âekkerigeâ kontreivertellings waarin sentiment en nostalgie die botoon voer, bestaan Ek is maar ene uit vertellings wat ondanks hul oorspronklike publikasiedatum steeds relevant en boeiend is.
* Prof. Thys Human is dosent in letterkunde en hoof van die departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg.
|
| |

| Die Suid Afrikaanse Gids deur Isabel Uys R250.00
| Volksblad - 2010-05-14
| Gids bied magdom feite vir kennisdorstiges
Hierdie is ân ontsagwekkende naslaanbron wat die leser verstom met die omvang en verskeidenheid van inligting wat aangebied word, deurgaans in ân hoogs verteerbare, bondige en kleurryke formaat. Dit kan met reg beskryf word as ân volledige inligting- en oorlewingsgids vir inwoners van en besoekers aan Suid-Afrika. Die boek is verdeel in twee afdelings, die eerste wat spesifiek fokus op wetenswaardighede van Suid-Afrika, insluitend die bewoording van die volkslied, inligting en voorstellings van die land se nasionale simbole, geografiese inligting oor die land, soos die hoogste bergpieke en belangrikste damme, tot belangrike mense wat die land opgelewer het, literĂȘre pryse en feite oor die land se geskiedenis, natuurlewe en sport.
Die tweede afdeling bevat algemene inligting. Hier raak dit eers interessant. Die volgende wenke word onder meer verskaf: Wenke vir geluk Ontwikkeling van ân goeie selfbeeld en selfvertroue Goeie tafelmaniere Studiewenke Huisbeveiliging Die voor- en nadele van huiskoop vergeleke met die huur van ân woning Voedselwenke Boererate Inligting oor operasies en prosedures. Ander waardevolle inligting wat vervat is, sluit in ân lys van benodigdhede wat op ân staptog ingepak en saamgeneem moet word, en ân aanduiding van die korrekte optrede by ân motorongeluk. Dit is ân boek wat nie op die koffietafel vergeet moet word nie â waar dit in elk geval baie funksioneel sal wees om gesprekspunte te verskaf wanneer die kuier te lank raak. Dit behoort ingepak en saamgeneem te word op enige reis, want dit verskaf inligting oor letterlik enige geografiese, historiese of ander plek van belang waarlangs gereis sal word. Enkele kleiner feite- en proefleesfoutjies is wel in die gids waargeneem. In die afdeling oor plekname in Suid-Afrika word verkeerdelik aangetoon dat Vryheid, die dorp in KwaZulu-Natal, die hoofdorp was van die kortstondige Boererepubliek Stellaland, terwyl dit in der waarheid Vryburg in Noordwes was. Onder die proefleesfoutjies tel âskripbreukelingeâ pleks van âskipbreukelingeâ. Hierdie naslaanbron is egter so waardevol dat hierdie foutjies nietig is vergeleke met die vreugde van die magdom interessante inligting wat die gids verskaf. Veral in ân huis waar baie vrae gevra word en lang paaie dikwels aangedurf word, kan dit ân noodsaaklike hulpmiddel word om die kennisdorstiges se nood te stil en lang ritte in ontdekkingsreise te omvorm.
Christo van Staden, assistent-redakteur, Volksblad |
| |

| Miriam dans deur Elise van Wyk R169.00
| Jean du Plessis - 2010-04-19
| MIRIAM DANS
Elise van Wyk
Ten spyte van ons gay-vriendelike grondwet wat diskriminasie verbied, is daar steeds ân ontstellende vlak van onkunde oor seksuele oriĂ«ntasie in ons samelewing. Gay, lesbiese, biseksuele en transgender mense ervaar daagliks verwerping en diskriminasie, dikwels juis deur diĂ© mense van wie hulle aanvaarding en ondersteuning die nodigste het. ân Publikasie soos Miriam Dans kan ân belangrike bydrae lewer om wanpersepsies oor hierdie mense uit die weg te ruim.
In die afgelope dekade was daar boeke soos Oor Gay Wees (basiese inligting oor gay-wees), ân Kas is vir Klere (ân persoonlike reis na selfaanvaarding), Gelowig en gay? (ân inklusiewe teologiese perspektief) en Jy bly my Kind (perspektiewe van ân ouer van ân gay dogter). Miriam Dans, ân bundel verhale van lesbiese, biseksuele en transgender vroue, vul egter ân ander leemte. Die sentrale tema wat deur al hierdie verhale loop, is die sinvolle integrasie van seksualiteit en spiritualiteit. Miriam Dans maak ân besondere bydrae deur die skep van ân unieke geleentheid om saam met ân wye spektrum vroue die innerlike belewing van hulle situasies mee te maak. Alle mense beleef nie hulle gay-wees eners nie, maar hierdie brawe vroue was bereid om hulle verhale met eerlikheid en openheid te vertel. Dit verg moet om jouself sĂł bloot te stel ter wille van ân groter ideaal â om begrip by die samelewing te bevorder.
Miriam Dans bied ân spreekbeurt aan mense wat dikwels nie ân stem het nie â en die vroue wat hierdie boek moontlik gemaak het, praat eerlik en uit die hart uit. Hulle kulturele en akademiese agtergronde, ouderdomme en taalgebruik verskil. Elke verhaal het ân tema eie aan die spesifieke vrou â en die skrywer het, waar dit nie verbatim weergegee word nie, met groot omsigtigheid te werk gegaan om die integriteit van elke verhaal behoue te laat bly. Die voortdurende interaksie tussen verteller en skrywer/biograaf, het bygedra tot afgeronde en oortuigende verhale. Elise van Wyk is nie alleen ân ervare skrywer met ân grondige letterkundige agtergrond nie, maar haar empatiese werkswyse dui ook op ân deeglike en intieme kennis van en ân deurleefde aanvoeling vir haar onderwerp, en ân inklusiewe beskouing van spiritualiteit.
Dit is nie moontlik om hierdie boek te lees sonder om emosioneel diep geraak te word deur sommige verhale nie. Die verwoestende impak wat godsdienstige fundamentalisme op die lewens van gay Christene kan hĂȘ, kom soms duidelik na vore. ân Mens raak egter ook bewus van die vreugde van wedersydse liefde en die genesende krag wat vrygestel word deur persoonlike integriteit en die sinvolle uitlewing van wie jy werklik is. ân Mens kan huil by die lees van Beth se verlies van ân waardevolle vriendskap, en die onnodige pyn en verspeelde jare van Maxi en Irene, maar jy kan ook uitbundig lag vir Gorgeous Rose se heerlike humoristiese aanslag. Die dapperheid van mense soos Bulelwa, Nokuthula en Lesego, wat weet wat in hulle gemeenskappe met lesbiese vroue kan gebeur, verdien bewondering. Selfs die hartseer verhale, wat pyn, verlies en alleenheid uitbeeld, dra ân boodskap van oorlewing en hoop. Die terapeutiese waarde wat die lees van hierdie vir gay, lesbiese, biseksuele en transgender (GLBT) mense kan bring, kan nie onderskat word nie. Miriam Dans bied egter ân groei-ervaring, nie net vir hierdie mense nie, maar vir die hele samelewing, want almal van ons se pad kruis met diĂ© van GLBT mense, of ons daarvan bewus is of nie.
Een van die dinge wat dit vir my ân besondere leeservaring gemaak het, was die mate waarin ek, as man, myself telkens kon verloor in die leefwĂȘreld van ân diversiteit van vroue. Soveel aspekte van menswees is universeel. Daar is soveel meer ooreenkomste as verskille tussen ons, ongeag van lewensomstandighede en of jy man of vrou, homo-, hetero- of biseksueel is. ân Mens bly bewus van die universeel-menslike aard van die behoeftes en strewes wat in elke verhaal in Miriam Dans na vore kom. GLBT mense is nie vreemde wesens nie; hulle is gewone mense met gewone behoeftes en ideale.
Hierdie boek, wat gelyktydig in Engels en Afrikaans gepubliseer is, behoort in elke pastorie en in elke hoërskool- en dorpsbiblioteek te wees.
Jean du Plessis Strand, April 2010
|
| |

| Vlam uit die vlaktes 'n keur uit die prosa van E de Roubaix deur Pieter Strauss (samesteller) R150.00
| Die Burger - 2010-04-19
| Hennie Aucamp
Herinneringskuns in Afrikaans het ân opÂlewing gehad nĂĄ 1994, asof skrywers, filmers en Âskilders probeer vasvat dĂt wat aan die verlore raak is; iets wat verband hou met daardie ÂontÂglippende begrip âidentiteitâ. Elsa Joubert, Engela van ÂRooyen, Dot Serfontein en Jaap Steyn kyk terug op lang en Âaktiewe loopbane; maar ook jonger skrywers kyk terug, sy dit op kleiner skaal, soos Danie Schreuder, Thijs Nel, David ÂPepler. ân Ander soort herinneringskuns is Vlam uit die vlaktes; ân keur uit die prosa van E. de ÂRoubaix, liefdevol saamgestel en ingelei deur Pieter Strauss. Die andersheid van hierdie bundel lĂȘ hierin dat E. de ÂRoubaix nie memoires geskryf het nie, hy het, soos die ou ÂHollandse meesters, ânaer ât Âlevenâ gewerk, en die daaglikse wel en wee opgeteken van arm en eensame lewens teen die strak landskap van Boesmanland, hier teen die begin, en Âdieper in, van die 20ste eeu. Die nostalgie wat Vlam uit die Âvlaktes wek, berus by die leser van vandag wat nie die tyd en wĂȘreld van Emanuel de ÂRoubaix ken nie. Hier word hy voortreflik gelei deur Strauss. Sy bundel is inderdaad ân Âmodel van argivale restourasie. Dit bevat kaarte van Boesmanland, soos jy die boek oopmaak, en later weer toemaak, met plekname wat al klaar volksÂpoĂ«sie is, soos Swartkolkvloer, Dooddrink, Breekknie, Broekseputs, Verneukpan. Veral Âinteressant is Strauss se Âverklaring later in die boek, omtrent die verskil tussen ân âpanâ en ân âvloerâ. Iets wat veral ÂEngelse toeriste verwar, as hulle goeie kaarte van die Noordweste het wat wemel van âvloerâ-uitgange. Soos Strauss, het ook M.E.R. in een van haar mooi stukke oor die NoordÂweste daarop Âgewys hoeveel plekname met water skakel, soos PutsonderÂwater, Raaswater, Blinkwater, Louterwater. Nog ân pluspunt is dat Strauss die G.P.S.-koördinate verskaf vir ondernemende besoekers aan Boesmanland, iets wat toekomstige kontreiÂskrywers gerus in gedagte kan hou. Waar, o, waar is Rougaga (28 095, 20 09E). En TâKonnes? (30 155, 1921E). Maar stellig die ontroerendste toevoeging tot Vlam uit die vlaktes is die periode-fotoâs wat Strauss uit privaatbronne en uit die Kaapse Argief by elke teks ingesluit het; van die Âaangrypendste, hartverÂskeuÂrendste diĂ© by â ân Troue ou sielâ en âMaar ân ou hotnotâ. Ouderwets en tegelyk skokkend modern, soos W.G. Sebald se byhaal van fotomateriaal in sy boeke, is hierdie fotoâs wat âwerklikâ kan wees, of sommer net âgeleenâ. In hierdie skrywer se jeug het menige plaasbibliotekie E. de Roubaix se boeke gehad, soos Boesmanlandse Sketse en Âverhale en Giel Ool en ander Âverhale uit Boesmanland. De Roubaix het baie sketse Âgeskryf, maar selfs die ylstes bied jou iets folkloristies; gee iets van die wisselwerking Âtussen mens, dier en landskap. Vir my is die begrip âsketsâ meesal ân eufemisme vir ân Âonderontwikkelde en onderÂgeĂŻnterpreteerde mededeling, en van diĂ© soort is daar meer by De Roubaix as wat ân mens wil toegee, maar aan die anderkant het hy ook sterk gestruktuÂreerde kortverhale geskryf, soos die drie waarmee Strauss sy bloemlesing afsluit, en wat ân natuurlike drieluik vorm, naamlik: â?ân Troue ou sielâ, âMaar ân ou ÂhotÂnotâ en ÂâMiddele van die Albestierderâ. Verhale soos die pas gemeldes wys vooruit na latere Boesmanlandse kortÂverhaalskrywers, soos A.A.J. van Niekerk, George Weideman, Elias P. Nel, Thomas Deacon en Ânatuurlik Strauss self. Al drie verhale is dramaties, en speel teen natuurgeweld af. â?ân Troue ou sielâ handel oor ân wolkbreuk wat ân man en vrou se lewe eis, ook diĂ© van hul troue Koranna-versorger; al wat oorbly, is ân hulpelose baba. In die verhaal âMaar ân ou hotnotâ sterf ân ou skaapwagter Âuiteindelik weens die koue Âwinter en die harteloosheid van sy werkgewer; en in âMiddele van die Albestierderâ is die Âantagonis die Grootrivier wat in vloed is en ân seun op ân Âeiland in die rivier afsonder. Dis eers nĂĄ dae dat ân skaapÂwagter, Oliepot, dit waag om met ân stomp oor te roei na die eiland en Driesie te gaan red. (Wie ân volledige beskrywing van die kap en maak vanân roeistomp wil lees, kan gerus ÂDeneys Reitz se Trekking on raadpleeg.) Sentraal in al drie verhale is ân bruin mens , in die geval van âân Troue ou sielâ ân ÂKoranna- vrou. Die Boesman in die Suid-Afrikaanse letterkunde kry tans die deskundige aandag van Helize van Vuuren, maar iemand moet ook die Koranna en die ÂGriekwa vir sy of haar rekening neem. Die mooiste verhaal in Dwaalstories van EugĂšne ÂMarais, âDie dans van die ÂreĂ«nâ, is byvoorbeeld ân ÂKoranna-storie, en Toon van den Heever se twee Outa ÂSem-verhale draai om die ÂGriekwa-egpaar, Sem en Koema. Die empatie van E. de ÂRoubaix met die bruin karakters in die drieluik onder Âbespreking, maak van hom ân vroeĂ« Ââstruggleâ-skrywer, al sou diĂ© woord hom laat skrik het. Wat uit sy verhale blyk, is dat nie Âalle wit mense van sy tyd die bruin mens as ewemens aanÂgesien het nie. Maar De Roubaix se eie geestesÂadel is weldeeglik ÂraakÂgesien deur die skilder Erich Mayer wat ân mooi ÂkarakterÂstudie van hom Âgeteken het, en van De Roubaix geskryf het: âVeel studie het Âhyself nie kon geniet nie, maar uit sy pen het ons die kostelikste sketse van Boesmanland se boerelewe, soos niemand dit ooit weer sal skryf nie.â Hierdie aanhaling kom uit Strauss se âNawoord: Op die spoor van Emanuel de Roubaixâ. Strauss kan nie genoeg geloof word vir sy veldwerk nie. As hy nie betyds bandopnames by E. de Roubaix se bejaarde seun Willem gemaak het nie, was ons kennis van die skrywer De Roubaix baie skraps. Die Akademie kan dit gerus oorweeg om ân E. de Roubaix-prys vir kontreikuns in te stel.
Hennie Aucamp is ân skrywer van Kaapstad.
|
| |

| Platsakwenke deur Carla van der Spuy  R70.00
| Madibeng Pulse - 2010-02-18
| Aarbeie vir jou tande, kasterolie as oogroom, tandepasta om jou koppies mee skoon te maak of koffiemoer om verstopping van pype te verhoed? Ek was so nuuskierig oor die wenke in Platsak Wenke: 600 Wenke Om Jou Beursie Te Rek dat, toe ek ân eksemplaar in die hande kry, ek dit per kers- en flitslig in die bed gelees het toe ons buurt se elektrisiteit af was.
Dit lees lekker, maklik, en kan wel ân erfstuk word soos Ouma se kookboek, want die meeste van die wenke is tydloos.
Goedkoop hoef nie op die ou end duurkoop te wees nie. Platsak Wenke lees nie net lekker nie, maar het soveel wenke in hom dat elkeen, oud en jonk, baat daarby sal vind.
Cynthia Dreyer |
| |

| Agter Geslote Deure deur Johan Botha R129.00
| NAOMIE VICTOR - 2010-02-08
| Agter Geslote Deure: Is dit nie maar waar almal skuil nie?
Hierdie boek het my diep gegryp met die openlike eerlikheid en self ontbloting van die skrywer. Om 35 jaar lank teen almal en alles te baklei ,waar jy jou mag bevind, is nie ân grap nie. Selfs teen die mense wat veronderstel is om jou lief te he en te beskerm. Hoe word mens heel? Hierdie vraag vra ek terwyl ek die boek lees en die pyn sien waarmee hierdie kind stry.
Die boek gryp die diepste menswees aan dat die hele 35 jaar se lewe verby gaan en niemand in die sissteem is daar nie. Waar is die GROOTMENSE EN DIE PROFESSIONELE MENSE?
Die skrywer het ook ân teenstrydige gevoel rondom Godsdiens, Christenskap en ja waaarom doen die Here dit ? Hy vra dit ook in die boek. Dit laat my dink aan Ps. 139 : 13 â U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder â Die skrywer se dat die Here sy pa as instrument gebruik het dat hy anders is, maar se ook dat mense hul christelikheid op hom wil afdwing.
Ek lees die hunkerin g na ân anker in die lewe van hierdie gebroke mens.
â HARD EN BAIE VER IS DIE SEMENT â van die hoe gebou waar hy uitloer uit die woonstel, maar die lewensloop is ook hard en ver, soos ons dit in die boek lees.
Johan is beroof van sy kindwees. Op 5 jarige ouderdom moet hy sy ma bystaan met geboortes, ân pa vir die kleiner kinders wees en ja sielsgenoot vir sy ma wees. Hy aanskou die geboortes en die dood van sy jonger broers en susters. Dit verstom my dat hy so volwasse op daardie ouderdom is.
Hoekom het die eerste professionele persone nie opgetree toe hulle bewus geword het van sy situasie nie? Was al die Grootmense blind?/gerieflik blind? Onderwysers, ander volwassenes en ja sy ma!
Deur die boek is hy net positief oor sy ma. Aan die einde van die boek verdwyn sy en vra ek myself of sy lewe en of sy ook deur pa gedood is. Hierdie ma is die spreekwoordelike â battered wifeâ .
Johan is die duim aan die hand wat uitsstaan en niemand sien hierdie gesin raak nie. Hy neem die seer van almal op hom deurdat sy pa hom, mishandel, verkrag, verag ens.
Deur die jare 60 was daar tog ook maatskaplike werkers betrokke en wel ook by hierdie behuisingskemas. Hoekom het ons hierdie kind gefaal?
Die meisie met die swart hare by die kerk, wat het jy met die inligting gemaak nadat Johan dit vir jou vertel het?
â MAMMA WAAR IS JY ? â skree die skrywer deur die boek.
Die mediese dokter Petrus, sien ook dat hierdie beserings definitief nie die val op die muur/heining is nie, maarâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠ..Hy sien die seer anus, wat die kind nog vir ander kan wegsteek, maarâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠâŠ.Hoekom bel hy nie die Welsyn nie/SAP, wat stop hom? Weereens word Johan deur die sisteem gefaal.
Die beeldspraak deur die boek wat vergelyk word met die see sterretjie, die branders wat slaan en die vissies wat deur voete gedood word in die poeletjies, gee ân aanduiding van die gemoed van hierdie jong man.
Hanna speel ook ân irriterende rol in Johan se lewe. Deur daar te wees, is goed, maar sy wil die âandersheid â van Johan wegvat. Johan het iemand nodig, maar skryf dat sy ook nie inpas in sy lewe nie. Miskien wil die skrywer sy moedersbeeld hier soek, want die moeder verdwyn skielik.
Ek sou bietjie meer van sy grootmenslewe en selfs meer van die koshuisdae wou weet. Was dit meer positief of het die seerkry aangegaan en deur wie?
Baie geluk met die plotbesoek. Ek weet nie of almal so sou vergewe nie, maar die skrywer sluit hiermee goed af. Die pa is ook verniel deur die lewe en nou kan die leser verbeelding gebruik wat met die pa gebeur het om hom so maer te kry en die die lewensloop van die vernieler van Johan se lewe. Of moet ek se : â Hennie â soos sy pa hom slegs een maal in die boek genoem het. Wat het Hennie in die boek gesoek ?
Ek wil die skrywer gelukwens met hierdie boek waarin hy homself so blootstel en ook aan ander kinders wat in soortgelyke situasies was of is die wys dat daar lewe na die hel is. Johan se in die eerste hoofstuk dat mens beheer van jou lewe moet neem! GELUK DAT JY DIT GEDOEN HET.
NAOMIE VICTOR MAATSKAPLIKE WERKER 37 JAAR ERVARING
|
| |

| Vroue bly gesond lewenslank deur Dr Sarah Jarvis  R369.00
| Rooi Rose - 2010-01-01
| Dit is ân uitsonderlike mediese handboek/ensiklopedie gemik op vroue en al hul lyflike (en psigiese) dinge. ân Gesaghebbende boek saamgestel deur van die wĂȘreld se voorste vrouedokters, onder leiding van die bekende dr. Sarah Jarvis. Die boek lees maklik en lekker. Dit is in dekades ingedeel (vanaf jou tienerjare tot in jou tagtigs) en illustreer wat jy kan verwag van jou liggaam. Dit dek ook siektes en ongesteldhede. Die indeks is verstaanbaar, die jongste mediese prosedures en tipiese simptome vir bekende en minder bekende siektes word bespreek. Netelige kwessies soos drank- en dwelmmisbruik, kanker en die aftakeling in die ouderdom word klinies, nugter en openhartig benader. Dit is ân noodsaaklike handboek vir elke vrou wat ân sinryke, gebalanseerde lewe wil lei â keurig, slim en oorkoepelend. Dis vanjaar met die Britse Mediese Vereniging se prys in die kategorie PopulĂȘre Geneeskunde bekroon.
Ronel Nel |
| |

| |