Meer inligting: Die temas kan vir verskillende ouderdomsgroepe aangepas word, van kleintjies tot tieners (en soms selfs nóg ouer), asook vir verskillende geleenthede. Die temas is: Polkakolle; Putjiespel; In die kleine; Formule 1; Partytjiegoggas; Kranige kokke; Pret op ys; Bestemming Mars; Betowerde woud; Pret op die plaas; Blink brandweerwa; Die groot nommer 1; Karatekampioene; Ponieparade; Skipbreuk; Wêreldbekersokker; Steentydperk; Hoërskool-opskop; Misdaadtoneel; Reis na Egipte.