Skakerings van blou is nog ’n trefferverhaal van die gewilde Karen Kingsbury waarin sy haar lesers laat deel in haar karakters se lief en leed, in hulle verkeerde keuses en die gevolge daarvan, maar ook in hulle oorwinnings en heling. Jy sal hierdie boeiende boek nie kan neersit voordat jy die laaste ladsy gelees het nie.
Meer inligting: Brad Cutler besef hy kan nie met sy geliefde Laura trou voordat hy vergifnis gevind het by en saam met sy eks-meisie, Emma Landon, nie. Maar sal Laura nog bereid wees om met hom te trou noudat sy die waarheid oor sy verlede ken? En sal hy en Emma nou, ná al die jare, sluiting kan vind vir daardie bitter hartseer tyd in hulle lewe? Nog ’n boeiende verhaal van Karen Kingsbury.