Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2350927


Klik vir groter prent
Vlis met vlerke deur Annemari Coetser

Kinders - Ouderdomsgroep 10 - 12
(2010/07)

R95.00


“Vlis” is die woord wat die hoofkarakter, die 12-jarige Andine, en haar au pair uitgedink het vir iemand wat “nog vis nog vlees” is.

Andine en haar boetie, Zander, is rykmanskinders wie se ouers oorsee gaan en hulle onder die au pair se toesig los. Maar dan word die au pair (“Jam”, kort vir JM, Jean-Marie) se tannie baie siek en gaan sy na die kleinhoewe of “plot” waar hulle woon om te help met hulle dag-tot-dag bestaan, en sy neem die kinders saam.

Meer inligting:
Andine is eers vies want sy hou nie van die afgeleefde ou huis of die vervelige daaglikse take nie; sy sal veel eerder saam met haar vriendinne shop en fliek en in die malls uithang. Maar tot haar verbasing begin sy dit gaandeweg geniet. Dan is daar ook bietjie avontuur wanneer haar 9-jarige boetie en ‘n swart maatjie ontvoer word. Sy raak ook betrokke by ‘n gemeenskapsprojek van ‘n groep vroue wat toilette bou by die plaaslike skooltjie.

Leser terugvoer:
[Gee terugvoer]Geen
Resensies:
Geen

'n Produk van CEIT Development cc