Daar is iets vir elke geleentheid: koeke, terte, skons, muffins, koekies, kolwyntjies, beskuit en selfs pannekoek.
Meer inligting: Koeke wat gebak word in die mikrogolfoond, koeke met lae GI-waarde, en internasionale gunstelinge soos panforte, stollen, bienenstich en frangipane.
Kies appel-en-kaneelmuffins om die dag te begin, ’n vye-en-pekanneutringkoek vir iets by die koffie of polenta-jogurtkoek vir ’n gesonder opsie, en vrugteneutblokkies vir die kosblik.