Die vermaaklikheidsbedryf bereik in 2009 'n laagtepunt. Baie produksiehuise speel bankrot en kameramanne sit sonder werk. Die pryswennende kameraman Henno Barnard bly op 'n rivierboot op die Chobe Rivier duskant Kasane in Botswana waar hy insetsels maak vir 'n Suid-Afriaanse TV-program wat skielik eindig. Hy moet nou ander bronne van inkomste vind.
Meer inligting: Die bestuurder van 'n TV-produksiehuis, die beeldskone en gevaarlike Kim Naude, reis na Botswana om hom as haar eksklusiewe kameraman op te lei. Selma, die mede-bestuurder van 'n Lodge in Kasane versoek hom ook om haar met 'n kortrolprent te help. Maar dan word verskeie moorde in die omgewing gepleeg en besef Henno dat almal nie is wie hulle voorgee om te wees nie. Boonop is iemand agter die stories aan wat hy nou vir televisie skiet en hulle nie sal huiwer om hom uit die weg te ruim om die beeldmateriaal te kry nie. En dan kry hy ook geheimsinnige besoeke van die magiese en skaars spookvoƫl ...
Leser terugvoer: [Gee terugvoer] Elsa Liebenberg (2010-08-30) Ligte naweek-leesstof -- die "spanning" het my nie juis op hete kole gehou nie.