Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2350927


Klik vir groter prent
Engele om ons deur Perry Stone

Christelik - Christelike leefwyse
(2010/02)

R139.95


Perry Stone se lewe is al by verskeie geleenthede wonderbaarlik gered – een keer in 1961 toe hy en sy ma in ’n motorongeluk was, en ’n ander keer in 1966 toe hul hele gesin van vyf nog ’n motorongeluk oorleef het. Later het hy gehoor dit was sy pa se bemiddellende gebed wat hul gesin van die dood gered en ’n tragedie voorkom het. In Engele om ons wil Perry Stone jou leer hoe belangrik gebed en intersessie is om aanvalle van die vyand te verhoed.
Meer inligting:
Hy wil jou leer van ’n unieke verbond waarvan selde gepraat word – die Mispa-verbond. Dit is ’n verbond wat God vra om sy engele toe te laat om jou by te staan, en wat ’n beskermende verbond om jou, jou metgesel en jou kinders smee. Stone bespreek onderwerpe soos die volgende: *Leef in die skaduwee van die Almagtige *Wanneer slegte dinge met goeie mense gebeur *Mispa – ’n verbond van beskerming *Die beskermengel van God se mense *Die wonderwerk van langafstand intersessie. Lees Engele om ons en leer meer oor hierdie besonderse verbond. Dit is Perry Stone se wens dat lesers dit net soos hy sal ervaar.

Leser terugvoer:
[Gee terugvoer]Geen
Resensies:
Geen

'n Produk van CEIT Development cc