Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2350927


Klik vir groter prent
Wat die water onthou deur Louis Esterhuizen

Fiksie - Poësie
(2010/03)

R130.00


In hierdie bundel word verskillende vorms van water en die verband wat water met die mens het, verken: die see, riviere, mis, wolke, ys, wasem. Water is nie alleen die voorwaarde vir die bestaan van lewe nie, dit is die oerbron waaruit lewe ontwikkel het. Soos vloeiende water loop ’n verskeidenheid temas deureen in die bundel en word water juis ’n beeld van die veranderlikheid en onvastheid van dinge, gevoelens en idees.
Meer inligting:
’n Aantal reekse help die leser egter om afbakenings te kry: “die heiligheid van water” het sterk religieuse ondertone; in “die geduld van water” word ondersoek hoe waterverfskilderye iets van die vloeiing van kleure en beelde kan vaslê; in “Tema met veertien variasies” word vaste grond en vloeibaarheid gekontrasteer en in “Posisies op ’n bord” word die mens se terughunkering na die water waaruit hy gekom het, vergelyk met ’n skaakspel wat onverbiddelik voltrek word. Dié bundel vra konsentrasie, maar talle pragtige reëls in die bundel maak die lees die moeite werd.
Leser terugvoer:
[Gee terugvoer]Geen
Resensies:
Geen

'n Produk van CEIT Development cc