Dr. Tessa van Wijk is ‘n sielkundige wat op SABC se RSG-deurnagprogram oor traumaberading doen. Haar boek GENEES JOU TRAUMA word volgende week af deurentyd op RSG geadverteer Hierdie lang-verwagte boek is ‘n moet vir elke huis. Dit is die eerste self-help program in Afrikaans vir die verwerking van enige trauma – van kaping, roof en moord tot siekte, verlore liefde, finansiële krisisse of egskeiding.
Meer inligting: Die bekende en geliefde dr. Tessa bied ‘n praktiese plan vir die stap-vir-stap genesing van skok, pyn, vrees, angs, woede, hulpeloosheid, ontnugtering en die seer wat bly nadat trauma ervaar is. “Dit is traumasalf vir die siel,” sê die bekende TV-aanbieder en sanger, Coenie de Villiers.
Leser terugvoer: [Gee terugvoer] Sanet Barnard (2010-02-18) Dit is 'n uitstekende boek. Ek het baie insig gekry in situasies en die praktiese aard van die boek het gesorg dat ek van emosionele bagasie wat ver teruggaan ontslae kon raak. Beveel sterk aan vir elke mens!
Lyn Lockyer (2010-03-16) Congrats - wonderful book - great insight into human behaviour.