Suid-Afrikaners beplan graag hul kuiertyd rondom kos, of dit nou ’n Sondagmiddagete, ’n informele braai of ’n hartlike gesinsmaal om die tafel is. Dit is ook só dat baie van die disse oor en oor herhaal word. Hierdie boek gee nuwe inspirasie in die kombuis, vir 10 verskillende geleenthede. Die resepte is sakpas en smaaklik, gemaak met bestanddele wat gewoonlik in jou koskas is. Lekker kuierkos bestaan uit tien inspirerende spyskaarte wat elk tien resepte insluit.
Meer inligting: Elke spyskaart bevat die volgende resepte: Ontbyt Vrugte; Ontbyt Hoofgereg; Sop; Vis; Vleis; Groente en Bykosse; Nageregte; Gebak. Die temas van die spyskaarte is: Afrika Safari; Gesinskos; Warm Winterdisse; Disse wat beïndruk; Klop jou begroting; Kos uit Toeka se tyd; Lente Verassings; Vakansiekos; Kos vir die Buitelug; Feestelike Kos.