Ons leef in ’n verbruikerskultuur waar kwessies rondom aardverwarming, organies of ons beperkte hulpbronne slegs geïnterpreteer word as ‘wat gooi ek in watter blik’. Selfs hierdie herwinningsaksie het nog nie die verbruiker in Suid-Afrika aangespoor om deel van ‘n globale ‘groen’ aksie te wees nie. Met Iets uit Niets dink jy twee keer voor jy weggooi. Hierdie boek sal elkeen nooi om met nuwe, kreatiewe oë na sogenaamde ‘nietige’ of ‘weggooi-items’ te kyk.
Meer inligting: Plastiek, papier, blik, glas en knope kry nuwe betekenis in jou huis met items soos fotorame, prettige handsakke, ‘n Franse badkamermat en vele meer. Nie net is dit mooi nie, maar niemand sal glo dat dit uit ou rommel gemaak is nie! Elkeen van die projekte word toegelig met volkleurfoto’s, die lys van rommel en ekstra benodigdhede, stap-vir-stap metodes asook illustrasies en patrone.