Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2236939


Klik vir meer inligting
20 Projekte Kralejuweliersware deur Craftwise (tydskrif)
Nie-fiksie - Stokperdjies & Handwerk
Publikasie datum: 2010/07
R100.00


• Inspirerende ontwerpe vir halssnoere, armbande, ringe en oorbelle. • ’n Vars variasie op tradisionele kraletegnieke, soos leersteek (ladder stitch), peyote, reghoekweef (rightangle weave) en vierkantsteek (square stitch). • ’n Wye verskeidenheid projekte wat in elke smaak sal val.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Ek en Bella deur Jenny Valentine
Vertaling: Lydia du Plessis
Kinders - Ouderdomsgroep 6 - 9
Publikasie datum: 2010/07
R60.00


Nina het ’n kleinsussie. Haar naam is Tia. Maar op ’n dag besluit Tia dat sy moeg is vir haar naam – van nou af moet almal haar Bella noem.

Met Bella in die omtrek is daar nie ’n vervelige oomblik in sig nie – selfs doodgewone dinge soos ’n ou tas en ’n nuwe kinderoppasser word ’n wilde, lawwe avontuur. Beleef saam met Nina die pret en opwinding van ’n nuuskierige, aweregse en skreeusnaakse kleinsussie!


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Vuurvreter deur Leon van Nierop
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2010/07
R150.00


Die vermaaklikheidsbedryf bereik in 2009 'n laagtepunt. Baie produksiehuise speel bankrot en kameramanne sit sonder werk.
Die pryswennende kameraman Henno Barnard bly op 'n rivierboot op die Chobe Rivier duskant Kasane in Botswana waar hy insetsels maak vir 'n Suid-Afriaanse TV-program wat skielik eindig.
Hy moet nou ander bronne van inkomste vind.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Die ander kant DVD deur Isak Burger
Christelik - Christelike leefwyse
Publikasie datum: 2010/07
R145.00


Sedert die vroegste tye het mense verlang en gepoog om kontak met die geeste van afgestorwenes te maak. Dit is ‘n praktyk wat so oud soos die mensdom self is. In die meeste godsdienste is daar religieuse praktyke / rituele en spesiale mense wat daarop aanspraak maak dat hulle die oorlewendes in kontak met hulle afgestorwe dierbares kan bring. Hierdie DVD sit uiteen wat die Bybel te sê het oor die pogings om kontak te maak met afgestorwenes.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Gids tot goeie seks deur Anne Hooper
Nie-fiksie - Gesondheid & Voorkoms
Publikasie datum: 2010/07
R110.00


Stimulering van die gees en die liggaam om seksuele energie vry te stel

Anne Hooper, bekende seksterapeut en verhoudingsberader, onthul seksuele geheime en intieme erotiese tegnieke wat maksimum seksuele genot verseker:
• Uitlokkende oefeninge om orgamiese plesier te verhoog en te verleng
• Sensuele masseer- en streeltegnieke om seksuele energievlakke te herstel en te verhoog
• ’n Prikkelende reeks posisies vir verhoogde seksuele intimiteit
• Sensuele meditasies


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Die honger reisiger deur Marie Heese
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/07
R160.00


Die honger reisiger is pragtig geillustreerde reisverhale en ’n reseptebundel “sonder saaits”. Dis saamgestel uit die skrywer en haar sielsgenoot-man, Chris, se eksotiese reise na lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopië, Frankryk, Egipte, Rusland met resepte wat ook van vriende afgebedel is.

Niks is besonder uitheems of lastig om te maak nie. Dis sielskos, trooskos, en veral – kuierkos.




[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Huisgenoot Bakboek deur Carmen Niehaus
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/07
R250.00


Huisgenoot se nuwe bakboek is dié bakboek van alle bakboeke – prakties, bruikbaar en met pragtige foto’s.
Dit bevat meer as 200 resepte vir gebak en meer as 30 vir versiersels en vulsels. Elke resep is spesiaal gekies en getoets, en vorm deel van ’n spektrum wat strek van tradisioneel tot nuut en innoverend.

Daar is iets vir elke geleentheid: koeke, terte, skons, muffins, koekies, kolwyntjies, beskuit en selfs pannekoek.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Blokraaisels vir Aapsterte 2 deur Talana Schoeman
Nie-fiksie - Blokraaisels
Publikasie datum: 2010/07
R89.95


Nog 50 blokraaisels vir die grondslagfase, net soos die eerste Blokraaisels vir Aapsterte ‘n prettige manier om goeie spelvaardigheid aan te leer! Hierdie boeke sal ouers en onderwysers help om ‘n grondslag vir algemene taalvaardigheid in Afrikaans te lê.

Die skrywer, ‘n voormalige onderwyser, het gaandeweg besef dat jong kinders se spelvaardigheid merkbaar verbeter kan word deur die voltooi van eenvoudige blokraaisels.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Vlis met vlerke deur Annemari Coetser
Kinders - Ouderdomsgroep 10 - 12
Publikasie datum: 2010/07
R95.00


“Vlis” is die woord wat die hoofkarakter, die 12-jarige Andine, en haar au pair uitgedink het vir iemand wat “nog vis nog vlees” is.

Andine en haar boetie, Zander, is rykmanskinders wie se ouers oorsee gaan en hulle onder die au pair se toesig los. Maar dan word die au pair (“Jam”, kort vir JM, Jean-Marie) se tannie baie siek en gaan sy na die kleinhoewe of “plot” waar hulle woon om te help met hulle dag-tot-dag bestaan, en sy neem die kinders saam.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Aanpasbare grense deur Anne Cawood
Nie-fiksie - Ouerskap & Kindersorg
Publikasie datum: 2010/07
R139.95


Aanpasbare grense is gemik op gesinne wat skeiding en egskeiding in die gesig staar en bied waardevolle raad vir ouers wat die uitdaging van hierdie veranderings moet hanteer en hul gesinsgrense moet aanpas. Anne Cawood, ’n hoog aangeskrewe raadgewer, bemagtig jou danksy jare se praktiese ervaring om jou kinders se angstigheid en gevoelens van onsekerheid te beperk en so doeltreffend moontlik die ewewig in jou gesin te hervestig.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Skakerings van blou deur Karen Kingsbury
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/07
R129.95


Skakerings van blou is nog ’n trefferverhaal van die gewilde Karen Kingsbury waarin sy haar lesers laat deel in haar karakters se lief en leed, in hulle verkeerde keuses en die gevolge daarvan, maar ook in hulle oorwinnings en heling. Jy sal hierdie boeiende boek nie kan neersit voordat jy die laaste ladsy gelees het nie.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Praat Verby Grense deur Frits Gaum, Laurie Gaum
Christelik - Christelike leefwyse
Publikasie datum: 2010/07
R150.00


Die tragedie wat ds. Laurie Gaum tref, sou hom en sy pa, dr. Frits Gaum, uitmekaar kon dryf, maar die teenoorgestelde gebeur. Hulle ontdek onmeetlike gemene grond om saam te verken - die pa ’n swaargewig in sy kerk; die seun ’n predikant oor wie daar op ’n dag sensasionele voorbladnuus is. Dié nuus vererger wanneer Laurie se lewensmaat homself enkele dae later om die lewe bring. ’n Lewenskrisis word ’n krisis vir die kerk. Laurie word uit sy amp ontslaan, maar hy appelleer suksesvol.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Ons Hou Partytjie deur Jenny Dodd
Nie-fiksie - Kookboeke
Publikasie datum: 2010/07
R165.00


Teen dié tyd weet ma’s (en pa’s) dat Jenny Dodd se partytjieboeke onontbeerlik is om te verseker dat hul kinders se partytjies so te sê kinderspeletjies is om te organiseer. Ons hou partytjie gaan op soortgelyke wyse as Partytjie-idees vir Kinders en Partytjiepret voort, met ’n nuwe reeks fantastiese temas vir kinderpartytjies wat jou nie te veel geld uit die sak sal jaag nie. Jenny lei jou met die beplanning, uitnodigings, kos (waaronder koekresepte), dekor, temas en vermaak.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Hoe vinnig is n volstruis deur Leon de Villiers, André Botha
Kinders - Nie-fiksie
Publikasie datum: 2010/07
R80.00


Daar is sommer baie dinge wat mense by voëls kan leer. Kom vlieg dus saam deur die wonderwêreld van voëls. As jy hoogtevrees het en eerder wil saamloop, maak dit ook nie saak nie. Hierdie volkleur boek is propvol foto’s, illustrasies en feite oor Suider-Afrikaanse voëls. Vind uit watter voël kan die heel vinnigste hardloop, watter een kan nie vlieg nie, hoekom is flaminke pienk en watter voël is die liedjiekampioen.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Otters se Koshuisstreke deur Cor Dirks
Kinders - Reekse
Publikasie datum: 2010/07
R100.00


Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop.
[Meer inligting...]



'n Produk van CEIT Development cc